Safta-genomineerde reekse en flieks wat jy aanlyn kan kyk

Die benoemings vir die 2019 Safta-toekennings (die Suid-Afrikaanse rolprent-en-televisiepryse) is pas aangekondig en jy kan nou van dié Afrikaanse reekse en flieks aanlyn kyk.

Op soek na die beste Afrikaanse vermaak? Hierdie 2019 Safta-genomineerde reekse en flieks is nou op Showmax en DStv Now beskikbaar.

Kanarie: 5 benoemings

Dié bekroonde grootwordverhaal, ʼn musikale oorlogfliek, speel af in die mid-1980’s. Dit is ʼn uitbeelding van liefde en vryheid teen die verdrukkende agtergrond van apartheid.
Huur dit op DStv Box Office vanaf 15 Februarie

Suidooster: 4 benoemings

Drie gesinne van Kaapstad maak hul bestaan in die winkelsentrum Suidooster, geleë in die fiktiewe buurt Ruiterbosch. Dié sepie handel oor die uitdagings en suksesse van ʼn multikulturele gemeenskap. Hierdie kykNET-sepie is genomineer vir mees gewilde TV-sepie/telenovela.
Kyk S1-S3 op Showmax en S4 op DStv Now

Getroud Met Rugby: 4 benoemings

Hierdie gewilde kykNET-reeks wat ʼn sepie geword het, handel oor die stryd op en buite die rugbyveld. Van nuwe babas tot nuwe boeke – almal probeer wen en sommige karakters sal enige prys betaal om dit te laat gebeur…
Kyk S1-S2 op Showmax en S3 op DStv Now

Hotel: 3 benoemings

kykNET se Afrikaanse mokumentêr handel oor ʼn middeljarige hotelbestuurder, Ferdie Kruger (James Borthwick), wat sukkel om die deure van sy hotel in Mpumalanga oop te hou. Grapjas Schalk Bezuidenhout is ook in dié reeks te sien as Danny, die ongeluksvoël-portier.
Kyk Hotel S1 – S2 op Showmax en S3 op DStv Now

Elke Skewe Pot: 3 benoemings

Daar is ʼn sielsgenoot vir almal. Dis hierdie vier vroue en hul pasmaat-agentskap se werk om hulle op te spoor in dié grappige kykNET-komediereeks.
Kyk Elke Skewe Pot S1-S2 op Showmax

Meerkat Maantuig: 3 benoemings

Ná haar pa se afsterwe ontdek Gideonette sy is die laaste oorblywende familielid op wie die vloek van die Gideon de La Reys rus in dié kykNET-fliek.
Kyk Meerkat Maantuig op DStv Now

Fynskrif: 3 benoemings

kykNET se Fynskrif speel af in Kaapstad en fokus op die gebeure en personeellede van die regsfirma Van Wyk & Vennote. Daar is egter nie enige hofdrama nie, omdat die maatskappy siviele, nie-strafregtelike sake hanteer. Verwag drama buite die hof wanneer die karakters se persoonlike lewens in die kantoor afspeel.
Kyk Fynskrif S1 op Showmax

Knapsekêrels: 2 benoemings

Dié kykNET-reeks speel af in Johannesburg en vertel die storie van vier uiteenlopende families. Die Bekkers, Zimmermans, Davids en Fortuins leer mekaar beter ken wanneer ʼn lid van elke gesin in die stryd om oorlewing in die groot stad vasgevang word.
Kyk Knapsekêrels S1 op Showmax

Binnelanders: 2 benoemings

Dié kykNET-sepie speel af in ʼn fiktiewe privaat hospitaal in Pretoria en fokus op die uitdagings, trauma en beproewings van die personeel en pasiënte.
Kyk Binnelanders van die begin af op Showmax en kyk die jongste episodes op DStv Now

Wonderlus: 1 benoeming

Ná ʼn huwelikseremonie skeef loop, ontdek die bedroefde bruidegom onverwags die liefde van sy lewe in dié wonderlike kykNET-fliek wat ʼn dapper kykie op die liefde bied.
Kyk Wonderlus op DStv Now en Showmax

Susters: 1 benoeming

Drie vervreemde susters word herenig ná die afsterwe van hul ma en hulle vat die langpad deur die Karoo. Verwag fantastiese uitrustings in dié kykNET-produksie, want dit is genomineer vir Beste Prestasie in Kostuumontwerp.
Kyk Susters op DStv now.

Parlement Parlement: 1 benoeming

Suid-Afrika se beste komediante neem deel aan dié grappige kletsprogram en debatteer tong-in-die-kies oor huidige nuusgebeure.
Kyk Parlement Parlement S1 op Showmax

MultiChoice kraai koning as uitsaaier en spog met 149 Safta-benoemings. Dit sluit programme in met die meeste benoemings in al die hoofkategorieë: vollengte fliek, TV-komedie, TV-drama, sepie en telenovela.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ʼn DStv Compact- of Compact Plus-kliënt?

Goeie nuus! Jy kan 60 dae lank gratis Showmax kyk as jy dié diens voor 7 April op jou rekening byvoeg. Klik hier om meer te lees.

Daarna betaal jy slegs R49 per maand – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.