Sepiegids: Ingrid, Priester desperaat om Angel op te spoor in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Skermgreep uit vandeesweek se ‘Arendsvlei’.

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET
Maandag 23 Mei
Ruan probeer sy keuse verdedig terwyl Gaby se vermoede deur Rian se aksie versterk word. Steve is glad nie beïndruk met ʼn hutsmerk op sosiale media nie en dit lei tot ʼn waarskuwing.

Dinsdag 24 Mei
Gaby soek by Karen ʼn antwoord op Uys se vraag. Ruan is nie beïndruk met Steve se opinie nie. Conrad konfronteer Annelize oor Jeremy terwyl Lani een van haar geheime probeer wegsteek.

Woensdag 25 Mei
Ndlovu en Steve gee vir Annelize ʼn hoofpyn, en Naomi kan nie glo wat sy by Chanel hoor nie. Conrad gebruik ʼn ander taktiek om nader aan ʼn projek te kom.

Donderdag 26 Mei
Gaby se nuus maak nie vir Rian opgewonde nie, en Danny merk ʼn reaksie op wanneer daar ʼn uitnodiging na ʼn braai is. Annelize konfronteer Conrad oor sy optrede.

Vrydag 27 Mei
Tracy spreek haar kommer uit teenoor Conrad wanneer Vicky haar vertel wat sy gesien het. Naomi moet slegte nuus deel, terwyl Gaby nie uitgepraat kan raak oor die vorige aand nie.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 23 Mei
Tim is verwoed besig om almal te oortuig dat hy nie ontrou aan Zoe was nie. Mrs J en Siya is albei verlig wanneer Siya weer sy kerkverpligtinge hervat.

Dinsdag 24 Mei
Bridgette vat vir Tim vas, terwyl Angie probeer om op te maak vir Lee-Ann se hare. Justin en Susan stamp koppe oor sy loopbaan.

Woensdag 25 Mei
Bridgette wil hê Zoe moet ʼn besluit oor haar huwelik neem, maar Lee-Ann bring haar tot ander insigte. Susan tree op teen Justin se wense, en Wade moet weer vir Angie teleurstel.

Donderdag 26 Mei
Bridgette en Lee-Ann doen ʼn drastiese stap om Tim van Zoe af weg te hou. Justin en Susan stamp koppe oor sy nuwe besigheid. ʼn Groot misverstand vertroebel sake tussen Angie en Wade.

Vrydag 27 Mei
Zoe probeer haar pyn en vernedering verwerk, terwyl Tim haar smeek om hom te vergewe. Angie is op die oorlogspad, en die Samsodiens kry onverwags ʼn besoeker.

Getroud met Rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET
Maandag 23 Mei
Lulu vergewe vir Zappa. Jana maak kontak met ʼn ou vriendin. Anastasia sukkel om haar nuwe realiteit te verwerk.

Dinsdag 24 Mei
Jana se skoolvriendin kom kuier. Lulu wys Nico se bystand van die hand. Pine neem ʼn drastiese besluit.

Woensdag 25 Mei
Die waarheid oor Amanda se aanval kom op die lappe. Die Stryder-vroue maak gereed vir hulle volgende geselligheid. Kristien hoor van Pine se planne.

Donderdag 26 Mei
Kristien wil Amanda weer laat afdank. Jana voel uitgesluit deur Schalk en Riana. Anastasia voel oorweldig deur al die aandag.

Vrydag 27 Mei
Schalk en Amanda het ʼn ernstige gesprek. Jana besin oor haar vriendskap met Riana. ʼn Ongemaklike gerug bedreig Anastasia se reputasie.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 23 Mei
Morne het ʼn onverwagse reaksie wanneer een van sy klasmaats hom tart. Angel word deur Ingrid en Daniel onder druk geplaas om groot lewensbesluite te neem.

Dinsdag 24 Mei
Beatrice sien Jeffrey vir die eerste keer. Angel vertel vir Ingrid dat sy die nuus aan Priester gaan breek. Morne beken aan Alta-Marie dat die konflik met Joshua hom gespanne maak.

Woensdag 25 Mei
Ingrid en Priester is desperaat om vir Angel te vind. Alta-Marie voel al hoe meer ongemaklik rondom Morne. Gertie wonder of Jeffrey se verskyning ʼn goeie ding is.

Donderdag 26 Mei
Angel se geheim word deur ʼn onberouvolle Ingrid gedeel. Gertie maak haar ongelukkigheid oor Jeffrey se teenwoordigheid vir Beatrice duidelik. Ezra sit haar pasmaat-plan aan die gang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.