Sepiegids: Jaloesie, verwyte steek kop uit in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Tim in ‘Suidooster’. (Foto: Verskaf)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 27 September

Danny deel sy vermoedens met Louis en Naomi merk hoe Liam reageer op ʼn boodskap. Annelize is teleurgesteld in ʼn onpersoonlike groetery.

Dinsdag 28 September

Elise weier dat Annelize kop uittrek met haar afspraak – en sy maak die pap dik aan teenoor Tertius. Danny en Louis se speurwerk kry hulle diep in die sop.

Woensdag 29 September

Stefan probeer verskoning vra vir sy verlede, terwyl Max twyfel saai met sy kant van die storie. Die linnekamer sien uiteindelik weer ʼn bietjie aksie.

Donderdag 30 September

Dit is Conrad se taak om Brandon in te lig oor die nuutste gebeure, terwyl Karen probeer om Liam se vrese hok te slaan. Annelize se stil drankie by Doepa is nie heeltemal stom nie.

Vrydag 1 Oktober

Tertius is woedend as hy ʼn sekere dokter in Binneland Kliniek raakloop, en Chanel is nie alleen in die donker nie. Liam maak ʼn bekentenis aan Uys, terwyl Max vir Danny meer vertel oor Roelf.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 27 September   

Susan en Elana trek toutjies om ’n spesiale verrassing vir spesiale mense te reël. Kate ontdek iets skokkend, terwyl die Samsodiens probeer moed hou in donker tye.

Dinsdag 28 September    

Bennie klop by Mrs J aan vir hulp en Carlo het ’n klein besigheid begin. AB is vas oortuig alles sal ten goede uitwerk.

Woensdag 29 September

Bennie probeer sy bes om Linda te oortuig om in Ruiterbosch te bly, maar sy het haar eie idees. Nazeem onthou iets wat hom verantwoordelik laat voel vir AB se toestand.

Donderdag 30 September

Nazeem vermoed AB verwyt hom, terwyl Lee-Ann die Daniels-manne vir ete nooi. Tim is jaloers op ʼn nuwe kollega.

Vrydag 1 Oktober

AB en Mymoena wil vrede maak met Nazeem. Bridgette probeer uitreik na Donovan, en Lee-Ann word ingeroep na Carlo se skool.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 27 September

Kristien vind uit wat Bart wegsteek. Die Stryders ontmoet vir Meyer. Candice ontvang ’n vreemde besoek.

Dinsdag 28 September

Daar is spanning tussen Liam en Candice. Bart maak die lewe vir Kristien moeilik. Jana kry ’n nuwe idee vir ’n artikel.

Woensdag 29 September

Die bemarkingskantoor word herstruktureer. Koekie is bekommerd oor Magda. Liam en Candice is raadop.

Donderdag 30 September

Liam is terug by die stadion. Almal is positief oor Jana se artikel. Die Stryders vind uit van die dwelms.

Vrydag 1 Oktober

Die spanning tussen Liam en die Stryders loop hoog. Renate beraam ’n blink plan vir die konsert. Amanda en Kristien stamp koppe.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 27 September        

Almal is opgewonde oor die braai by die Wendy House, maar daar’s ʼn kinkel in die kabel. Ronel is ietwat bekommerd wanneer sy sien Godfrey en Muriel praat te lekker.

Dinsdag 28 September 

Dis Lee-Roy en Wesley se troudag. Almal is opgewonde en daar is moontlik ’n paar verrassings. Willem en Eugene takel mekaar in die bokskryt.

Woensdag 29 September

Lee-Roy en Wesley trou. Willem en Eugene se verhouding bereik breekpunt. Lennie is teleurgesteld en Jake moet vinnige besluite neem.

Donderdag 30 September

Ronel en Thys is betrokke in ’n ongeluk wat hul lewens vir ewig kan verander. Ingrid kry ’n onverwagse besoeker by haar woonstel. Die vonke spat tussen Muriel en Godfrey.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.