Sepiegids: JJ se skrikbewind het geen einde in ‘GMR’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Zak Hendrikz as JJ in ‘Getroud met rugby’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET
Maandag 21 Maart
Annelize is paniekerig oor wat haar te doen staan, en Conrad se toorn sal moet wag. Amalia se toekoms word bespreek, terwyl Chanel dit duidelik maak waar sy staan.

Dinsdag 22 Maart
Naomi deel goeie nuus met Annelize, en Tracy besef waarom Chanel vrae aan haar stel, terwyl Annelize en Gaby ʼn eerlike gesprek moet hê.

Woensdag 23 Maart
Tracy span Uys in om haar te help om ʼn probleem op te los. Martin besef sy toekoms is in sy eie hande, en Annelize probeer haar saak stel.

Donderdag 24 Maart
Annelize deel haar mening oor Delia met Rian, terwyl Rodney die verkeerde goed vir Tracy sê. Gaby besef wie Jazzy is, en die mat word onder Danny se voete uitgepluk.

Vrydag 25 Maart
Rian doen sy bes om nuwe inligting in te win, en Louis lig Conrad in oor Delia. Koffie en belasting meng nie in dieselfde gesprek nie.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 21 Maart
Danni raak al hoe meer bekommerd oor haar pa se vreemde optrede, terwyl Bridgette ʼn plan beraam om Nazeem tegemoet te kom. Hoe lank gaan Mymoena nog by JPD uithou?

Dinsdag 22 Maart
AB gee vir Mymoena raad wat haar lewe in ʼn nuwe rigting stuur, terwyl Danni erge innerlike konflik ervaar. Nazeem se dag begin met ʼn hoofpyn, en eindig op ʼn onverwagse noot.

Woensdag 23 Maart
Kate sien baie uit daarna om haar en Chris se besoeker te onthaal. Bennie het ʼn nuwe plan om geld te maak en Mymoena is besorg oor AB en Nazeem se verhouding.

Donderdag 24 Maart
Danni maak groot planne om haar pa te probeer help, maar Simon het sy eie idees. Die Samsodiens hou ʼn versoeningsete met Nazeem en dinge verloop amper glad.

Vrydag 25 Maart
Mrs J maak vir Simon ʼn aanbod, terwyl Dirk vir Bianca en Stella beter leer ken. Ty probeer Quinton omkoop vir ʼn guns.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET
Maandag 21 Maart
Schalk beraam ʼn plan om van Amanda ontslae te raak. Pottie’s trek swaar met die nuwe eienaar. Ashton leer Ryno meer oor Krugerrande.

Dinsdag 22 Maart
JJ bring ʼn paar veranderinge by Pottie’s aan. Ryno besluit om ook goud aan te skaf. Johan poog om dinge met Petro reg te stel.

Woensdag 23 Maart
Amanda is desperaat vir ʼn bietjie simpatie. JJ se skrikbewind het geen einde nie. Johan probeer om vir Petro terug te wen.

Donderdag 24 Maart
Ashton en Ryno se verhouding bereik kookpunt. Amanda het ʼn nuwe strategie. JJ maak links en regs vyande.

Vrydag 25 Maart
Ryno probeer om vir Ashton op te spoor. Johan leer ʼn harde les oor die liefde. Buks sit sy voet neer oor JJ se streke.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 21 Maart
ʼn Bekende Arendsvleier veg vir sy lewe ná hy aangeval is. Gertie en Johnny beland in die moeilikheid tydens hulle vakansie. Eva ondersteun Lennie by ʼn byeenkoms.

Dinsdag 22 Maart
Ingrid is bly om te hoor Priester stel nog belang in Angel. Lionel se motorfietsbende kom haal hom, en neem hom dan na die grootste verrassing van sy lewe.

Woensdag 23 Maart
Aunty Poppie het teleurstellende nuus vir Lionel en Janice. Johnny is verleë oor Clint hom en Gertie moes red. Ruby is bekommerd dat sy vir Ezra en haar familie ʼn las is.

Donderdag 24 Maart
Hein, Anton en Candice stel aan Yvette voor dat hulle vir Ruby ʼn woonplek moet aanbied. Gertie en Clint praat dinge uit. Angel probeer dinge met Daniel beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.