Sepiegids: Kersfees kom in kykNET-sepies

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Die Binnelanders bied ‘n toneelstuk aan vir Kersfees. (Foto: Verskaf)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 20 Desember

At gee vir Naomi die nare waarheid, terwyl Elise die wind van voor kry oor Maria. Steve se vernuf as akteur word op die proef gestel, terwyl Delia steeds soek is.

Dinsdag 21 Desember

Vicky se hangertjie is soek, terwyl Danny ʼn plan beraam om te verseker dat Maria haar buiging sal maak. Steve moet ʼn baie moeilike besluit neem, en Naomi is bekommerd oor haar toekoms.

Woensdag 22 Desember

Steve speel oop kaarte met Danny, terwyl Janneke ʼn enorme kopseer raak vir Binneland Kliniek. Elise gaan baie vinnig aan ʼn manier moet dink om haar jongste probleem op te los.

Donderdag 23 Desember

Die dag van die geheime ontmoeting breek aan. Almal is in rep en roer oor die kleedrepetisie, en Tracy hou haar lyf fotograaf. Janneke konfronteer Steve oor sy houding.

Vrydag 24 Desember

Janneke word ʼn baie groot besprekingspunt, terwyl Rian nie ʼn Kersgeskenk van At moet verwag nie. Vicky kla by Kersvader oor die konsert – en hy probeer haar moed inpraat.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 20 Desember

Mrs J keer terug na die kerkkoor, terwyl Donovan se broer desperaat vir hulp is. Susan wil wegkom uit Ruiterbosch.

Dinsdag 21 Desember

Elana is woedend oor Susan se jongste besluit. Kate sit ook vas met die kerkkoor se nuwe leier, terwyl ʼn oudinwoner van Ruiterbosch by Wade spook.

Woensdag 22 Desember

Rhafiek het sy hande vol met sy ouers se vertrek, terwyl Wade dink hy is besig om van sy kop af te raak. Susan probeer om haar lewe weer op dreef te kry, maar dis moeilik.

Donderdag 23 Desember

Wade het ʼn frustrerende dag, en Bridgette probeer die beste van ʼn slegte situasie maak. Danni en Siya is raadop met Celeste, terwyl Elana haar hand oorspeel.

Vrydag 24 Desember

Dis Oukersaand in Ruiterbosch en Siya moet bontstaan. Bridgette reik uit na Greg, terwyl Carlo iets hoor wat nie vir sy ore bedoel is nie.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 20 Desember

Jana is op ʼn missie om die verkragter vas te trek. Meyer kry koue voete. Kristien is agterdogtig oor Schalk en Amanda se geheime vergaderings.

Dinsdag 21 Desember

Jana moet ʼn nuwe verdagte vind. Lulu pas trourokke aan. Ryno en Meyer kom tot ʼn vergelyk oor hulle verblyfsituasie.

Woensdag 22 Desember

Daar is groot opgewondenheid oor die Stryders se liefdadigheidsprojek. Ryno en Meyer staan voor ʼn kruispad. Die verkragtingsage duur voort.

Donderdag 23 Desember

Simon en Lulu is ongemaklik oor die Kersete. Rooies is spoorloos. Die Stryders se liefdadigheidsprojek maak die manne broeis.

Vrydag 24 Desember

Dis die Kerspartytjie in Pottie’s. Nesie is agterdogtig oor Grease. Liam en Candice neem ʼn groot besluit.

Kyk die voorskou hier.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 20 Desember

Debra en Langes is baie gespanne oor die situasie met Eva. Mario is woedend wanneer hy vasstel Eva het verdwyn. Beatrice mis Jake met Kersfees wat om die draai is.

Dinsdag 21 Desember

Nolan se sig verbeter, maar hy steek dit vir Ronel weg. Elsa is stilletjies besig om reg te maak vir die groot trek, maar Fred het ander planne. Jake daag op in Arendsvlei.

Woensdag 22 Desember

Dis Kersfees in Arendsvlei. Elsa deel groot nuus met die familie. Beatrice en Jake is in vir ʼn opwindende dag. Langes is bekommerd oor Eva.

Donderdag 23 Desember

Ingrid belowe vir Lennie dat sy toegewyd is aan hul toekoms saam. Thys en Nolan ontmoet vir die eerste keer. Boompie gee vir Langes ʼn streng waarskuwing oor Eva.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.