Sepiegids: Misverstand tussen Angel, Daniel aangepor in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Skermgreep uit vandeesweek se ‘Arendsvlei’.

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 4 April

Piet probeer vasstel of Gaby enige nuttige inligting het, en Jazzy kry ʼn nare verrassing ná haar besoek aan Annelize. Tracy se plan tree in werking.

Dinsdag 5 April

Rian doen ʼn skokkende ontdekking – en word deel van ʼn meesterplan. Delia rig ʼn waarskuwing aan Louis, en Chanel wil weet wat Danny en Martin se verbintenis is.

Woensdag 6 April

Conrad en Tracy kom tot ʼn nuwe vergelyking oor Tonik. ʼn Bakleiery ruk handuit, en kommunikasie is die rede vir groot blydskap – en ʼn waarskuwing!

Donderdag 7 April

Conrad verwelkom ʼn nuwe klomp dokters wat aan ʼn internskap-program deelneem. ʼn Skoonheidsveldtog trek aandag, terwyl ʼn dokter se loopbaan in die weegskaal hang.

Vrydag 8 April

Uys is nie heeltemal seker wat om van Zanel te maak nie. At raak gefrustreerd met Piet, terwyl Naomi op nog ʼn eienaardige toneel afkom. Rian doen ʼn ontdekking wat ʼn teorie kan staaf.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 4 April

AB en Mymoena wroeg daaroor of hulle die volle waarheid moet vertel, maar dan is daar verdere verwikkelinge met die penarie waarin hulle verkeer.

Dinsdag 5 April

AB word in ʼn onmoontlike posisie geplaas, terwyl Ty met Carlo se vriendskappe inmeng. Simon probeer sy agteruitgang wegsteek.

Woensdag 6 April

Dirk wil vir die Samsodiens ʼn bewys stuur om hulle berusting te gee, maar kry nie die nodige samewerking nie. Simon se toestand vererger.

Donderdag 7 April

Mymoena neem ʼn desperate besluit, terwyl Dirk en sy ma stry kry. Danni twyfel opnuut oor haar pa se gesondheid, en Lee-Ann ontdek iets wat Ty ontstel.

Vrydag 8 April

Mrs J is bekommerd oor Simon wat voorgee dat hy goed regkom, terwyl Ty vassit met Carlo en sy vriende. Mymoena is desperaat om hul nagmerrie te beëindig.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 4 April

Festus is bekommerd oor Koekie se gesondheid. Nesie se loopbaan staan voor ʼn kruispad. Die Pompoms is nuuskierig oor Ryno en Anastasia se vriendskap.

Dinsdag 5 April

Almal is bly Pottie’s behoort weer aan Pottie en Magda. Die vroue kry die uitslae van hul oudisies. Dinge raak ongemaklik tussen Anastasia en Ryno.

Woensdag 6 April

Dis die vroue se eerste oefening vir die konsert. Koekie ondergaan ʼn operasie. Jordan help vir Amanda met haar besering.

Donderdag 7 April

Jana onttrek uit die konsert. Ryno probeer sin maak van wat tussen hom en Anastasia gebeur. Koekie is terug by die huis.

Vrydag 8 April
Buks sukkel om by te hou met Nesie se buie. Charlie kom kuier by Simon en Lulu. Festus het ʼn verrassing vir Koekie.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 4 April

Eva vertel vir Lennie oor haar verlede en mishandeling deur Mario. Ingrid en Angel kuier saam met Priester en Ronnie op die Greyling-landgoed. Ronel is geïnteresseerd in Thys.

Dinsdag 5 April

Ingrid por die misverstande tussen Angel en Daniel aan op haar slinkse manier. Arme Ronel probeer haar pad terugvind na Thys, maar hy is op sy eie missie.

Woensdag 6 April

Angel sukkel om te verstaan wat tussen haar en Priester aan die gang is. Eva neem ʼn groot besluit oor haar nuwe lewe, terwyl Ruby probeer herstel ná haar val.

Donderdag 7 April

Ruby deel die trauma van haar verlede met Daniel en dit laat hom nadink oor Dorothy en Angel. Thys ontmoet sy muse en kan nie ophou om aan haar te dink nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.