Ontmoet die drie beoordelaars: Haidee Muller, gesoute joernalis by Huisgenoot; die adjunkredakteur Wicus Pretorius en die hoofredakteur, Izelle Venter. Dis hulle wat in elke episode ’n uitdaging aan die deelnemers sal stel. Die take is ontwerp om ’n dag in die lewe van ’n Huisgenoot-personeellid te weerspieël – dikwels vreemd, soms angswekkend en altyd onder druk. Huisgenoot is immers die grootste tydskrif in Suid-Afrika. Die eerste episode sal ook ’n bietjie van die tydskrif se geskiedenis met kykers deel.
Saktyd word Dinsdae om 19:30 op kykNET (kanaal 111 op DStv) uitgesaai. Moenie hierdie unieke binnekykie na die nuuskantoor van Huisgenoot misloop nie!