Sepiegids: Nuweling wil Danny afrokkel in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

 

Nadine en Danny in ‘Binnelanders’. (Foto: Verskaf)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 18 Oktober

Vida, Danny se ma, maak kontak met haar familie, en Tertius praat met Gaby oor Annelize. Chanel word onkant gevang met nuus wat Martin deel, terwyl Annelize opsien vir die taak wat voorlê.

Dinsdag 19 Oktober

ʼn Ete-uitnodiging veroorsaak konflik, terwyl Conrad vir Tracy ʼn groot guns vra. Annetjie hoor iets wat sy nie moet hoor nie – en wat sy nie vir haarself kan hou nie.

Woensdag 20 Oktober

Die verpleegsters se aandjie uit word bederf deur ‘die vyand’ se teenwoordigheid. Danny en Chanel steek goed vir mekaar weg, en Nadine, ʼn opwindende nuweling, wil Danny deel maak van haar span.

Donderdag 21 Oktober

Annelize ontmasker Xander aan Steve en Conrad, terwyl Naomi besef Tracy is in die donker oor wat die vorige aand gebeur het – en Gaby dink hulle moet haar inspan om hulle te help.

Vrydag 22 Oktober

Danny kry sy eerste opdrag, en Gaby het baie vrae vir Tertius. Boeta is dringend op soek na Naomi, maar sy besef nie die erns daarvan nie. Tracy voel soos die vyfde wiel aan die wa.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 18 Oktober

Nazeem is vasbeslote om vir AB te help. Carlo vang vir Ty en Lee-Ann onkant. Wade ontmoet iemand van wie hy dadelik hou.

Dinsdag 19 Oktober

Donovan wil vir Bridgette uitneem, maar sy is huiwerig. Mymoena vra vir Nazeem om ’n drastiese plan te maak met AB se situasie. Wade gaan op ’n Kuierkêrel-afspraak.

Woensdag 20 Oktober

Die druk op Nazeem neem toe terwyl Bridgette haar nuwe geheim geniet. Wade bevind hom in ’n moeilike situasie.

Donderdag 21 Oktober

Bridgette en Donovan word op heterdaad betrap, terwyl AB en Rhafiek se nuwe plan Mymoena ontstel. Wade slaan twee vlieë met een klap.

Vrydag 22 Oktober

Nazeem se plan tel spoed op, maar sal Mymoena aanhou saamspeel? Donovan en Bridgette word byna uitgevang, terwyl Wade moet kies tussen sake en romanse.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET

Maandag 18 Oktober

Schalk en Fafa ontvang groot nuus. Nesie maak gereed vir Buks se veldtog. Ryno is moedeloos oor Meyer.

Dinsdag 19 Oktober

Lulu stel Nico voor aan Anja. Lienkie en Nesie is in ’n tweestryd oor die sexyste man- kompetisie. Liam ontvang slegte nuus.

Woensdag 20 Oktober

Die kompetisie tussen Lienkie en Nesie raak lelik. Lulu moet ’n besluit oor Nico neem. Kristien kry haar werk terug.

Donderdag 21 Oktober

Schalk en Fafa kry baie groot nuus. Nesie wys vir Buks hoe om sexy te wees. Simon ontmoet vir Nico.

Vrydag 22 Oktober

Maryke wil hê Renate moet die lig oor haar kiemfobie sien. Dinge is ongemaklik tussen Ryno en Meyer. Schalk ontmoet Bart se informant.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 18 Oktober

Thys erken teenoor Beatrice dat daar krake in sy huwelik is ná die ongeluk. Ezra en Mic is opgewonde oor die volgende poets wat hulle op Hein gaan bak. Ronel en Nolan se vriendskap groei.

Dinsdag 19 Oktober

Yvette is bekommerd oor Hein terwyl Ronel en Thys probeer om hulle huwelik te herstel. Beatrice verbied Daniel om na Angelique te soek.

Woensdag 20 Oktober

Ingrid beraam ’n duistere plan met Lennie en die boksklub. Thys doen ’n desperate stap om sy huwelik met Ronel te red. Daniel maak ’n onverwagse ontdekking.

Donderdag 21 Oktober

Ingrid se plan teen Lennie skop in met ’n skinderstorie wat sy oor hom opmaak. Thys probeer na Ronel uitreik, maar sy bly op ’n afstand. Jamie vertel vir Beatrice die waarheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.