Sepiegids: Is ‘Suidooster’ se Zoe op pad tjoekie toe?

‘n Skermgreep uit ‘Suidooster’.

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET
Maandag 4 Julie
Vermiste medikasie is op Tertius se agenda vir die dag, en At vra Louis ʼn baie groot guns. Daar is beslis spanning tussen Zee en Gaby, terwyl Danny mooi moet dink oor Louis se aanbod.

Dinsdag 5 Julie
Steve praat Annelize moed in wanneer sy ʼn besluit oor die aanbod neem. Wessel is ʼn gewilde man as dit by besoekers kom. Louis is nie die enigste een wat ʼn wit vlaggie probeer hys nie.

Woensdag 6 Julie
Liam wroeg by Zee oor sy toekoms, en Louis en Naomi is bekommerd oor At en Delia. Verwerping is ʼn bekommernis vir Tracy, terwyl Danny vir Louis ʼn verrassing reël.

Donderdag 7 Julie
Die stilte van ʼn woonstel lei tot ʼn prettige voorstel. Vertroue raak ʼn twispunt, en Karen moet vrede met haar omstandighede maak. Rian se tuiskoms verskaf blydskap vir meer as een vrou.

Vrydag 8 Julie
ʼn Trust veroorsaak bekommernis, terwyl desperate planne vir Steve ʼn hoofpyn besorg. Delia dink At gaan te ver, terwyl Louis se familiedrama hom alweer kortwiek.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 4 Julie
Zoe is paniekerig en Bridgette probeer agter die kap van die byl kom. Wade wil Ty van Soundbar se eerste optrede weghou, maar Ty neem aanstoot omdat hy nie genooi is nie.

Dinsdag 5 Julie
Zoe is ʼn senuweewrak terwyl die ondersoek voortgaan. Angie se blink plan vir Justin en Wade se onderneming loop skeef, terwyl Ryno ʼn besluit oor sy toekoms neem.

Woensdag 6 Julie
Wade, Angie en Justin sit vas oor die enorme fooi wat hulle moet betaal. Ryno kry goeie nuus en Tim hoop steeds dat hy vir Zoe kan terugwen.

Donderdag 7 Julie
Zoe se besluite bekommer haar naastes, terwyl Wade ook nie helder dink nie. Nazeem probeer vir Rhafiek help, en Maggie en Ryno maak reg vir hulle groot trek.

Vrydag 8 Julie
Bridgette kan nie haar agterdog afskud nie. Chris hoor dat Tim ʼn dokter omgekoop het en Carlo sien iets wat hy eerder nie moes gesien het nie.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET
Maandag 4 Julie
Jordan kry van sy eie medisyne. Nesie is gefrustreerd met haar ma en ouma. Kristien neem weer beheer oor haar lewe.

Dinsdag 5 Julie
Bibi belet Amanda toegang tot die salon. Liam se eerste dag as die Stryders se nuwe hulpafrigter breek aan. Pokerkoors tref die Griesels.

Woensdag 6 Julie
Nonnie leer vir Petro alles oor poker. Candice begin weer by Pottie’s werk. Liam vind steeds sy voete as afrigter.

Donderdag 7 Julie
Kristien ontmoet haar nuwe selfverdedigingsafrigter. Die Stryders raak bekommerd oor al die veranderinge by die span. Nesie-hulle speel poker.

Vrydag 8 Julie
Liam wys sy slag as afrigter. Fafa nooi Jordan vir ʼn braai. Nonnie word uitgevang wanneer sy verneuk.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 4 Julie
Angel se swangerskap neem ʼn skokkende wending. Nicolene is platgeslaan wanneer sy die waarheid oor haar verloofde uitvind. Janice is woedend vir Lionel.

Dinsdag 5 Julie
Almal rou Angel se miskraam, maar die Le Fleurs maak al klaar planne vir die toekoms. Justin probeer om terug in Nicolene se goeie boekies te kom, maar Anton gaan dit nie sommer so los nie.

Woensdag 6 Julie
Anton paai ʼn bekommerde Hein. Angel voel onrustig oor Priester se toenemende pogings om haar te beheer. Beatrice berispe vir Mic oor haar aandeel in Jamie se uitbranding.

Donderdag 7 Julie
Eva is bekommerd oor Angel en Priester se verhouding. Justin vervloek vir Nicolene en Debra organiseer die bekendstelling van Mortlocks.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Jip, ek doen.
Ek rook nie, drink nie, dobbel nie en en sit dag in en dag uit in ‘n klein woonstelletjie.
Niemand in ons familie sal ons bel en uitnooi na hulle huise toe nie.
Die sepies is (buiten kerk op ‘n Sondag) al afleiding wat ons het.
Ek is op disability en kan nie bestuurder nie, so ek is maar ‘gebind aan die huis ‘

RS ·

Geen idee meer wat in die stories aangaan nie. Krag is meer af as wat daar tyd is om te kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.