Sepiegids: Hartseer nuus vir Simon in ‘GMR’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Ansu Visser as Lulu en David Louw as Simon in ‘Getroud met rugby’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET
Maandag 25 April
Jeremy maak ʼn verrassende versoek, maar bewys waarom hy nie sommer vertrou kan word nie. Brandon vra Steve vir ʼn baie groot guns, en Uys deel so ʼn bietjie van sy hart met Zee.

Dinsdag 26 April
At is op soek na ʼn nuwe handlanger, en Karen deel haar bekommernisse met Gaby. Liam vra Zee om vir hom ʼn guns te doen, terwyl Annelize kat-en-muis met ʼn joernalis speel.

Woensdag 27 April
Dit raak duidelik dat Elton Tertius se guns wil wen, en Marissa besef wat die oorsprong van Chanel se probleem is, en dan raak sy haaks met Brandon. Die raad stamp koppe oor Jeremy.

Donderdag 28 April
Chanel en Brandon het ʼn baie groot uitval. Zee se woorde val nie op dowe ore nie, en Conrad kry bevestiging van sy vermoede en besluit om nie langer stil te bly nie.

Vrydag 29 April
Marissa vryf sout in Brandon se wonde, en Jeremy maak dit baie duidelik wie sy volgende teiken is. Martin se vreemde optrede maak Chanel seer, en At probeer uitreik na Louis.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 25 April
Mymoena blameer haarself vir hul penarie, terwyl Kate en Ty die seuns weer oor hulle drinkery konfronteer. Siya maak ʼn skokkende onthulling aan Danni.

Dinsdag 26 April
AB wil polisie toe gaan oor Dirk, maar Nazeem probeer hom keer. Danni is baie teleurgesteld in Simon, terwyl suster Graaff voor ʼn moeilike besluit te staan kom.

Woensdag 27 April
Danni glo sy het ʼn oplossing vir haar pa se situasie, terwyl Carlo met sy gewete stoei. Nazeem en suster Graaff bereik ʼn ooreenkoms, maar gaan alles volgens plan verloop?

Donderdag 28 April
Die Samsodiens wag angstig op nuus oor die uitruiling. Danni begin na haar pa omsien, terwyl Quinton en Carlo kans kry om dinge reg te stel.

Vrydag 29 April
Justin voel asof die lewe hom verbygaan, terwyl Bianca ʼn besluit neem wat die Samsodiens van koers af gooi. Mrs J het ʼn nare ervaring, en Danni deel iets skokkend met haar pa.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET
Maandag 25 April
Die prognose van Simon se besering word bekend gemaak. Kristien ontmoet Pine se nuwe meisie. Ryno het sy hande vol met Anastasia en Ashton.

Dinsdag 26 April
ʼn Artikel oor Simon verskyn op SinBin. Jordan en Amanda se skuldgevoelens oorweldig hulle. Kristien leer vir Samantha ken.

Woensdag 27 April
Kristien is jaloers op Samantha. Bibi is agterdogtig omdat Amanda haar vermy. Zappa voel skuldig oor die ongeluk.

Donderdag 28 April
Simon is mismoedig oor sy toekoms. Ryno vang vir Ashton uit. Amanda gee vir Jordan gemoedsrus.

Vrydag 29 April
Schalk deel hartseer nuus met Simon. Jordan wik en weeg of hy vir Bibi die waarheid moet vertel. Maryke konfronteer die krake in haar selfbeeld.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 25 April
Daniel is verpletter wanneer Angel finaal afskeid neem. Eva en Lennie deel ʼn intieme oomblik, maar die uiteinde daarvan skok hul albei. Thys is woedend oor Dominique se onthulling.

Dinsdag 26 April
Priester kom met ʼn voorstel om dinge tussen hom en Angel na die volgende vlak te neem. Lennie en Eva wroeg oor wat tussen hulle gebeur het. Daniel ondersoek die Greylings.

Woensdag 27 April
Daniel sien vir Ronnie en Ingrid saam. Ronel en Beatrice het ʼn diep gesprek oor Thys. Eva volg Alta-Marie se raad en gaan praat met Lennie oor wat tussen hulle in die park gebeur het.

Donderdag 28 April
Priester hou aan om Angel te verlei. Anton bemoedig Ruby om haar gevoelens met die wêreld te deel en Candice kry ʼn besoeker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.