SAG-toekennings: Jennifer Aniston, Brad Pitt albei wenners

Brad Pitt soen die SAG-beeldjie waarmee hy vereer is vir sy rol in 'Once Upon a Time in Hollywood' in Los Angeles. (Foto: Chris Pizzello)

Brad Pitt soen die SAG-beeldjie waarmee hy vereer is vir sy rol in ‘Once Upon a Time in Hollywood’ in Los Angeles. (Foto: Chris Pizzello)

Vanjaar se rooitapytseisoen is steeds in volle swang met die 26ste jaarlikse Screen Actors Guild (SAG)-toekennings wat Maandagoggend 03:00 (SA tyd) in Los Angeles in die VSA uitgedeel is.

Soos die naam van die SAG-pryse aandui kom akteurs in rolprente én televisiereekse (anders as byvoorbeeld die Oscars wat net die rolprentwêreld in die oog het) ter sprake. Daar is egter minder kategorieë wat die SAG-prysaand die kortste toekenningsgeleentheid van die seisoen maak.

Sam Rockwell en Michelle Williams is onderskeidelik met die pryse vir beste akteur en aktrise in ʼn televisie- of kortreeks vereer vir hul rolle in Fosse/Verdon. Dit is ʼn Amerikaanse biografiese reeks met Rockwell wat die rol van die regisseur-choreograaf Bob Fosse vertolk en Williams dié van die aktrise Gwen Verdon. Die reeks vertel die verhaal van Fosse en Verdon se moeilike persoonlike en professionele verhouding. Die reeks is op die biografie deur Sam Wasson geskoei.

Jennifer Aniston aanvaar haar SAG-toekenning vir haar rol in "The Morning Show" in Los Angeles. (Foto: Chris Pizzello)

Jennifer Aniston aanvaar haar SAG-toekenning vir haar rol in “The Morning Show” in Los Angeles. (Foto: Chris Pizzello)

Jennifer Aniston is met die toekenning vir beste aktrise in ʼn dramareeks vereer vir haar spel in The Morning Show. Sy vertolk die rol van die nuusprogramaanbieder Alex Levy. Aniston is ook ʼn medevervaardiger van dié reeks, wat reeds vele toekennings gewen het.

Aniston het stof in die oë van aktrises soos Olivia Colman (The Crown), Helena Bonham Carter (The Crown), Jodie Comer (Killing Eve) en Elisabeth Moss (The Handmaid’s Tale) geskop.

Die prys vir beste akteur in ʼn dramareeks is toegeken aan Peter Dinklage vir sy vertolking van die rol van Tyrion Lannister in die uiters gewilde reeks Game of Thrones. Sterling K. Brown (This is Us), Steve Carrell (The Morning Show), Billy Crudup (The Morning Show) en David Harbour (Stranger Things) is ook in dié kategorie benoem.

 Jennifer Aniston en Brad Pitt is albei huis toe met 'n SAG-toekenning. (Foto's: Jordan Strauss/Invision/AP)

Jennifer Aniston en Brad Pitt is albei huis toe met ‘n SAG-toekenning. (Foto’s: Jordan Strauss/Invision/AP)

Joaquin Phoenix, wat vir ʼn Oscar benoem is vir sy rol in die rolprent Joker, is met die SAG-prys vir beste akteur in ʼn rolprenthoofrol vereer terwyl Renée Zellweger aangewys is as beste aktrise in ʼn hoofrol vir haar rol as Judy Garland in die biografiese rolprent Judy.

Die Once Upon a Time in Hollywood-akteur Brad Pitt is met die beeldjie vir beste akteur in ʼn ondersteunende rol huis toe. Laura Dern het gewen in die kategorie vir beste aktrise in ʼn ondersteunende rol vir Marriage Story.

Die akteur Robert de Niro (76) is vereer met ʼn SAG-toekenning vir sy lewensbydrae tot die wêreld van die silwerdoek en die kassie sowel as sy humanitêre prestasies.

Hier is die volledige lys van wenners:

Televisie-toekennings

Beste akteur in ’n televisie- of kortreeks
Mahershala Ali, True Detective
Russell Crowe, The Loudest Voice
Jared Harris, Chernobyl
Jharrel Jerome, When They See Us
Sam Rockwell, Fosse/Verdon (wenner)

Beste aktrise in ’n televisie- of kortreeks
Patricia Arquette, The Act
Toni Collette, Unbelievable
Joey King, The Act
Emily Watson, Chernobyl
Michelle Williams, Fosse/Verdon (wenner)

Beste akteur in ’n dramareeks
Sterling K. Brown, This Is Us
Steve Carell, The Morning Show
Billy Crudup, The Morning Show
Peter Dinklage, Game of Thrones (wenner)
David Harbour, Stranger Things

Beste aktrise in ’n dramareeks
Jennifer Aniston, The Morning Show (wenner)
Helena Bonham Carter, The Crown
Olivia Colman, The Crown
Jodie Comer, Killing Eve
Elisabeth Moss, The Handmaid’s Tale

Beste akteur in ’n komediereeks
Alan Arkin, The Kominsky Method
Michael Douglas, The Kominsky Method
Bill Hader, Barry
Andrew Scott, Fleabag
Tony Shalhoub, The Marvelous Mrs. Maisel (wenner)

Beste aktrise in ’n komediereeks
Christina Applegate, Dead to Me
Alex Borstein, The Marvelous Mrs. Maisel
Rachel Brosnahan, The Marvelous Mrs. Maisel
Catherine O’Hara, Schitt’s Creek
Phoebe Waller-Bridge, Fleabag (wenner)

Beste spel deur ’n ensemble in ’n dramareeks
Big Little Lies
The Crown (wenner)
Game of Thrones
The Handmaid’s Tale
Stranger Things

Beste spel deur ’n ensemble in ’n komediereeks
Barry
Fleabag
The Kominsky Method
The Marvelous Mrs. Maisel (wenner)
Schitt’s Creek

Beste toertjies deur ’n ensemble vir ’n drama- of komediereeks
Game of Thrones (wenner)
GLOW
Stranger Things
The Walking Dead
Watchmen

Rolprent-toekennings

Beste akteur in ’n hoofrol
Christian Bale, Ford v Ferrari
Leonardo DiCaprio, Once Upon a Time … in Hollywood
Adam Driver, Marriage Story
Taron Egerton, Rocketman
Joaquin Phoenix, Joker (wenner)

Beste aktrise in ’n hoofrol
Cynthia Erivo, Harriet
Scarlett Johansson, Marriage Story
Lupita Nyong’o, Us
Charlize Theron, Bombshell
Renée Zellweger, Judy (wenner)

Beste akteur in ’n ondersteunende rol
Jamie Foxx, Just Mercy
Tom Hanks, A Beautiful Day in the Neighborhood
Al Pacino, The Irishman
Joe Pesci, The Irishman
Brad Pitt, Once Upon a Time … in Hollywood (wenner)

Beste aktrise in ’n ondersteunende rol
Laura Dern, Marriage Story (wenner)
Scarlett Johansson, Jojo Rabbit
Nicole Kidman, Bombshell
Jennifer Lopez, Hustlers
Margot Robbie, Bombshell

Beste rolverdeling in ’n vollengte rolprent
Bombshell
The Irishman
Jojo Rabbit
Once Upon a Time … in Hollywood
Parasite (wenner)

Beste toertjies deur ’n ensemble in ’n vollengte rolprent
Avengers: Endgame (wenner)
Ford v Ferrari
The Irishman
Joker
Once Upon a Time … in Hollywood

Bronne: CNN, E! News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.