Sepiegids: Naomi konfronteer Louis in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Germandt Geldenhuys as Louis in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 24 Januarie

ʼn Leuen lei tot ʼn skuldige gewete, terwyl Rian beïndruk word deur insig. Louis word verbaas deur ʼn besoeker, maar Naomi is nog meer verbaas oor bemarkingstegnieke en geld wat vermis word.

Dinsdag 25 Januarie

Tertius bevraagteken Rian se motiewe, maar Rian dink Tertius moet sy eie vooroordeel ondersoek. Naomi konfronteer Louis oor sy dade, terwyl Gaby ʼn les in fisika kry.

Woensdag 26 Januarie

Yolandi woeker met die waarheid, en Louis trek Naomi se vermoede in twyfel. Daar wag ʼn nare verrassing op Gaby, terwyl negatiewe kommentaar iemand se dag versuur.

Donderdag 27 Januarie

Louis se ontdekking lei tot groter probleme. Gaby en Annelize het ʼn ongemaklike interaksie, terwyl Ayanda goeie nuus ontvang. Yolandi se verleidelike stories lei tot nog ʼn hewige rusie.

Vrydag 28 Januarie

Conrad se onsekerheid word nie stil gemaak deur die polisie nie, terwyl Yolandi haar gladde tong inspan om onmin op vele vlakke te saai.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 24 Januarie

Nazeem is bekommerd of Greg dit oor die volgende hekkie gaan maak. Carlo wil die waarheid oor sy oom weet, terwyl Elana ’n pokerspel-aand beplan.

Dinsdag 25 Januarie

Wade probeer herstel, maar dinge werk nie uit soos hy hoop nie. Greg maak ’n paar glipse en Zoe raak agterdogtig. Rhafiek erken aan Justin dat hy gevoelens vir iemand het.

Woensdag 26 Januarie

Donovan reik uit na Bridgette, terwyl Wade iets sien wat hom ontsenu. Rhafiek wil nog tyd saam met Kaashifa deurbring.

Donderdag 27 Januarie

Bridgette stem in om ʼn nuwe projek te befonds, maar Zoe is skepties. Ty en Justin maak ’n moontlike konneksie met Wade se visioene, terwyl Yasmeen haar flikkers vir Rhafiek gooi.

Vrydag 28 Januarie

Greg bereik ’n kruispad in sy poging om uit Ruiterbosch te ontsnap. Ty kry nuwe inligting oor sy en Wade se ouers, terwyl ’n pokerspel by Anker ’n onverwagse wenner oplewer.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 24 Januarie

Amanda en Kristien is in ’n tweestryd. Die Pompoms lê oudisies vir die “Springbokkies” af. Simon sukkel om ’n enkelouer te wees.

Dinsdag 25 Januarie

Die Pompoms kry die uitslae van hul oudisies. Simon ontvang ’n uitnodiging na Lulu en Nico se troue. Kristien betrek vir Jana by haar plan teen Amanda.

Woensdag 26 Januarie

Maryke en Bibi verskyn op “Klits en Klets”. Jana beraam ’n plan om vir Kristien te help. Die Stryders smeek die Pompoms om vergifnis.

Donderdag 27 Januarie

Amanda wil almal teen Kristien draai. Lulu het ’n vreemde droom. Nesie sien iets wat sy nie moet nie.

Vrydag 28 Januarie

Kristien en Amanda skiet hulself in die voet. Die Pompoms kry die spelers terug. Simon konfronteer vir Yvonne oor haar inmengery.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 24 Januarie

Lennie is woedend oor Ingrid se verraad, terwyl Ingrid ook ’n duistere plan teen Beatrice beraam. Ronel is hartgebroke oor Nolan.

Dinsdag 25 Januarie

Ingrid reik uit na Debra na haar ervaring met Mario, maar sal Debra die toenadering aanvaar? Ronel konfronteer Nolan.

Woensdag 26 Januarie

Eva is bekommerd oor haar toekoms, maar Langes en Debra kom met ’n oplossing vorendag wat vir almal voordelig is. Ruby is opgewonde oor die dans by die skool.

Donderdag 27 Januarie

Beatrice se familie besef daar is groot fout. Clint deel sy teorieë oor wat met Beatrice gebeur het met Gertie. Beatrice word wakker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gato ·

Ek het lank terug opgehou om sepies te kyk. Dit word gebruik as propoganda media om die publiek onbewustelik gewoond te maak aan idees wat die regering wil bevorder. Daar is gedurig n ondertrouery tussen karakters. In 7de laan was omtrent almal al met mekaar getroud toe ek laas gekyk het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.