Sepiegids: Bianca word vermis in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

‘Suidooster’ se Mymoena en AB. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 21 Maart

Piet en Jazzy gaan nie maklik met die waarheid vorendag kom nie. Gaby is skepties oor ʼn vriendskap, terwyl Tracy soos ʼn slegte sakevrou voel ná ʼn gesprek met Rodney en Uys.

Dinsdag 22 Maart

Die waarheid laat meer as een persoon steier, en Uys is nie die enigste een wat ʼn oplossing vir Tracy se probleme het nie. Danny is van plan om ʼn sukses te maak van die volgende paar dae.

Woensdag 23 Maart

Jazzy se vrees is dalk nie ongegrond nie. Dit wil voorkom of daar meer as een persoon is wat skepties is oor die wegbreek-naweek. Rian waarsku Annelize oor haar soeke na die waarheid.

Donderdag 24 Maart

Annelize deel uiteindelik haar vermoedens met Tertius, en wraak is soet. Piet moet vinnig op sy voete dink. Gaby en Karen doen ʼn ongemaklike ontdekking.

Vrydag 25 Maart

Twee dokters word in ongevalle opgeneem – en Piet, Conrad en At wil met mening uitvind wat gebeur het. Martin begin wonder of Chanel verveeld raak gedurende hulle wegbreekkans.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 21 Maart

Bianca maak reg vir haar funksie en loop ʼn afspraak mis. Danni help haar pa oppak, terwyl Quinton en Carlo ʼn nuwe maat kry.

Dinsdag 22 Maart

Bianca word vermis en die Samsodiens probeer haar spoor volg. Danni en Siya se nuwe trouplan kry teenstand uit ʼn onverwagse oord, terwyl die seuns se nuwe vriend moeilikheid maak.

Woensdag 23 Maart

Ty sit sy voet neer oor Carlo se vriende, terwyl Lee-Ann bekommerd oor Mrs J is. Die Samsodiens is in ʼn toestand en almal wonder of hulle nog ʼn tragedie sal oorleef.

Donderdag 24 Maart

Ty het sy hande vol met Carlo en sy maters, terwyl Nazeem skokkende nuus kry. Mrs J se dogters plant ʼn saadjie in haar kop, en ʼn bekende gesig daag in Ruiterbosch op.

Vrydag 25 Maart

Al die spanning in die Samsodien-huis word te veel vir klein Stella. Simon wil die dag op sy eie wees en Nazeem reik uit na AB.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 21 Maart

Amanda se onderhoud ontlok negatiewe reaksie. JJ het ʼn verrassing vir Pottie en Magda. Ryno konfronteer vir Ashton oor die Krugerrande.

Dinsdag 22 Maart

Amanda se “aanval” ruk die Stryder-gemeenskap. JJ probeer om vir Maryke by sy planne te betrek. Lulu gaan voort met Regardt se aanneming.

Woensdag 23 Maart

Festus bak vir Koekie ʼn poets. Amanda wen almal se simpatie. Die manne vind uit van JJ se planne met Pottie’s.

Donderdag 24 Maart

Amanda kom tot Pottie’s se redding. Anastasia reik ʼn hand van vriendskap na Ryno toe uit. Koekie probeer haar emmerskoplysie voltooi.

Vrydag 25 Maart

Amanda word werklik aangeval. Die Stryder-vroue lê oudisies af vir die konsert. Koekie is op ʼn missie om haar emmerskoplysie af te handel.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 21 Maart

Gertie and Johnny speel Kupido. Yvette neem ʼn besluit wat baie lewens sal verander. Beatrice maak weereens dinge baie duidelik vir Ingrid.

Dinsdag 22 Maart

ʼn Groot uitval vind plaas tussen Daniel, Angel, Ingrid en Priester. Clint word uiteindelik aanvaar deur die res van die Cupido’s, maar vir hoe lank?

Woensdag 23 Maart

Angel voel nie gemaklik om die naweek saam met die Greyling-familie deur te bring nie. Ruby ontmoet vir Yvette en Hein. Thys vind van sy kinderfoto’s en sy pa se kunsvoorraad in die motorhuis.

Donderdag 24 Maart

Ingrid lees interessante nuus in Die Arendsvleier. Angel probeer op haar beste lyk vir die naweek saam met Priester en Ronnie. Ruby is oorweldig deur haar nuwe omstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.