Sepiegids: Liam ruk handuit in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

David Viviers as Liam in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 22 Mei

Liam en Jeremy moet albei om verskoning vra, en Karen konfronteer vir Nicolette. Uys en Gaby bespiegel oor Tertius en Tracy, en Liam ruk handuit.

Dinsdag 23 Mei

Steve en Jeremy se vermoede groei, en Liam is laat vir ’n skof. ’n Nuwe Italiaanse restaurant is in die pyplyn, en Liam jok vir Karen. Steve vind iets uit, en Henry konfronteer vir Rita.

Woensdag 24 Mei

Liam besef hy moet remme aandraai, en Tracy besef sy is verlief. Gaby is bekommerd oor Karen, en Rita wil bedank. Steve deel moeilike nuus met Delia. Jeremy wil in Binneland opgeneem word.

Donderdag 25 Mei

Dawid vat Nicolette aan, en Tracy probeer haar afstand hou. Henry soek na Riekie, en ’n eerste soen gebeur uiteindelik! Liam kom uit met die hele sak patats, en Riekie onthul haar plan.

Vrydag 26 Mei

Karen weet nie of sy vir Liam kan vergewe nie. Henry besef wat op die spel is en hy is gebroke. Jeremy is vies vir Annelize, en daar word reggemaak vir ’n romantiese afspraak.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 22 Mei

Danni doen haar eie navorsing oor Brendan se moontlike pleegouers. Rita sukkel om te herintegreer, en Rhafiek besluit om vir die familie te vertel wat hy ontdek het.

Dinsdag 23 Mei

Rhafiek en Rhiyaaz stamp steeds koppe. Brendan ontmoet die gesin wat hom in pleegsorg wil neem, terwyl Zoe oortuig is dat Rita iets teen haar het.

Woensdag 24 Mei

Rhafiek probeer om die regte ding te doen en terselfdertyd die Samsodiens gelukkig te hou. Zoe doen haar bes om tyd saam met Rita deur te bring, en Danni vermy Brendan.

Donderdag 25 Mei

Tim het sy hande vol met die vroue in sy lewe, en Bianca kry groot nuus. Danni en Siya se dag neem ’n onverwagse wending, terwyl Rhiyaaz ’n groot aankondiging maak.

Vrydag 26 Mei

Tim erken dis sy skuld dat hy Rita afgeskeep het en nie Zoe s’n nie. Danni en Siya moet ’n paar struikelblokke oorkom, terwyl Rhafiek vir alles en almal kwaad is.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 22 Mei

Henry wil graag iets spesiaal beplan en vra rond vir raad. Zelda se verlede haal haar in, en Pam word geskok deur ʼn lewensveranderende onthulling.

Dinsdag 23 Mei

Nina vra Henry se hulp om Tshepo se familie te kontak. Karla se huis word oorgeneem, en Pam is angstig oor ʼn familie-ete.

Woensdag 24 Mei

Anja en Rossouw neem beheer van die partytjie. Nina en Tshepo spring in om ʼn senuagtige Henry te help, en Rossouw sukkel om Gys se onthulling te aanvaar.

Donderdag 25 Mei

Rossouw is woedend oor die nuwe krisis. Meghan stoei skielik met haar verlede en Zelda se rol daarin, terwyl Karla vir Arno probeer beïndruk.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 22 Mei

Beatrice kondig ’n skoolbyeenkoms af en lig die leerders oor die nuwe verwikkelinge in. Langes konfronteer Bompie omdat hy Lennie manipuleer. Saartjie wonder oor Daniel wanneer dit by Sonia kom.

Dinsdag 23 Mei

Desmond laat Rachel verward voel oor hulle toekoms. Anthony beken aan Lionel dat hy nêrens gekom het deur met Adam oor sy anti-gay sienings te praat nie.

Woensdag 24 Mei

Langes dink Bompie maak die pap dik aan as dit by Lennie kom. Bianca wil alles perfek hê vir Saartjie se terugkoms, en Daniel verwerk sy gevoelens ná hulle ete saam met Sonia.

Donderdag 25 Mei

Anthony konfronteer Rachel oor haar verhouding met Desmond nadat hy uitvind hoe gevaarlik die man is. Bompie se moed is gebreek nadat Lennie terugvoer gee oor die besoek aan Bompie se pa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.