Sepiegids: Dís wat dié week in jou gunstelingsepies gebeur

Met Maroela Media en kykNET se splinternuwe sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

‘Suidooster’ se Lee-Ann en Tyron. (Foto: kykNET)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 6  September

Karen bekla haar lot teenoor Uys terwyl Vicky vir Lexi in haar vertroue neem. Rodney se nuwe kamermaat is nie gewild onder die verpleegsters nie en Janneke gee vir Steve raad oor Ruan.

Dinsdag 7 September

Tracy wil nie hê Lexi moet onnodig spoke opjaag nie terwyl Tonik die wind van voor kry in die ergste graad.

Woensdag 8 September

Wayne en Chrisna is paniekerig oor die vorige aand se gebeure, terwyl Liam nie tyd het nie vir een dokter in die besonder. Die meisies vis by Karen oor die nuwe man in haar lewe.

Donderdag 9 September

Steve word genoodsaak om ʼn familievergadering te hou nadat hy Lexi aanspreek oor haar gedrag. Naomi se verlede is weer op almal se lippe, en Liam vra Karen uit oor Annelize.

Vrydag 10 September

Brandon se eerste dag verloop nie sonder sy eie dramas nie. Chrisna rig ʼn waarskuwing aan Naomi, terwyl nuwe inligting Gaby versekering gee oor haar afleiding.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 6  September

Tim wil sy pa met alle mag help, maar Chris weier. Lee-Ann voel die mure druk haar vas, terwyl Kaashifa haarself bejammer.

Dinsdag 7 September

Mrs J gee vir Lee-Ann stof tot nadenke, terwyl Kaashifa weer hoop kry vir die toekoms. Dis ’n aksie-belaaide dag in die Du Plooy-huishouding en Ty neem ’n moeilike besluit.

Woensdag 8 September

Siya en Danni kry ’n nota van Chris. Bianca is oorgehaal om weer ’n sukses van Oos Wes te maak en Mrs J gaan soek Elana op.

Donderdag 9 September

Werner is op die punt om iets drasties te doen, maar sal hy die moed hê? Bennie wil vir Linda uitvra, en Bianca het ’n bemarkingsplan vir Oos Wes.

Vrydag 10 September

Chris en Kate vrees die ergste, terwyl Lee-Ann en Ty albei swaar trek. Susan is bekommerd oor Bennie en Linda.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET

Maandag 6  September

Lulu en Renate reël ’n speel-afspraak vir hulle babas. Ronnie se eerste dag by die stadion breek aan. Kristien probeer die waarheid oor JJ uitvind.

Dinsdag 7 September

Daar is geen einde aan Renate se “babyproofing” nie. Maryke sukkel steeds om Fafa se musiekloopbaan te verwerk. Die wrywing tussen Amanda en Kristien neem toe.

Woensdag 8 September

Lienkie neem iets skokkend waar. Bibi en Maryke het hulle hande vol met die salon. Simon probeer Renate oorreed om dinge rustiger te vat.

Donderdag 9 September

Amanda wroeg met haar gevoelens vir Bart. Simon beseer homself. Bibi’s kry ’n nuwe haarstilis.

Vrydag 10 September

Bart en Kristien is by ’n kruispad. Die pompoms vind uit van Ronnie en Ivy.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 6  September

Karelse beraam ’n plan om Ingrid en die boksklub te ondersoek. Die familie kry stry in die aanloop tot Wesley en Lee-Roy se troue, terwyl Lennie vir Willem konfronteer.

Dinsdag 7 September

Beatrice en Daniel maak vrede en kom tot ’n ooreenkoms oor Emily. Lionel and Muriel konkel agter almal se rûe oor die trouplanne.

Woensdag 8 September

Beatrice probeer vir Emily help. Ingrid is opgewonde oor die wenner van die klub se eerste boksgeveg. Willem haal sy frustrasies op Eugene uit.

Donderdag 9 September

Beatrice vermoed Emily is nie ernstig oor werk soek nie. Eugene en Terrence het hulle eerste mentorskapvergadering. Ronel en Muriel is vasberade om die tender vir die troue te wen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

VaalDonkie ·

Niks gebeur in 7de Laan nie, so wat moet in die voorskou wees?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.