Sepiegids: Asems opgehou oor vaderskapstoets in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

‘Diepe waters’ se Johan. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 27 Februarie

Lexi wil nie weer vir ’n gek gehou word nie, terwyl Naomi rooi sien oor Brian. Rian en Uys het weer ’n gesprek oor die liefde. At hoor skokkende nuus, en Tracy probeer Conrad bemoedig.

Dinsdag 28 Februarie

Danny het nie goeie nuus vir Naomi nie, terwyl At vir Annetjie in die oë moet kyk. Tracy ontvang ’n interessante geskenk, en At probeer Conrad en Annelize verseker van sy besluit.

Woensdag 1 Maart

Verlore liefde krap ou wonde oop, en Bonnie is in die sewende hemel. ’n Verkeerde diagnose lei tot konfrontasie, en Louis sukkel met vergifnis. Annelize maak haar hart teenoor Steve oop.

Donderdag 2 Maart

Zee verkwalik haarself en sluit Danny uit. Uys is koud teenoor Febe, en Tracy speel nie oop kaarte met Tertius nie. Annetjie is ’n eregas, en Letitia Snyman arriveer op At se plaas.

Vrydag 3 Maart

Danny is bekommerd oor Zee, en Uys en Febe begrawe die strydbyl. Geweerskote lei tot angs en ’n ernstige besering. Uys word uitgevang, en Annelize maak ’n bekentenis aan At.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 27 Februarie

Kaashifa knyp haar oë toe en spring by die diepkant in, terwyl Angie ’n onverwagse geleentheid kry. Zoe neem ’n skokkende besluit.

Dinsdag 28 Februarie

Chris word met ’n interessante versoek genader. Angie en Wade deel hulle nuus met Ty en Lee-Ann terwyl Nazeem ’n eis stel.

Woensdag 1 Maart

Zoe probeer Nazeem paai, terwyl Angie ’n nuwe plan beraam oor haar bemarking. Chris moet ’n moeilike besluit neem.

Donderdag 2 Maart

Chris en Kate sit vas, terwyl Nazeem nog meer druk op Zoe plaas. Bianca vind uit dat Carmen kraam en wonder hoe dit Kaashifa gaan beïnvloed.

Vrydag 3 Maart

Zoe soek aandele vir Nazeem se swye, terwyl Kate steeds niks van hulle gas wil weet nie. Bridgette wil die raadsvergadering kanselleer, maar kry die skok van haar lewe.

Diepe Waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 27 Februarie

Rossouw ontplof oor Gys se selfsugtigheid. Sanet vis by Wim vir inligting. Henry is angstig oor Tshepo se keuse, en Johan seil nie alleen dieper in donker waters nie.

Dinsdag 28 Februarie

Zelda rig ʼn waarskuwing aan Jacques, en Laura James is dalk net die antwoord op gebede. Die uitslag van die vaderskapstoets hou groot gevolge in.

Woensdag 1 Maart

Tshepo se verhoor laat die senuwees knaag, en Christelle moet pa staan vir haar besluit. Arno dink Zelda het beslis nog ʼn troefkaart, en Deedee neem ʼn skokkende besluit.

Donderdag 2 Maart

Tshepo neem ʼn besluit oor sy toekoms, terwyl ʼn gas by Meghan se partytjie amok maak. Friedrich deel interessante nuus met Gys, en ʼn soen kom onverwags.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 27 Februarie

Rachel reageer sleg wanneer Anthony hulle vergelyk met die Cupidos. Ayesha probeer haar beste om vir Langes te vermy. Yvette gaan geld by die Padongelukkefonds kry.

Dinsdag 28 Februarie

Zane en Emile stamp koppe. Die onderwysers bewonder Anthony omdat hy die skool van ekstra inkomste verseker het. Zuleika troos Ayesha ná al haar beproewinge.

Woensdag 1 Maart

Judy het ’n verrassing vir Cassandra. Die Cupidos ontvang ontstellende nuus oor die skool se gronde. Yvette deel haar groot planne met Ruby.

Donderdag 2 Maart

Die Cupidos probeer desperaat om geld bymekaar te maak om die skool te red. Zane wroeg met sy skuldgevoelens. Simone besluit om haar probleme in die gesig te staar. JP wys sy ware kleure.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.