Sepiegids: Lennie verstrengel deur Ingrid se leuens, bedrog in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

‘Arendsvlei’ se Ronel en Thys. (Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 8 November

Die spanning tussen Danny en Martin kom amper tot op breekpunt, terwyl At vir Conrad weer raad gee oor Tracy.

Dinsdag 9 November

Steve kry die datum van die aanneming en vertel die kinders van die mediakonferensie. Danny bevind homself in ʼn gevaarlike situasie.

Woensdag 10 November

Louis en Naomi maak ʼn voorstel aan Trudie oor hoe hulle die situasie moet hanteer, terwyl Hugo met Julia praat oor voogskap.

Donderdag 11 November

Chanel is teleurgesteld in Danny se optrede – terwyl Jenna sy senuwees op hol jaag. Ruan wil weet wat Steve teen Tracy het, terwyl Renate in ʼn toestand is oor Trudie se erkenning.

Vrydag 12 November

Die hoof plastiese chirurg onttrek hom aan die operasie, terwyl Tracy planne het om ʼn geldinsameling vir die tweeling te hou. Daar is ʼn hewige woordewisseling in die Ferreira-huishouding.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 8 November

AB sukkel om vir Mymoena te vergewe en moet ’n moeilike besluit neem. Zoe en Tim jaag vir Donovan uit die kantoor. Elana en Susan kry die resultate van die vrugbaarheidstoets.

Dinsdag 9 November

Bridgette neem ’n besluit wat Zoe omvergooi, terwyl AB nog ’n terugslag ervaar. Elana sukkel om haar teleurstelling te verwerk.

Woensdag 10 November

Bridgette neem finaal ’n besluit oor Donovan. Een van Ruiterbosch se geliefdste paartjies straal van geluk, terwyl AB en Mymoena al verder van mekaar af wegdryf.

Donderdag 11 November

Die Samsodiens is paniekerig ná ʼn onverwagse besoek. Zoe is opnuut agterdogtig oor Donovan se bedoelings, terwyl Susan en Elana hulle huwelik probeer red.

Vrydag 12 November

Susan sukkel om haarself uit Justin se geselskap weg te skeur, terwyl Zoe het ’n plan het om van Donovan ontslae te raak. AB is verlig dat dinge nie skeef geloop het nie.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET

Maandag 8 November

Simon en Renate veg vir toesig oor Regardt. Liam keer terug. Amanda en Kristien kompeteer vir Henk se aandag.

Dinsdag 9 November

Simon en Renate plaas vir Virginia in ’n moeilike posisie. Liam ontvang ’n geskenk van sy oorlede pa. ’n Video van Buks beland op die internet.

Woensdag 10 November

Renate probeer mense oorreed om vir haar in die hof te getuig. Buks se video gaan “viral”. Liam wroeg oor sy pa se nalatenskap.

Donderdag 11 November

Renate konfronteer vir Simon. Nesie het groot planne vir haar Buksie. Maryke is bekommerd oor Bibi.

Vrydag 12 November

Buks en Nesie maak ’n musiekvideo. Simon moet teen Renate getuig. Pine is vasbeslote om inligting oor Henk te kry.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 8 November

Gertie se hart is seer oor Ronel en Thys se huwelik wat aan skerwe lê. Caleb en Layla is ewe ongelukkig oor hulle verhouding wat verby is. Nolan het nuus vir Ronel.

Dinsdag 9 November

Lionel voel al hoe meer ongemaklik rondom Ayesha. Ronel is geïsoleer en Lennie word verstrengel in Ingrid se web van leuens en bedrog.

Woensdag 10 November

Ingrid se nuwe sakeplan is in werking en Lennie is onbewus van wat sy regtig beplan. Thys en Lionel deel hul gevoelens met mekaar. Ronel stort haar hart uit teenoor Daniel.

Donderdag 11 November

Lionel is diep bekommerd oor “bewyse” dat ’n familielid van Janice ’n oog op hom het. Ingrid en Ronnie vind ’n kandidaat vir hul nuwe onwettige plan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus ·

Kan GMR se storie skrywers nie asb iets anders kry om my te verveel nie. Maryke en Bibi is soos twee graad 8 dogtertjies oor Meyer se liefdeslewe en Renate se uitbarstings en fobies raak bietjie erg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.