Sepiegids: Lulu onthul nuwe inligting oor Simon in ‘GMR’

Ansu Visser as Lulu in ‘Getroud met rugby’. (Foto: Skermgreep)

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET
Maandag 16 Mei
Zee word bemoedig deur Annelize se teenwoordigheid, en Tracy vat nie “nee” vir ʼn antwoord nie. Conrad rig ʼn waarskuwing aan Steve en Brandon, terwyl Steve vir Brandon vasvat oor Marissa.

Dinsdag 17 Mei
Annelize dwing Tertius om brûe te herbou. Conrad is nie beïndruk met wat hy hoor nie. Daar is meer as een persoon wat hulle mes in het vir Annelize. Gaby ontvang ʼn onverwagse uitnodiging.

Woensdag 18 Mei
Wanneer die stof gaan lê, besef Annelize dat Conrad die waarheid gepraat het. Die ongevallepersoneel se ongelukkigheid val nie op dowe ore nie.

Donderdag 19 Mei
Chanel raai Tertius aan om iets te doen om die moraal te lig, en Ruan wil nie met Steve praat oor Lani nie. ʼn Noodsaaklike operasie bring twee dokters noodgedwonge bymekaar.

Vrydag 20 Mei
Gaby, wat onder ʼn sekere indruk verkeer, maak oop teenoor Rian. Vicky se skokontdekking lei tot heelwat vrae, en Steve skop vas teen ʼn idee van Annelize.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 16 Mei
Danni is woedend vir Siya. Justin kry sy eerste optrede en maak ʼn belofte aan AB. Chris en Kate probeer Zoe en Tim opbeur.

Dinsdag 17 Mei
Danni sukkel om Siya en Wade te vergewe. Zoe maak vrede met Tim, maar vind iets verdag. Intussen is Justin vuur en vlam om die kerk se jeuggroep te beïndruk.

Woensdag 18 Mei
Siya wil dinge met Danni uitpraat, maar sy probeer hom vermy. Justin besef dis nie so maklik om jou eie potjie te krap nie en Zoe kry snuf in die neus oor Tim se manewales.

Donderdag 19 Mei
Justin se dag is vol verrassings, en Wade sʼn ook. Zoe ervaar groot innerlike konflik, terwyl Danni ʼn drastiese besluit neem.

Vrydag 20 Mei
Tim en Zoe begin uitsien na die naweek se wegbreek. Wade is geskok om van Danni se toekomsplanne te hoor, terwyl Justin vasbeslote is om ʼn goeie indruk te maak.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET
Maandag 16 Mei
Pine is desperaat om Kristien se aandag te trek. Lulu onthul nuwe inligting oor Simon. Anastasia trek by Ryno in.

Dinsdag 17 Mei
Virginia en Yvonne word deur Breytenbach ondervra. Lulu wroeg met haar skuldgevoelens oor Simon. Kristien nader vir Candice om ʼn onderhoud met Ryno en Anastasia te voer.

Woensdag 18 Mei
Bibi en Jordan se paaie skei finaal. Breytenbach ondervra Zappa. Ryno en Anastasia speel lekker huis-huis.

Donderdag 19 Mei
Die hele Stryder-familie kom in Pottie’s bymekaar. Amanda oorreed vir Candice om met die onderhoud voort te gaan. Pine kan nie vir Kristien uit sy gedagtes kry nie.

Vrydag 20 Mei
Candice voer ʼn onderhoud met Ryno en Anastasia. Zappa vertel vir Lulu die waarheid. Bibi se hart is aan skerwe.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 16 Mei
Angel is op haar senuwees voor haar bestuurstoets. Thys sukkel om inspirasie te kry om iets vir Ronel te verf. Morne maak ʼn goeie indruk op die leerders gedurende sy eerste dag.

Dinsdag 17 Mei
Ingrid probeer ʼn belydenis uit Angel trek. Ronel sukkel om ʼn besluit oor haar toekoms te neem. Morne se plan werk soos ʼn bom.

Woensdag 18 Mei
Ingrid plaas druk op Pieter om ernstiger te raak oor sy verhouding met Angel. Ruby weier Avukile se hulp. Dis Ronel se afskeid en sy word omring deur almal wat vir haar lief is.

Donderdag 19 Mei
Morne voel al hoe meer tuis by Hoërskool Arendsvlei. Ingrid voer iets in die mou wat Angel se gesondheid betref, terwyl Parra en Tally terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shakespeare ·

Wat ‘n useless verskoning van ‘n mens…. die Simon. Nietemin is ons vasgenael om te kyk wat volgende gebeur

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.