Sepiegids: Dís wat dié week in jou gunstelingsepies gebeur

Met Maroela Media en kykNET se splinternuwe sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Odelle de Wet as Delia Richter in ‘Binnelanders’. (Foto: kykNET)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 30 Augustus

Rex is al weer besig met sy streke – en dit noodsaak die bure om oor te gaan tot aksie. Delia speel haar troefkaart – en maak oop teenoor Tertius wat haar sake aanbetref.

Dinsdag 31 Augustus

Sonde met die bure begin in ʼn kleinskaalse oorlog te ontaard. ʼn Bitter ontstelde At vra vir Piet om ʼn raaisel op te los, en die jongste voorlegging word bespreek.

Woensdag 1 September

Conrad en Delia vertrou nie die vrede met At nie, en ʼn onskuldige vraag van Tracy lei tot ʼn konfrontasie tussen Lexi en Steve.

Donderdag 2 September

Die hoof van die Ferreiras se buurtwag moet ʼn klagte ondersoek, en Gaby se planne word deur Karen in die wiele gery.

Vrydag 3 September

Rex is nog lank nie klaar met Louis nie, en Rodney het duidelik planne met Karen. ʼn Telefoonoproep veroorsaak nog ʼn kinkel in die kabel.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 30 Augustus

Bianca kan nie hande gevou staan en kyk hoe Oos Wes agteruitgaan nie. Carlo doen iets wat Ty nog meer ontstel, en Bennie ontmoet Susan se suster.

Dinsdag 31 Augustus

Chris se situasie raak al hoe meer benard, terwyl Lee-Ann erg skuldig voel oor Carlo. Nazeem gee vir Bianca raad oor Oos Wes, maar sal sy doen wat hy voorstel?

Woensdag 1 September

Die polisie deursoek Chris se huis, terwyl Lee-Ann en Ty verder koppe stamp. Nazeem noem vir Kaashifa iets oor Bianca.

Donderdag 2 September

Tim vra Bridgette vir grasie om sy pa te help. Nazeem blaas onmin aan tussen Kaashifa en Bianca, terwyl Bennie en Linda op ʼn uitstappie gaan.

Vrydag 3 September

Bridgette neem ʼn groot besluit oor Oos Wes, terwyl Lee-Ann ʼn nuwe aanslag met Carlo probeer. Tim het ʼn plan om Werner uit te vang, maar dis makliker gesê as gedaan.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 30 Augustus

Renate konfronteer vir Lulu. Pine vind uit van JJ se terugkoms. Ronnie is senuweeagtig oor sy nuwe werk.

Dinsdag 31 Augustus

Renate vind uit van Lulu se ooievaarstee. Pottie worstel met sy gewete. JJ maak ʼn verskyning by die stadion.

Woensdag 1 September

SinBin reik ʼn artikel uit oor JJ. Magda is bekommerd oor Pottie. Ronnie is nog steeds skepties oor sy nuwe werk.

Donderdag 2 September

Magda ontdek Pottie se geheim. Renate kry uiteindelik ʼn ooievaarstee. Die spanning tussen Amanda en Kristien loop hoog.

Vrydag 3 September

Renate is op ʼn missie om die huis vir die baba te beveilig. Dinge is ongemaklik in die bemarkingskantoor. Kristien sukkel om vir Bart te vertrou.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 30 Augustus

Emily probeer om vrede te maak met Daniel en vra vir ʼn plek om te bly by die Cupido’s. Beatrice bied haar hulp aan vir die troue. Muriel se planne maak vir Lionel ongemaklik.

Dinsdag 31 Augustus

Ingrid raak gemaklik by die boksklub. Beatrice het ʼn slegte gevoel oor Emily. Joshua maak Eugene se lewe moeilik by die skool. Wesley en Lee-Roy begin met hul danslesse vir die troue.

Woensdag 1 September

Daniel is bly wanneer Emily die Cupido’s beïndruk met ʼn heerlike ontbyt. Debra en Ingrid sit vas oor die boksklub. Joshua maak Eugene se lewe moeilik by die skool.

Donderdag 2 September

Geld verdwyn uit Beatrice se kamer. Ingrid trek ʼn grenslyn ter waarskuwing vir Lennie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.