Sakke vol pret op Showmax met nuwe kinderprogramme

Kinders wie se ouers op Showmax ingeteken is, word beslis bederf met splinternuwe kinderprogramme op dié aanlyn televisiediens.

Gesinsflieks

Rango

Foto: Paramount

ʼn Verkleurmannetjie beland per ongeluk in ʼn klein dorpie en word vir die sheriff aangesien. Hy neem die rol aan, maar dit is meer as wat hy kan hanteer! Kyk nou »

Spy Kids

Foto: Miramax

Wanneer hul spioen-ouers verdwyn, gryp Carmen en Juni ʼn sak vol hoëtegnologie-toerusting en moet op hul intellek staatmaak om hul ma en pa te red in dié opwindende avontuur. Kyk nou »

Spy Kids 2: The Island Of Lost Dreams

Foto: Miramax

Die kinders is terug en op pad na ʼn geheime eiland vir hul jongste sending. Hulle kom egter teen ander spioen-kinders te staan en moet hul grootste toets nog oorkom. Kyk nou »

Spy Kids 3-D: Game Over

Foto: Miramax

ʼn Bose skurk, die Toymaker, het een van die spioen-kinders ontvoer! Junie moet sy sussie help in dié opwindende slotverhaal in die trilogie. Kyk nou »

Jojo Siwa: My World Documentary Special

Foto: Nickelodeon

Danksy haar danspassies, liedjies en positiewe houding het hierdie meisie, van ʼn klein dorpie, sterstatus behaal op sosiale media. Sluit by Jojo Siwa aan vir talle avonture! Kyk nou »

Peppa Pig Special: Around The World

Foto: eOne

Peppa en haar gesin pak ʼn yslike groot avontuur aan op die eerste dag van die somervakansie, danksy Miss Rabbit en haar vliegtuig. Kyk nou »

Nuwe kinderreekse

Blaze and the Monster Machines, S1

Foto: Nickelodeon

AJ is Axle City se toprenjaer en Blaze is sy kragtige motor. Saam het hul baie avonture en leer meer oor wetenskap en wiskunde op prettige maniere. Kyk nou »

Paw Patrol, S2

Foto: Nickelodeon

Ryder en sy span babahondjies is terug met ʼn nuwe reddingspoging! Wat sou Adventure Bay tot sonder Martial, Chase, Rocky, Rubble, Zuma en Skye doen?! Geen werk is te groot, geen hondjie te klein, en daar is ʼn splinternuwe seisoen vol pret met dié babahondjies op Showmax! Kyk nou »

Nina’s World, S1

Foto: NBC

 

Nina en Star is altyd besig met groot avonture, danksy hul kleurryke verbeeldingswêreld. Hulle kan enige plek besoek waarvan hul kan droom en vier familie, diversiteit en allerhande wonders. Kyk nou »

SpongeBob SquarePants, S9

Foto: Nickelodeon

Sandy probeer ʼn paar rekords verbeter, Spongebob gee sy beste en Patrick word ʼn superheld. Bikini Bottom is beslis nie gereed vir dié seisoen nie! Kyk nou »

Nella the Princess Knight, S1

Nella is nie jou gewone prinses nie. Sy is ʼn ridderprinses en met die ondersteuning van haar vriende los sy allerhande probleme op in haar koninkryk. Maak nie saak wat gebeur nie, Nella bly altyd net wie sy is. Kyk nou »

Bubble Guppies, S3

Dis ʼn splinternuwe seisoen vol avonture vir die guppies! Hulle ontmoet ʼn nuwe vriend by die skool, leer meer oor ons wêreld en speel selfs basketbal saam met die olifante. Kyk nou »

Henry Danger, S1-2

Henry se vriende dink hy is sommer net ʼn sagmoedige ou. Maar hy is ook Kid Danger, handlanger van die superheld Captain Man. Katoeters en avonture om die wêreld te red – nie ʼn slegte plan nie! Na verwagting vanaf 30 Augustus op Showmax te sien.

Kyk die flieks en reekse nou op Showmax »

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.