Sepiegids: Bompie neem wraak op Lennie in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

(Foto: Skermgreep uit ‘Arendsvlei’)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 5 Junie

Rian kom tot Gaby se redding, Andrea praat nie die waarheid nie, en Delia het nuus oor Danny. Diego stem in tot ’n ruiltransaksie, en Jeremy en Henry het ’n afspraak.

Dinsdag 6 Junie

Tertius het groot planne, Nicolette is vol verskonings, en Delia se privaatspeurder ontdek iets oor Danny. Andrea moet die waarheid van Steve weerhou, en iemand word vrygelaat.

Woensdag 7 Junie

Delia deel ontstellende nuus met Tracy, Steve jaag Karen die skrik op die lyf, en Nicolette gee voor asof sy ’n fout begaan het. Iemand word gevange geneem, en Gaby neem ’n moeilike besluit.

Donderdag 8 Junie

Gaby se hart is gebreek, Margie is raadop, en Delia is benoud. Tertius kanselleer ’n afspraak, ’n ultimatum word aan Andrea gestel, en Tracy ontvang ’n liefdesverklaring.

Vrydag 9 Junie

Die wind word uit Conrad se seile gehaal, ’n Binneland-verpleegsuster bedank, en Steve wil op ’n vliegtuig klim. Tracy bring Conrad tot insig, en die ja-woord word gevra.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 5 Junie

Siya sukkel om ’n belangrike besluit te neem, terwyl Aiden krisis na krisis moet oplos. Bridgette het haar mes in vir Nazeem en Mymoena word diep geskok.

Dinsdag 6 Junie

Bianca vra vir Kate om stil te bly oor Dirk se brief. Angie ontmoet Orpa se man en Tim waarsku Nazeem om van die Jacobse af weg te bly.

Woensdag 7 Junie

Daar is ’n krisis by die apteek en Aiden kan nie vir Rhafiek in die hande kry nie. Rita kry vir Justin as model vir ’n kunsklas. Mymoena probeer die situasie met die aandele uitsorteer.

Donderdag 8 Junie

Mymoena moet ’n baie moeilike besluit neem, terwyl Rita vir Elana konfronteer. Siya stuur ’n “spioen” na Orpa se diens toe, en Ty kry van sy eie medisyne.

Vrydag 9 Junie

Bridgette probeer Rita met haar kennisse in die kunsbedryf help. Mymoena verseker Bianca dat sy haar teen Rhafiek sal ondersteun, en Orpa benodig ’n groter lokaal.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 5 Junie

Henry se wantroue van Masinya veroorsaak probleme in sy verhouding met Tshepo. Meghan bepleit haar saak by Jacques, en Gys het sy mes vir Zelda in.

Dinsdag 6 Junie

Jacques se waarheid sny Gys diep. Henry en Tshepo baklei oor Masinya. Karla voel skuldig oor haar verhouding met Anja. Meghan neem ʼn groot besluit.

Woensdag 7 Junie

Sanet se terugkeer veroorsaak spanning, en Rossouw vind nuwe bewyse oor die bedrog wat Pam skok. Karla trek nog toutjies om Arno te beïndruk.

Donderdag 8 Junie

Pam se hartseer is dalk ʼn nuwe manier vir Zelda om haar terug te wen. Henry is bekommerd oor Masinya se voornemens. Sanet wil Tommie en Karla help.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 5 Junie

Rachel probeer om Anthony uit die weg te ruim. Beatrice vind uit dat Daniel en Sonia ’n paartjie is. Bompie neem wraak op Lennie.

Dinsdag 6 Junie

Die Cupidos sukkel om Anthony se optrede te verstaan. Daniel is woedend vir Saartjie. Judy sweer wraak teen Ivan en sy vriende ná sy van die weddenskap uitgevind het.

Woensdag 7 Junie

Anthony erken alles teenoor ʼn geskokte Beatrice, en Thys wat moet besluit hoe hulle gaan reageer. Simone waarsku Judy om haar feite reg te kry voor sy haar geluk weggooi.

Donderdag 8 Junie

Anthony word uit die hospitaal ontslaan en hy is teleurgesteld in hoe Adam op sy tuiskoms reageer. Langes gaan reguit na Ayesha toe nadat hy uit die tronk vrygelaat word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.