Sepiegids: ‘Arendsvlei’ se Ingrid maak skokonthulling in hof

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Ingrid maak ‘n skokonthulling in die hof in ‘Arendsvlei’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 15 Augustus

Liam verras Conrad wanneer hy aandring op antwoorde. Vicky se opgewondenheid slaan Steve vir ʼn ses. ʼn Bespreking oor Annelize se liefdeslewe word onverwags onderbreek.

Dinsdag 16 Augustus

Steve en Delia bespreek ouerskap. Liam twyfel in die leierskap van die hospitaal na Sharon se dade. Nie almal dink Joline is goeie afleiding nie, en Conrad rig ʼn pleidooi aan Sharon.

Woensdag 17 Augustus

Zee en Joline sit vas oor Danny, terwyl Conrad gefrustreerd raak met ʼn menigte situasies. Jeremy het ʼn plan met Jacques, en Steve is bekommerd oor Vicky se aanpak van die modeparade.

Donderdag 18 Augustus

Delia deel onbewustelik Steve se vrese. Conrad en Steve se woordewisseling bereik ander ore, en Jacques moet baie mooi dink oor ʼn aantreklike aanbod. Hugo bespreek Julia met Annelize.

Vrydag 19 Augustus

Delia kom agter wat die ware stand van sake is wanneer sy vir Annelize ʼn guns vra. Tracy en Steve se interaksie geniet aandag. Julia neem ʼn baie groot besluit.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 15 Augustus

Die draaikolk waarin Wade hom bevind, raak buite beheer. Mrs J moet saam met die skoolkoor Hermanus toe gaan en Kaashifa is bang vir die uitdagings wat die toekoms gaan bring.

Dinsdag 16 Augustus

Carlo het ’n geheim, terwyl Tim iets ontdek wat hom baie ontstel. Kaashifa maak reg vir ʼn belangrike dag, en Angie se optrede laat ’n suur smaak in Wade se mond.

Woensdag 17 Augustus

Kaashifa is gespanne oor wat voorlê. Angie dring aan dat Wade nie moet moed opgee nie en Chris kom vorendag met ’n voorstel wat Bridgette opgewonde maak.

Donderdag 18 Augustus

Mrs J is opgewonde oor haar oorsese vakansie, maar dinge begin skeefloop wanneer Bridgette en Zoe betrokke raak. Wade se finansiële situasie raak al meer desperaat.

Vrydag 19 Augustus

Die druk op Angie en Wade raak ondraaglik, terwyl Kaashifa iets sien wat haar diep ontstel. Tim besluit oor sy toekoms en Bridgette sit haar voet neer met haar ma.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET

Maandag 15 Augustus

Buks en Nesie wag vir Petro se terugkoms. Amanda waarsku Odette om weg te bly van Philip. Fafa neem ’n drastiese besluit.

Dinsdag 16 Augustus

Odette vind uit van Philip en Amanda. Buks and Nesie is bekommerd oor Petro se gemoedstoestand. Fafa implementeer Wouter se wedstrydplan.

Woensdag 17 Augustus

’n Vriend van Ryno kom kuier. Wouter maak veranderinge aan die span. Kristien lees vir die Pompom-meisies die leviete voor.

Donderdag 18 Augustus

Amanda kom op ’n foto van Philip saam met ’n ander vrou af. Ryno help vir Damon met sy agtervolger. Maryke se verjaardaggeskenk aan Magda blaas in haar gesig op.

Vrydag 19 Augustus

Mia betrap vir Philip en Amanda in ’n ongemaklike posisie. Blitz is bang Philip wil sy plek in die span oorneem. Magda is steeds omgekrap oor die geskenk.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 15 Augustus

Debra spreek haar ma voor die hof aan. Lennie maak oop teenoor Karelse wat dan vir Karelse lei tot sensitiewe inligting. Priester haal sy woede uit op ’n bang Angel.

Dinsdag 16 Augustus

Priester probeer ontsnap saam met Angel, en Daniel wend ’n finale reddingspoging aan. Ingrid maak ’n skokkende onthulling in die hof. Thys probeer vrede maak met Bianca.

Woensdag 17 Augustus

Karelse kry inligting by Angel wat vir Ronnie in ’n moeilike posisie plaas. Bianca en Thys vorder met hulle verhouding, maar vir hoe lank? Ingrid raak waansinnig in die hof.

Donderdag 18 Augustus

Almal in die Cupido-huishouding is senuweeagtig oor wat die dag in die hof gaan meebring ná Ingrid se eienaardige optrede die vorige dag. Wesley gee Anton raad oor hoe om sy pa te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.