Sepiegids: Beatrice bereik breekpunt in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

In ‘Arendsvlei’ bereik Beatrice breekpunt. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 17 April

Suzy erken die waarheid aan Tracy, ’n uitnodiging word uitgestuur, Tertius wil die polisie bel, en ’n dagboek bevat bewyse. Jaco is op iemand se spoor, en Annelize is woedend.

Dinsdag 18 April

Tracy kry ’n nota en die idee van ’n nuwe restaurant maak iemand opgewonde. ’n Polisieman kan nie vertrou word nie.

Woensdag 19 April

Naomi stem in tot Thalia se versoek, en Louis word ’n groot vraag gevra. Uys skryf iets vir angs voor, Tracy is op ’n missie, en Gaby probeer Tertius oorreed om ’n aanbod te maak.

Donderdag 20 April

Tracy kontak iemand in die polisie, en ’n ooreenkoms word aangegaan. Gaby plaas nog meer druk op Tertius, Annelize raak gemaklik met iemand, en Danny vind iets uit wat hom woedend maak.

Vrydag 21 April

Louis oorweeg ’n aanbod, iemand het dalk met prostitusie te doen, en ’n gesogte spesialis wil by Binneland aansluit. Louis is nie gelukkig met die modelwerk nie.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 17 April

Eric se dag is vol verrassings en onthullings, terwyl die soektog na Brendan iets onverwags oplewer. Mrs. J sit met haar hande in haar hare, en Dirk het groot nuus.

Dinsdag 18 April

Bianca speel vir tyd om te besluit, maar dit word vinnig minder. Ty begin vermoed dat Carlo meer weet as wat hy sê, terwyl iemand iets agter Bridgette se rug doen.

Woensdag 19 April

AB en Mymoena se plan om van Dirk ontslae te raak boemerang lelik. Danni is nie gereed om ma te speel nie, en wat het van Eric geword?

Donderdag 20 April

Die Samsodiens staar ʼn uitdaging in die gesig, terwyl Bridgette vir Eric op die been probeer kry. Brendan word weer vermis, en Angie plaas Wade in ’n moeilike situasie.

Vrydag 21 April

Bridgette word voor die JPD-raad gedaag oor haar planne met Eric en Tambotielaan. Wade is bevrees hy word vervang met Aiden, terwyl Dirk en Bianca ’n groot besluit neem.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 17 April

Gys het ʼn slegte dag, en Sanet konfronteer Rossouw oor die koevert wat sy ontvang het. Johan neem ʼn besluit oor die aanbod, terwyl ʼn verskoning nie goed afgaan nie.

Dinsdag 18 April

Jacques haal vir Rossouw oor die kole omdat hy nie Sanet ondersteun nie. Nina se skok lei tot nuwe onthullings. Zelda is nie beïndruk met Meghan se uitkyk nie.

Woensdag 19 April

Wim en Rose beraam ’n plan ná Nina se onthulling. Meghan se Gush-partytjie is in volle swang. Gys is senuweeagtig om uiteindelik sy geheime belegger te ontmoet.

Donderdag 20 April

Gys raak woedend wanneer Zelda hom konfronteer. Wim is opsoek na Johan, en dinge loop verskriklik verkeerd by die partytjie.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 17 April

Dinge loop verkeerd by die skool en Rachel plaas toenemend druk op hulle. Daniel wil hê Saartjie moet hulp kry. Lionel wil praat oor ’n baba en Janice het ʼn skokkende reaksie.

Dinsdag 18 April

Hoërskool Arendsvlei se kostes bly styg. Janice is spyt oor die oplossing wat sy vir Lionel gegee het. Daniel gee vir Saartjie ’n ultimatum. Tanner maak ’n drastiese besluit oor sy toekoms.

Woensdag 19 April

Tanner se geheim word onthul. Beatrice moet die ouers vertel van die noodgedwonge heffing in skoolfooie, en Saartjie probeer Daniel mislei, maar sal hy daarvoor val?

Donderdag 20 April

Beatrice bereik breekpunt en Anthony is haar onverwagte steunpilaar. Saartjie draai na Brommer toe met ’n skokkende voorstel en dit lei tot ’n tragedie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.