Sepiegids: Ja-woord word gevra in ‘Binnelanders’; skuldgevoel vreet Lee-Ann op in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Cindy Swanepoel as dr. Annelize Roux in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 27 November

Ruan moet Vicky waarsku, en Uys bederf ’n verrassing vir Tracy. Naomi is bang sy gaan Louis verloor, en Delia besef sy moet die volgende stap neem. Iemand vra die ja-woord.

Dinsdag 28 November

Nicolette is nie so bly soos Karen oor Liam nie, en Delia se begeerte om nog ’n kind te hê, wakker verskillende emosies by verskillende mense aan.

Woensdag 29 November

Karen is in die sewende hemel, maar besef nie Liam steek iets vir haar weg nie. Conrad gee vir Tracy ’n geskenk wat haar baie ongemaklik maak, en Jeremy ontvang ’n ontstellende boodskap.

Donderdag 30 November

Jeremy vind uit waar ’n dreigende boodskap vandaan kom, en Karen voel ongemaklik oor Liam se gedrag. Dr. Butler het nie goeie nuus vir Naomi nie.

Vrydag 1 Desember

Jeremy is bekommerd oor Annelize se veiligheid buite die hospitaal, en Louis probeer Naomi oorreed dat hulle ’n vakansie nodig het. Bonnie ruik lont wanneer sy ’n gesprek tussen Tertius en Conrad afluister.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 27 November

Gary begin wonder of hy vir die regte span speel, terwyl Rhafiek se trauma hom dwing om ’n moeilike besluit te neem. Lee-Ann se skuldgevoel vreet haar op.

Dinsdag 28 November

Gary vat kanse met Bridgette en Nazeem, terwyl Rhafiek uiteindelik tot aksie oorgaan. Veroné sê iets wat Justin se asem wegslaan, en Lee-Ann bieg.

Woensdag 29 November

Lee-Ann moet jok oor hoekom Ty nie by die huis is nie. Rhafiek het groot planne vir die dag, en Nazeem stel ’n nuwe plan in werking.

Donderdag 30 November

Wade vat Lee-Ann aan, terwyl Veroné haar verloofde van haar en Justin moet vertel. Bridgette se foon werk nie en Gary vermoed Nazeem het iets daarmee te doen.

Vrydag 1 Desember

Nazeem plaas Gary in ’n onmoontlike posisie, terwyl Bridgette Lee-Ann probeer beskerm. Veroné sukkel om die skokkende nuus aan Jabes oor te dra.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 27 November

Rossouw en Sanet vind uit wat Jacques vir Johan vertel het. Rossouw moet vir Anja die volle waarheid vertel, en Mari het net een doel voor oë tydens ʼn aandjie uit.

Dinsdag 28 November

Johan is weg terwyl sy familielede sukkel met die nagevolge. Valencia se trek veroorsaak spanning, en Charity moet haar borgskapooreenkoms met Henno hanteer.

Woensdag 29 November

Johan wil niks van Gys weet nie. Anja is woedend vir Rossouw oor nog ʼn familiegeheim, en Lettie is ontsteld wanneer Henry ʼn bekentenis maak.

Donderdag 30 November

Sanet breek onder die emosionele gewig van die gesin se onrus, en Johan probeer Charity oortuig om ʼn drastiese besluit oor haar toekoms te neem.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 27 November

Lee-Anne word buite Mortlocks beroof. Bianca beplan ’n spoedontmoet as geldinsameling en oortuig beide Kyle en Beatrice om dit by te woon. Daniel en Kway se artikel word gepubliseer, en Lee-Roy begin aan sy toneelstuk repeteer.

Dinsdag 28 November

Clint en Kyle ding mee om Beatrice se aandag, en Daniel vind iets interessants uit oor Kway, en Langes sukkel om Bompie terug te betaal.

Woensdag 29 November

Langes bevind homself in die moeilikheid met Ayesha, Lee-Roy en Calvin het ’n intieme oomblik, en Beatrice en Kyle se verhouding betree die volgende vlak.

Donderdag 30 November

Hein blameer Clint oor die feit dat Kyle die aand by Beatrice deurgebring het, en Lee-Roy hou Calvin op ’n afstand ná hul soen. Janice bied vir Langes hulp aan, maar hy wil dit nie aanvaar nie. Kyle vertel vir Beatrice van sy eerste liefde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.