Sepiegids: Delia se lewe verander in ʼn oogwink in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Odelle de Wet as Delia in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 6 Desember

Delia se grootste vrees word verwoord met ʼn dreigement. Vicky se versoek betrap Steve heeltemal onkant en Rian praat sy mond heeltemal verby. ʼn E-pos sorg vir spanning.

Dinsdag 7 Desember

Janneke maak haar hart oop teenoor Naomi, maar dit is nie die aakligste gedeelte van haar dag nie. Wimpie en Ilse neem vir Tracy onder hande.

Woensdag 8 Desember

Dr. Butler wil Delia dringend spreek, en Uys pleit onskuld. Tracy het ʼn blink idee vir Tonik, en Delia is nie van plan om maklik te vergewe en vergeet nie.

Donderdag 9 Desember

Louis is uiters bekommerd oor sy gesondheid. Tracy hoor vir die eerste keer van Conrad se ander embrio, terwyl dit nie net Delia se lewe is wat in ʼn oogwink verander nie.

Vrydag 10 Desember

Elise se idee besorg haar meer hooi op haar vurk. Uys lig Tertius in van die gerugte wat die ronde doen, terwyl Danny en Chanel baie ongemaklik is in mekaar se teenwoordigheid.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 6 Desember

Donovan dring aan om sy kant van die saak te stel. Elana is geskok om te hoor dat Justin ook uitstedig is, en Wade beland tussen twee vure.

Dinsdag 7 Desember

Susan voel sleg oor haar dag weg saam met Justin, maar kan nie van hom af wegbly nie. Chris pols Donovan se broer vir inligting, terwyl die feestyd vir Mrs J ekstra spanning bring.

Woensdag 8 Desember

Zoe sukkel om Bridgette en Donovan se verhouding te aanvaar, terwyl Mrs J moedeloos is oor die kerkkoor. Elana ontdek iets skokkends.

Donderdag 9 Desember

Bianca help Mrs J om koorlede te werf en Elana raak wild van woede. Zoe wend ʼn laaste desperate poging aan om van Donovan ontslae te raak.

Vrydag 10 Desember

Bridgette waag ʼn drastiese stap in haar konflik met Zoe. Justin en Susan sukkel met die nagevolge van hulle romanse, en Bianca kry ʼn moeilike nuwe taak by die kerk.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 6 Desember

André word met masels gediagnoseer. Nog vroue kom na vore ná Ivy se artikel. Nuwe vertroulike inligting oor die Stryders lek uit.

Dinsdag 7 Desember

Simon vat Regardt saam stadion toe. Amanda se troefkaart maak Schalk stil. Almal in die Beltrame-huishouding is bekommerd oor André.

Woensdag 8 Desember

Die Stryders se terugslag dryf Schalk tot breekpunt. Fafa steek by André aan. Simon het ʼn versoek vir Virginia.

Donderdag 9 Desember

Pine en Jana ontdek beeldmateriaal van die aand van die verkragting, en Schalk probeer vasstel wie die inligting lek. Kristien is agterdogtig oor Amanda.

Vrydag 10 Desember

Schalk doen ongewone stappe om ʼn borgskap te red. Jana se ondersoek tel spoed op. André word uit die hospitaal ontslaan.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 6 Desember

Ingrid plaas druk op Lennie om ʼn plaasvervanger vir Jo te vind, en ʼn onverwagse kandidaat maak sy verskyning. Debra en Langes wroeg albei omdat hulle opgebreek het.

Dinsdag 7 Desember

Langes kry ʼn uitnodiging wat hy nie kan weier nie. Thys se gesprek met Ronel draai anders uit as wat hy gehoop het. Janice se dreigement maak Lionel bekommerd.

Woensdag 8 Desember

Die konflik tussen Janice en Ingrid raak al hoe meer spanningsvol. Elsa doen aansoek om by ʼn Britse universiteit te studeer, maar hou dit geheim.

Donderdag 9 Desember

Langes probeer om met Eva te praat. Beatrice wil haar verhouding met Ronel red en dis duidelik dat Janice en Ingrid gaan bots.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elmarie ·

Ag tog, gaan die skrywers die goeie ou Schalk nou ‘n skurk maak?

AmY ·

Ek dink ons almal gaan geskok/verras wees oor wie die skuldige is in GMR.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.