Sepiegids: Nuwe hoop vir Samsodiens in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Cedwyn Joel as Abdullah (AB) Samsodien in ‘Suidooster’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET
Maandag 11 April
Delia se versoek vul Conrad met vrees. Karen voel sleg oor die situasie met Liam, terwyl daar duidelik kompetisie tussen Elton en dr. Vorster is. Chanel se stryd met haar voorkoms vat vlam.

Dinsdag 12 April
Nicolette saai onmin tussen Karen, Gaby en Chanel, en Conrad se ondervraging gaan nie ongesiens verby nie. Tertius en Annelize verskil oor waar hulle fokus moet wees.

Woensdag 13 April
Uys probeer meer uitvind oor ʼn nuwe dokter. Die waarheid lei tot ʼn grootskaalse konfrontasie, terwyl ʼn wit leuentjie veronderstel is om die waarheid te verdoesel.

Donderdag 14 April
Chanel is baie krities oor haarself. Niemand is tevrede met Conrad se besluite nie, en ʼn ontmoeting verloop nie volgens plan nie. Nicolette se weerlose oomblik maak Gaby sag.

Vrydag 15 April
Sosiale media maak Chanel meer obsessief, terwyl Louis die gevolge van Piet se aksies met Naomi moet deel. Daar word ʼn soektog van stapel gestuur: Amalia is nie die enigste een wat weg is nie.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 11 April
Simon het ʼn aksiebelaaide dag, terwyl Dirk ʼn kant van sy ma sien wat hy nie ken nie. Die Samsodiens is gefrustreerd dat hulle geen nuus ontvang nie, totdat dit gebeur.

Dinsdag 12 April
Mymoena besef sy kan nie haar geheim vir haarself hou nie. Die drie seuns het kontant nodig, terwyl Wade vir Elana smeek om ʼn partytjie te reël.

Woensdag 13 April
Daar is nuwe hoop vir die Samsodiens. Nazeem ontdek iets wat ʼn groot impak op die Samsodiens se situasie kan hê. Danni en Siya neem ter wille van Simon ʼn drastiese besluit oor hulle troue.

Donderdag 14 April
Dirk wroeg met sy skuldgevoelens, terwyl Danni en Siya die beste van ʼn moeilike situasie probeer maak. Elana besef dat Wade se partytjie ʼn reusesukses was.

Vrydag 15 April
Simon wil nie meer vir Danni by die kerk inbring nie. Hardus maak planne om na Wade se volgende partytjie toe te gaan en daar is dalk lig aan die einde van die tonnel vir Bianca.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET
Maandag 11 April
Lulu besin oor haar rol in Regardt se lewe. Charlie maak amok in die Greeff-huis. Maryke vertrou nie die “nuwe” Amanda nie.

Dinsdag 12 April
Blitz is bekommerd oor Ryno en Anastasia. Nesie neem ʼn besluit oor haar en Buks se toekoms. Amanda storm voort met Jordan se webblad.

Woensdag 13 April
Buks en Nesie sukkel om ʼn middeweg te vind. Die vroue het groot planne vir die konsert. Yvonne voer iets in die mou.

Donderdag 14 April
Dis die konsert teen internet-boelies. Buks en Nesie is raadop. Yvonne probeer om vir Charlie in die versoeking te lei – met vleis.

Vrydag 15 April
Buks en Nesie se meningsverskil bereik kookpunt. Charlie word deur Simon se Paaseiers verlei. Bibi word by Amanda en Kristien se oorlog betrek.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 11 April
Angel vertel vir Ingrid dat sy vermoed Daniel en Candice is meer as vriende. Ruby vertel haar nuwe familie wat sy moet doen om gesond te word. Thys soek steeds na Dominique in die park.

Dinsdag 12 April
Eva verras almal met haar toespraak. Langes deel iets met Angel wat haar in ʼn ongemaklike posisie plaas. Candice vra vir Anton om hulp.

Woensdag 13 April
Ingrid probeer Angel van Bompie weghou, maar Angel luister eerder na Priester se raad. Thys is aangenaam verras wanneer Dominique hom opspoor. Candice lei vir Ruby op ʼn nuwe herstelpad.

Donderdag 14 April
Ingrid besoek Bompie met ʼn waarskuwing. Priester se plan met Angel kry momentum. Ronel wonder oor die nuwe vrou in Thys se lewe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Alta Alleman

Waarom kan Suid Ooster nie by Binnelanders leer en die storielyn kort en kragtig hou nie.? Dis so uitgerek dat dit eintlik verveeld raak.