SABC2 se ‘eksentrieke DEKATv-familie’ terug

Jawaahier Petersen. (Foto: Johan Wilke)

Op Woensdag 5 Januarie kan kunsliefhebbers voor die kassie inskuif wanneer die eksentrieke span van DEKATv weer terug is op SABC2.

DEKATv is ʼn unieke kunsprogram en bestaan uit vier eiesoortige insetsels per episode, elk met ʼn unieke tema en vars invalshoek.

Die aanbieders van die program is onder andere die komediant en skrywer Piet Matipa, die sanger Refentse Morake, die digter Francis Grobler, die drama-impresario Gerard Scholtz, die aktrise Jawaahier Petersen, kos- en wynkenner Fortunato Mazzone, en die geleentheidsaanbieders Marliza van den Berg en Niel Rademan.

Die DEKATv-familie het vir elk van dié aanbieders ʼn persona geskep wat hul persoonlikheid en unieke geaardheid weerspieël.

“Ons nooi jou uit om jou tuis te maak in DEKAT se sitkamer en saam te reis na ons wonderwêreld van boeke, kos, kuns, styl en vermaak,” sê Elzilda Becker, redakteur en uitgewer van DEKAT-tydskrif.

Verfilming by verskeie interessante bestemmings, ʼn nuwe toetskombuis vir kosinsetsels, gratis weggee-produkte in elke boek- of musiekinsetsel en ʼn uitdaging of aktiwiteit in kunsinsetsels, is maar net ʼn paar vernuwings in dié opwindende nuwe DEKATv-reeks.

“Ons is ook opgewonde om die DEKAT-wêreld en -avontuur te deel met die groot teikenmark én kykerkrag van SABC2. Danksy vars, buite-die-boks-benaderings en dikwels onkonvensionele en radikale programinhoud, sowel as ʼn uitgesoekte groep talentvolle aanbieders, beloof DEKATv eksklusiewe vermaak wat behoorlik vonk vir die volgende 26 weke,” voeg Becker by.

Die derde seisoen van DEKATv begin op Woensdag 5 Januarie om 19:30 op SABC2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.