Sepiegids: Chanel is op die oorlogspad in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Monique Rockman as Jenna in ‘Binnelanders’. (Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 15 November

Die gebeure by Trudie se skool het die hoofopskrifte gehaal, en Steve trap Tracy en Conrad uit oor Tracy by Ruan se skool was. Louis probeer ʼn ernstige gesprek met Renate aanknoop. Danny se ernstige gesprek met Chanel lei daartoe dat sy op die oorlogspad beland.

Dinsdag 16 November

Chanel moet haar gewete – en haar hart – skoonmaak deur met Martin te praat oor wat sy gedoen het, terwyl Jenna en Danny hul sorge verdrink. Trudie en Renate het ʼn baie eerlike gesprek oor Trudie se aksies, en Tracy besluit om die bul by die horings te pak en ʼn gesprek met Steve te hê oor die geldinsameling.

Woensdag 17 November

Tertius kry meer as een verrassing, terwyl Louis ook verras word met ʼn krisis in Tonik. Hugo en Julia bespreek Steve se versoek, terwyl uitgawes Conrad se bloeddruk laat styg. Idees en realistiese doelwitte word deur die raad bespreek, terwyl die kinders se voogskap ʼn hoofpyn word vir iemand. Trudie se woorde spook by Naomi.

Donderdag 18 November

Daar is nog ʼn krisis by Tonik, terwyl Tertius en Annelize se verhouding groeipyne beleef. Tracy saai weer onsekerheid by Conrad, en Naomi maak ʼn besluit bekend aan Louis. Die geldinsamelingsprojek skop af, en ʼn ongewoon intieme oomblik gaan nie ongesiens verby nie.

Vrydag 19 November

Naomi deel wysheid met ʼn steeds onrustige Tracy, terwyl Delia belangrike sake-inligting by Brandon probeer kry. Gaby probeer Tertius help met ʼn bietjie vroulike raad, en Conrad probeer Hugo tot ander insigte bring. Wimpie het baie te sê oor Rodney se gebaar, terwyl Ruan die waarheid probeer verwerk.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie.

15 November

Susan en Elana is op soek na ’n geskikte skenker, maar dis moeiliker as wat hulle gedink het. Bridgette hoor iets wat haar ontstel, en Nazeem doen die ondenkbare.

16 November

Skoknuus oor Nazeem versprei soos ’n veldbrand. Donovan verstaan nie hoekom Bridgette skielik afgetrokke is nie en Justin vra verskoning vir sy onsensitiewe opmerking.

17 November

Justin is oortuig dat daar ’n oomblik tussen hom en Susan was en wil iets aan die saak doen. Nazeem konfronteer vir AB oor hoe hy Mymoena behandel, terwyl Bridgette en Donovan dinge uitpraat.

18 November

AB heroorweeg sy houding teenoor Nazeem, terwyl Susan worstel met haar gevoelens vir Justin. Zoe en Tim gesels met ʼn familielid van Donovan.

19 November

Bridgette en Lee-Ann sny Nazeem af. Greg probeer smokkel met Bridgette se kop, terwyl Mymoena uitvind dat Nazeem meer geweet het as wat hy wil erken.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET

Maandag 15 November

Bibi en Jordan deel opwindende nuus. Simon baklei hard vir sy kind. Henk en Kristien het meer gemeen as wat hulle verwag het.

Dinsdag 16 November

Simon ontvang die uitslae van Renate se sielkundige evaluasie. Charlie kom kuier vir Lulu. Buks ly aan ’n slaapversteuring.

Woensdag 17 November

Die gemoedere in die Greeff-huishouding loop hoog. SinBin lek sensitiewe inligting oor die Stryders uit. Ronnie ontvang ’n onwelkome besoeker.

Donderdag 18 November

Nesie kry haar bokshandskoene gereed vir Buks se nagmerries. Kristien ontdek wie die Stryders se inligting uitgelek het. Virginia probeer tot Renate deurdring.

Vrydag 19 November

Jordan en Bibi se huwelikspartytjie breek aan. Amanda wys vir Schalk wie is baas. Ivy is benoud oor Rooies.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 15 November

Lennie en Ingrid se verhouding raak al hoe inniger en dit gee haar ook meer geleenthede om hom te manipuleer. Ayesha vertel vir Janice dat sy verlief is op iemand.

Dinsdag 16 NOVEMBER

Lionel kry bewyse dat Ayesha verlief is op hom. Fred is bekommerd wanneer Elsa iets met hom deel. Dis tyd vir die eerste Fresh Blood Event en soos gewoonlik het Ingrid ’n paar verrassings.

Woensdag 17 November

Lennie is briesend as die eerste boksgeveg in Bompie se jaart in ’n bloedbad ontaard. Langes moet moeilike keuses maak in die soektog na sy suster. Karelse probeer om vir Ingrid en Lennie te intimideer. Aisha is in ’n toestand oor Langes en gaan soek hulp by Zuleika.

Donderdag 18 November

Lennie hou nie daarvan dat Jo terug is nie. Langes soek gefrustreerd na Mario en Ayesha het baie om te verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.