Sepiegids: Maak Rhafiek, Bianca vrede in ‘Suidooster’?

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Nazeem word gekonfronteer in ‘Suidooster’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 29 Mei

Rita is bekommerd oor Henry, Tracy trek uit, en Jeremy en Conrad vermoed iets oor Henry. Steve is bekommerd oor Danny, en iemand kry ’n ondraaglike migraine.

Dinsdag 30 Mei

Steve kry nie vir Danny in die hande nie. Jeremy is gefrustreerd, en Steve wil polisie toe gaan. Dit lyk of Gaby nie meer baklei in haar oor het nie. Rita praat amper haar mond verby.

Woensdag 31 Mei

Wanneer Andrea opdaag, besef sy Steve is nie meer enkellopend nie. Gaby voel vasgevang, en Rita stel ’n ultimatum aan Henry. Die skuldige word oorgegee, en Tracy en Tertius jok vir mekaar.

Donderdag 1 Junie

Gaby is nie meer seker of sy by die restaurant betrokke wil wees nie. Andrea vind uit iemand uit haar verlede leef nog, en Conrad is bekommerd oor Henry.

Vrydag 2 Junie

Vicky slaan Steve uit die veld met ’n vraag. Gaby het ’n skuldige gewete, en Conrad verras Nicolette met ’n aanbod. Tertius het ’n belangrike afspraak.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 29 Mei

Zoe bevind haar in ’n moeilike situasie wanneer Bridgette teen Nazeem optree. Rhafiek is op die oorlogspad oor Bianca, terwyl Siya moet inspring wanneer daar ’n probleem by die kerk is.

Dinsdag 30 Mei

Die konflik tussen Bianca en Rhafiek bereik breekpunt, terwyl die druk op Zoe ondraaglik word. Siya en Danni beleef ’n nuwe krisis.

Woensdag 31 Mei

Nazeem gee vir Zoe ’n ultimatum. Siya probeer self die kerk se dak regmaak, maar loop ’n bloutjie. Rhafiek en Bianca maak vrede, of doen hulle?

Donderdag 1 Junie

Bridgette het haar mes vir Nazeem in, en die vrede tussen Rhafiek en Bianca is van korte duur. Angie ontmoet ’n nuwe, vrygewige vriendin.

Vrydag 2 Junie

Rhafiek en Bianca krap Aiden se lewe om. Siya wil proaktief wees, terwyl Bridgette steeds Zoe se ontrouheid probeer verwerk.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 29 Mei

Meghan is vasbeslote om haar verlede beter te verstaan. Zelda pas nog meer druk op Gys toe, en Tommie het groot planne vir hom en Karla se optrede.

Dinsdag 30 Mei

Meghan konfronteer Zelda en Bybie oor haar verlede. Die nasionale kampioenskap lewer groot drama op.

Woensdag 31 Mei

Meghan onthou nog meer van die dag van die ongeluk, en Gys probeer verlore tyd inhaal terwyl sy optrede Jacques irriteer. Tshepo word raakgesien.

Donderdag 1 Junie

Stemme uit die verlede ontstig Jacques en laat Gys rooi sien. Rossouw en Pam sit nie om dieselfde vuur nie, en ʼn kuiergas vang Tshepo onkant.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 29 Mei

Anthony vind inligting oor Rachel en Desmond se planne teen die skool, Bompie konfronteer Lennie oor sy belofte, en Saartjie is bekommerd oor Sonia se invloed op Daniel.

Dinsdag 30 Mei

Anthony sukkel met sy gewete en wil die waarheid vertel, en Lennie twyfel of Bompie is wie hy voorgee om te wees. Daniel nooi vir Sonia en Saartjie vir aandete oor en dinge raak dan ongemaklik.

Woensdag 31 Mei

Rachel en Adam is geskok as hulle van Anthony se selfmoordpoging hoor. Saartjie beken aan Bianca hoe teleurgesteld sy is dat Daniel, die vorige aand, net oë vir Sonia gehad het.

Donderdag 1 Junie

Daniel maak dit duidelik aan Saartjie dat Sonia nêrens gaan nie. Bompie sien uit na sy vrylating en Rachel berei haar voor om die ondenkbare te doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.