Sepiegids: Gaan Chanel dié week ontsnap in ‘Binnelanders’?

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

‘Binnelanders’ se Liam en Karen.

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 4 Oktober

Elise konfronteer Tertius oor sy ware gevoelens, terwyl Chanel ʼn plan begin beraam om te ontsnap. Die wind word uit Karen en Gaby se seile geneem.

Dinsdag 5 Oktober

ʼn Aanname raak gou ʼn storie, terwyl Danny ʼn stormsterk wind van voor kry. Sake van die hart is op almal se lippe, en Piet se ondersoek mag dalk vrugte afwerp.

Woensdag 6 Oktober

Katey en Chanel probeer uitpluis wie Roelf werklik is, en Steve gee Annelize meer as genoeg om oor na te dink.

Donderdag 7 Oktober

Annelize verwelkom Xander terug by Binneland Kliniek. Dit raak gou duidelik dat Uys raad nodig het wanneer dit by die skoner geslag kom.

Vrydag 8 Oktober

ʼn Bruid in Ongevalle maak die verpleegsters se tonge – en verbeeldings – los, terwyl Louis nuus vir Naomi oor Chanel het. Tracy gee nie so vinnig moed op soos Uys nie.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 4 Oktober

Nazeem voer ʼn duistere plan in die mou, maar Bridgette probeer hom keer. Justin smeer ’n sosiale plig aan Wade af, terwyl Ty ’n nuwe penarie met Carlo beleef.

Dinsdag 5 Oktober

Ty is gestres om vir Carlo alleen te laat terwyl die apteek ’n gemors is. Danni worstel met ’n baie groot dilemma.

Woensdag 6 Oktober

Carlo het ’n geheim wat hy moet bewaar, en Zoe doen iets impulsief. Lee-Ann se dag kom tot ’n onverwagse einde, terwyl Nazeem ’n antwoord kry op ’n groot vraag…

Donderdag 7 Oktober

AB besluit tot Mymoena se afgryse hy wil werk toe gaan. Zoe is angstig om te weet of Bianca van Donovan hou. Carlo kry goeie punte en Lee-Ann wil dit vier.

Vrydag 8 Oktober

AB wil nie hospitaal toe gaan nie en dit veroorsaak probleme. Wade en Justin se sakeplanne verloop nie glad nie, en Ty het probleme met Carlo.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 4 Oktober

Liam bedank by die Stryders. Bart druk Kristien in ’n hoek. Renate spog met haar nuwe talent.

Dinsdag 5 Oktober

Bibi, Magda en Renate oefen hulle trio. Die Pompoms vind uit van Liam en Candice. Amanda het haar hande vol met Bart.

Woensdag 6 Oktober

Liam se ma kom kuier. Kristien wil haar besigheid uitbrei. Jana kom tot Bibi en Magda se redding.

Donderdag 7 Oktober

Ronnie word in die hospitaal opgeneem. Simon pas die babas alleen op. Ryno en Meyer leer mekaar ken.

Vrydag 8 Oktober

Die Stryders hou ’n fondsinsamelingskonsert ten bate van orgaanskenking. Liam sluit weer by die Stryders aan. Ivy voel skuldig oor Ronnie.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 4 Oktober

Janice betrap vir Muriel wanneer sy vroegoggend insluip en gebruik dit dan tot haar voordeel. Ronel is paniekbevange oor die vorige aand se voorval.

Dinsdag 5 Oktober

Hein se verbeelding hardloop met hom weg wanneer hy ’n vreemde boodskap kry. Jo het sy hande vol in die bokskryt. Ronel maak ’n besluit wat vir Thys diep ontstel.

Woensdag 6 Oktober

Ronel besoek steeds vir Nolan Baadjies in die hospitaal en is ontsteld as sy hoor dat sy familie steeds nie by hom was nie. Ezra en Mic besluit om Hein ’n poets te bak.

Donderdag 7 Oktober

Ronel sukkel met skuldgevoelens oor die ongeluk. Karelse raak ongeduldig omdat Jo se ondersoek te lank vat. Die spanning loop hoog tussen Ingrid en Beatrice.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.