Sepiegids: Nazeem bereik nuwe laagtepunt in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

‘Suidooster’ se Nazeem. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 29 November                                                                

Steve deel Tracy se geldinsamelingsidees met Ruan, en Ilse is terug in Pretoria. Tertius deel vertroulike inligting met Annelize.

Dinsdag 30 November                                                                             

ʼn Amniosintese gaan nie sonder drama gebeur nie. Steve laat weet Tracy dat Ruan gereed is om met haar te praat, en Delia het ʼn besluit geneem oor die werk wat voorlê.

Woensdag 1 Desember

Toetsuitslae kan die hele wêreld op sy kop keer, terwyl Delia se eerlike antwoord op Rian se vraag skokgolwe deur die gange gaan stuur. Ilse sit met die hande in die hare.

Donderdag 2 Desember

Ilse dink na oor die betekenis van Tonik, en Delia moedig onwetend vir Rian aan om sy hart se donkerste hoeke te ondersoek. Naomi haal haar slegte bui op almal uit.

Vrydag 3 Desember

Chanel sien iets wat sy nie moet nie. ʼn Bekentenis word met opgeboude emosies begroet, en Louis het ʼn oplossing vir Ilse se probleem. Gaby verdedig dalk die verkeerde persoon in ʼn krisis.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 29 November               

Bridgette is oorweldig deur Donovan se dade, terwyl Susan met haar en Justin se geheim worstel. Die wedywering tussen Kate en Mrs J vat behoorlik vlam…

Dinsdag 30 November                                                                             

Bridgette kry die familie bymekaar vir ’n groot aankondiging. Susan wil dinge beëindig met Justin, terwyl die kompetisie vir die vasvra toeneem.

Woensdag 1 Desember

Zoe probeer vrede maak met Bridgette, en Nazeem bereik ’n nuwe laagtepunt. Ty wil sy spanmaats oortuig om met die kerk se vasvra te kul, terwyl Justin en Susan ’n geheime afspraak beplan.

Donderdag 2 Desember

Susan sukkel om twee lewens te lei. Mrs J en Kate kompeteer steeds, terwyl Zoe aanhou snuffel om vir Donovan uit te vang.

Vrydag 3 Desember

Dis tyd om basaar te hou en die dag is vol verrassings. Zoe en Donovan stamp koppe, terwyl Susan spook om Justin en Elana gelukkig te hou.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 29 November                                                                

Almal bied hul ondersteuning aan Ivy. Meyer oorweeg om by Bibi’s te bedank. Koekie en Festus het nuwe planne om geld te maak.

Dinsdag 30 November                                                                              

Koekie is op ’n missie om die pêrels terug te koop. Lulu en Nico neem hulle verhouding na die volgende vlak. Meyer aanvaar Liam se aanbod.

Woensdag 1 Desember

Renate het nog ’n woedeuitbarsting. Ivy en Jana gaan voort met die artikel. Koekie en Festus skarrel om genoeg geld bymekaar te kry.

Donderdag 2 Desember

Koekie en Festus ontvang nuus oor die pêrels. SinBin publiseer ’n artikel oor Ivy. Simon het ’n afspraak met Renate.

Vrydag 3 Desember

’n Ongemaklikheid heers by die Stryders weens Jana se artikel. Simon roep Virginia se hulp in met Regardt. Liam ontvang slegte nuus oor sy onderneming.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 29 November                                                                 

Beatrice kla teenoor Gertie dat sy gefrustreerd is met Thys se onverantwoordelike gedrag. Debra lieg vir Lorenzo dat sy en Langes uitgemaak het.

Dinsdag 30 November                                                                             

Bompie stuur sy spioen uit om Langes se storie te bevestig. Janice probeer orde in haar huis skep en Lennie en Ingrid is optimisties oor die toekoms.

Woensdag 1 Desember

Janice het haar hande vol met Thys en Lionel se nuwe leefstyl by haar huis. Bianca maak ’n onverwagse aankondiging. Ayesha oorweeg dit om uit te trek.

Donderdag 2 Desember

Langes moet ’n opdrag van Mario uitvoer, maar sal sy gewete dit toelaat? Lionel en Janice sit vas oor sy betrokkenheid by die boksklub.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piet ·

Gee sommer ‘n voorsmakie van die volgende 3 maande. Behoort net so 10 reels te wees……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.