Sepiegids: Louis het genoeg gehad van Jonas in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Louis (Germandt Geldenhuys) in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 17 Oktober

Conrad verwoord sy gevoelens teenoor Louis. Struikelblokke in ʼn verhouding is iets waaraan gewerk moet word, en Annelize pleit by Conrad om van plan te verander.

Dinsdag 18 Oktober

ʼn Uitnodiging van Steve laat Zee flink op haar voete dink, terwyl ʼn soen bydra tot groter spanning. ʼn Desperate Sharon maak ʼn belofte aan Conrad.

Woensdag 19 Oktober

Liam kry uiteindelik toegang tot e-posse, en Lexi het liefdesraad vir Steve. Conrad kry ʼn vreemde besoek van Sharon, en ʼn loopbaanskuif lok reaksie uit.

Donderdag 20 Oktober

Louis het genoeg gehad van Jonas, en Conrad wil by Albert gaan inloer. Liam probeer meer inligting inwin, terwyl humeure vlamvat op die plaas. Danny smokkel nie alleen met Steve se kop nie.

Vrydag 21 Oktober

Steve vra sy vrae met ʼn ompad, en Zee word uit die veld geslaan met ʼn versoek. Liam vertel Annelize en Jeremy wat hy dink At se plan is, terwyl Conrad en Tracy ewe bang is vir wat gebeur.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 17 Oktober

JPD se raadslede moet oor ʼn belangrike agendapunt stem. Elana probeer deur haar verlies werk. Iemand vra Danni uit op ʼn afspraak, terwyl Siya dieselfde met Anja doen.

Dinsdag 18 Oktober

Bridgette voel verraai, terwyl Siya vir Danni konfronteer. Elana is angstig oor haar ma se kuier en Kate dring daarop aan om Mrs. J se oond te gebruik.

Woensdag 19 Oktober

TikTok is soek, terwyl Danni ʼn besluit oor Siya neem. Nazeem word sonder die broers se wete genooi vir ete by die Danielse.

Donderdag 20 Oktober

Carlo kry ʼn groot terugslag in die eksperiment met die speelgoedhond. Gaan Justin te vinde wees vir die groot guns wat Elana vir Susan gevra het?

Vrydag 21 Oktober

Danni en Siya is versigtig maar tog optimisties oor die pad vorentoe. AB het vergeet van Stella se konsert en Elana se ma is op pad.

Diepe Waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 17 Oktober

Henry is bekommerd oor Tshepo. Pam sien nie daarna uit om weer vir Sanet te sien nie en daar word vir Gys gesê hy moet minder geld bestee.

Dinsdag 18 Oktober

Henry maan Tshepo om nie teen Johan resies te swem nie, maar hy is vasbeslote om Johan op sy plek te sit. Meghan vertel Gys van haar sakevoorstel. Nina probeer steeds Johan se aandag trek.

Woensdag 19 Oktober

Zelda manipuleer Arno om enige inligting wat sy teen Gys kan gebruik te kry. Meghan begin met haar sosialemediaplan vir Die Swart Marlyne. Karla bly haarself sieker maak.

Donderdag 20 Oktober

Sanet is omgekrap wanneer Meghan haar las probeer ligter maak. Wanda is baie in haar skik met Meghan. Wim is gefrustreerd met Rose wat altyd te besig is vir haar eie gesin.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 17 Oktober

Lionel en Janice kry onverwagse nuus by die dokter. Lennie en Eva ontdek skokkende inligting oor Rikus. Natalie maak groot veranderinge by die bakkery.

Dinsdag 18 Oktober

Die dokter waarsku Janice oor die risiko’s van haar swangerskap op haar ouderdom en Lionel doen alles in sy vermoë om haar gemaklik te maak. Lennie konfronteer Rikus oor sy ware identiteit.

Woensdag 19 Oktober

Lennie skok Eva met die ware rede waarom hy vir Rikus nog ʼn kans wil gee. Francois maak meer moeilikheid by die bakkery. Lionel wil sy ma vertel van die swangerskap, maar Janice is onseker.

Donderdag 20 Oktober

Lee-Roy is bekommerd wanneer Ronel nie sy oproepe beantwoord nie. Wesley en Yvette vrees dat Natalie iets donkers beplan. Rikus vra vir Lennie of sy verjaarsdag by die huis gevier kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.