Saftas: Só lyk die wenners

Johan Stemmet vir lewenslange bydrae tot die televisiebedryf. (Foto: Facebook/Saftas)

Die 12de jaarlikse Saftas (Suid-Afrikaanse fliek- en televisietoekennings) is Saterdagaand tydens ʼn glansgeleentheid by die Sun City Superbowl oorhandig.

Die gashere vir die aand was die radioaanbieders Thando Thabethe en Phat Joe.

Die immergewilde Afrikaanse aktrise Jana Cilliers het met die beeldjie vir beste vrouebyspeler in ʼn televisiedrama vir haar rol in kykNET se Die Boekklub 2 huis toe gegaan.

Carine Rous is aangewys as beste aktrise in ʼn komedie vir kykNET se Elke Skewe Pot en die komediant en akteur Schalk Bezuidenhout is gekies as beste mansbyspeler in ʼn komedie vir sy rol as Danny in die kykNET- mokumentêre reeks Hotel.

Die aktrise Crystal-Donna Roberts het met die toekenning vir beste aktrise in ʼn vollengtefliek vir haar rol in Krotoa weggestap.

Die omstrede fliek Inxeba (The Wound) is met drie gesogte beeldjies vereer – beste vollengtefliek, beste regisseur en beste draaiboek.

Die Afrikaanse kykNET-sepie Suidooster is aangewys as die sepie met die beste draaiboek, terwyl Tarryn Lamb ook met ʼn beeldjie vereer is vir beste vrouebyspeler vir haar gasrol as Kim in dié sepie wat in die Kaap afspeel.

Johan Stemmet, wat veral bekend is vir sy aanbieding van die musiekvasvraprogram Noot vir Noot, is saam met die aktrise Thoko Ntshinga met ʼn beeldjie vir lewenslange bydrae tot die televisiebedryf vereer.

Besoek die Saftas se Facebook-blad om te sien wie nog met dié gesogte beeldjies weggestap het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mi ·

Ek voel Simone moes gewen het vir haar rol as Jony, sy’s fantasties.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.