SA weergawe van ‘The Voice’ dié naweek op die kassie

Bobby van Jaarsveld is eersdaags te sien op The Voice. Foto: Verskaf

Bobby van Jaarsveld is eersdaags te sien op The Voice. Foto: Verskaf

Kykers kan dié naweek uitsien na die eerste episode van The Voice South Africa met Bobby van Jaarsveld, Karen Zoid, Kahn Morbee en Lira in die bekende rooi stoele.

Dié vier gesoute sangers gaan as die afrigters en beoordelaars optree in die plaaslike weergawe van dié treffer-sangkompetisie.

Lani Lombard, M-Net se hoof van publisiteit, sê kykers kan verwag dat die Suid-Afrikaanse weergawe van The Voice hulle op die punt van hul stoele gaan hou. “In dié goed-voel, eg Suid-Afrikaanse program gaan dit is alles oor ‘dié stem’,” sê sy.

Die vervaardigers en beoordelaars van die program het met die eerste reeks uit hul pad gegaan om te verseker dat die beste talent op die program verskyn. “Die sangers het almal ʼn buitengewone talent vir sing, en die kompetisie tussen die afrigters om die beste van hierdie talent vir hul spanne te wen veroorsaak ʼn wipplank van emosies. Kykers kan gereed maak vir ʼn paar opregte oomblikke, groot spanning, onverwagte drama en ’n paar trane,” sê Lombard.

Die reeks geskied in drie dele. Die eerste sewe episodes is die sogenaamde “blinde oudisies” waarna die slagrondes om deelnemers weekliks uit te stem gaan plaasvind. Die eindrondes gaan regstreeks uitgesaai word en die publiek kry die geleentheid om te kan stem.

Lombard sê Suid-Afrika het soveel talent opgelewer dat die blinde-oudisie-rondes van een uur na 90 minute verleng is.

Die eerste episode word Sondag 31 Januarie op M-Net (kanaal 101) om 17:30 uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

JP ·

dood gebore nog voor dit begin het. skrap maar stel regtig nie belang in coppy cats nie. slaap is baie beter

Elmarie ·

Stel geensins belang in programme soos Idols of The Voice wat in SA vervaardig word nie, swak beoordelaars, kry iets kriatief, eie aan SA.

Joe ·

Ek stem beslis saam met jou Elmarie ….. die smaak van die beoordelaars is uiters swak & verre gaande ….. stel geensins in enige van hierdie belang nie …. alweer ‘n Van Jaarsveld ….. genade … genoeg van hele spul gehad ….. weet nie hoekom is hulle altyd in die media nie …. swak & ” common” .

Anton ·

Ai mense. Wanneer het ons volk so sinies en negatief begin raak? Dink al die beoordeelaars het meriete. Is dit nie dalk ons probleem dat ons niks ‘n kans gee en veroordeel voor dit nog begin het nie?

Lana ·

Hoekom lewer mense enigsins kommentaar as hul nie belangstel (Copy Cats) waar dit dan reg oor die wereld gebeur Elmarie stuur dan jou lys van goeie beoordeelaars.

Jacques ·

Ek het dit baie skepties begin kyk , maar ek is eerlik as ek se ek is aangenaam verras

Buitelander Praat ·

Die weergawe in die UK was baie entertaining… Maar die deelnemers en wenners se sterre verskiet vinniger as die Rand/Pond wisselkoers!

Petro Pretorius Centurion ·

Jacques ek stem beslis saam met jou, ek was net so skepties toe ek begin kyk want SA Idols het my heeltemal afgeskrik van enige SA sang kompetisies. Ek kyk gereeld die oorsee se Voice, X-Factor en dit is altyd goed vir my en mal oor die beoordelaars en die talent wat daaruit kom. Hier is tot op ons Top 20 van Jakaranda van hulle wenners wat uit daai program uitkom. Vanaand was regtig baie goed gewees en die talent wat daar was ook ‘n groot verrassing gewees. As ek dit vergelyk met die SA Idols se deelnemers en Judges is daar nie ‘n vergelyking nie. So laat ons die SA Voice program geniet wat ek dink nog interesanter gaan word, iets om na uit te sien.
Anton stem ook saam met jou gee ook die ouens ‘n kans dit is nog maar die begin.

Alicia ·

Wow Wow WoW ! wat ‘n aangename verrassing! Al 4 van hulle is uitstekend!!!! Ons Afrikaanse kunstenaars is uitstekend! Die gewoonlike skaam, nederige Bobby veral het my baie verbaas – hy is so snaaks :-) en ek sommer nou nog meer van Karin. Kan nie wag vir volgende Sondag nie …..

Jaco ·

Ek dink ons beoordelaars is puik en nou kan ons land regtig sien hoeveel uitstekende talent daar is.

Annelien ·

Ek was aangenaam verras…. en ek dink ons hoef nie skaam te voel oor ons copy cat soos almal se nie. Die beoordelaars is puik…. en die talent , baie beter as op Idols. Wow… kan nie wag vir episode 2 nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.