Sepiegids: ʼn Rits partytjies neem Ruiterbosch op horings in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Ty staan voor die kansel in ‘Suidooster’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 1 November

Tracy se binneversiering is rede vir meer as een geveg, terwyl dit wil voorkom of nie een van die mans in Chanel se lewe vir haar die waarheid vertel nie.

Dinsdag 2 November

Louis hoor ʼn gesprek wat hom onrustig maak. Annelize vertel Steve dat sy inligting het wat sy nie moet hê nie, en Brandon se spreekbeurt krap Danny om.

Woensdag 3 November

Tertius dink Danny het ʼn groot fout gemaak, terwyl die ander wil weet wat die rede vir die besluit was. Conrad en At is woedend omdat Annelize uitgevind het van hulle plan.

Donderdag 4 November

Naomi vat vir Trudie vas nadat Louis vir Naomi gekonfronteer het. Tertius en Annelize kry stry oor ʼn pasiënt, terwyl Martin sy dade moet verdedig.

Vrydag 5 November

Louis en Naomi begin hulle eie afleidings maak oor wat Trudie aangevang het, en Martin dink hy weet hoe om Chanel ʼn bietjie op te beur.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 1 November

ʼn Handvol partytjies neem Ruiterbosch op horings, maar dinge werk anders uit as wat beplan is. Suster Graaff het nuus vir AB.

Dinsdag 2 November

Mymoena stoei met haar gewete, terwyl Zoe nuwe bedenkinge oor Donovan het. Ruiterbosch is in rep en roer vir ʼn belangrike gebeurtenis, maar alles verloop nie volgens plan nie.

Woensdag 3 November

Elana hunker steeds na ’n kind, terwyl Zoe iets verdags oor Donovan uitvind. Nazeem smeek AB om vergifnis en Siya ontstel vir Rhafiek.

Donderdag 4 November

Elana neem ’n groot besluit sonder Susan se wete, terwyl Tim en Zoe se heksejag teen Donovan nog iets oplewer. AB is vasberade om Nazeem aan die pen te laat ry.

Vrydag 5 November

AB sukkel om te aanvaar wat Mymoena gedoen het. Die nuus dat Elana en Susan wil swanger word, versprei soos ’n veldbrand. Bridgette het ’n moeilike besluit om te neem.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 1 November

Schalk en Jana ontmoet die Stryders se nuwe hulpafrigter. Simon en Yvonne sit vas oor Renate. Buks en Blitz is steeds in hul vrouens se slegte boekies.

Dinsdag 2 November

Simon sukkel om Renate se toestand te aanvaar. Bibi het groot nuus. Pine probeer om inligting oor die nuwe Stryders-afrigter te kry.

Woensdag 3 November

Renate grens aan breekpunt. Maryke is op ’n missie met Bibi se trouplanne. Amanda het haar visier op die nuwe afrigter.

Donderdag 4 November

Henk se eerste dag by die Stryders breek aan. Renate neem ’n drastiese besluit. Bibi is angstig oor die troue.

Vrydag 5 November

Dit is Buks vs. Blitz in die Sexiest Man-kompetisie. Simon ontvang ’n prokureursbrief. Henk vat die manne vas oor hulle gedrag teenoor die Pompoms.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 1 November

Mic en Ezra moet die waarheid in die gesig staar. Ronel probeer haar bes om weg te bly van Nolan, maar sy kan haarself net nie help nie.

Dinsdag 2 November

Die groot boksgeveg breek aan, maar als verloop nie soos Ingrid gehoop het nie. Thys is raadop oor sy huweliksprobleme, terwyl Lionel sukkel met Ayesha in sy ruimte.

Woensdag 3 November

Dit lyk asof Ronel en Thys se verhouding op die rotse is. Beatrice gee vir Ronel advies, maar sy neem dit verkeerd op. Layla wil weet of Caleb saam met haar oorsee gaan.

Donderdag 4 November

Thys neem ’n drastiese besluit wat Ronel diep ontstel. Lennie is geskok wanneer Ingrid vir hom vertel wat sy agter sy rug gedoen het. Beatrice se antwoord skok Ronel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.