Sepiegids: Pine en Jana op reeksverkragter se spoor in ‘GMR’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Jana in ‘Getroud met rugby’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 13 Desember

Conrad word belas met nog ʼn geheim, terwyl Janneke se geduld beproef word deur Wimpie. Vicky se idee word Elise se meesterplan – maar sy gaan baie hulp benodig.

Dinsdag 14 Desember

Janneke maak haar hart oop teenoor Steve, terwyl daar rede is vir Vicky om opgewonde te raak. Annelize spreek Louis onder vier oë, terwyl daar bekommernis begin broei.

Woensdag 15 Desember

Annelize moet besluit of sy haar sterk vermoedens gaan deel, en Danny vertel Steve van Elise se geheime wapen. Rian probeer Conrad tot nuwe insigte lei.

Donderdag 16 Desember

Delia veroorsaak spanning tussen twee ou vriende, en ʼn ete-uitnodiging kan dalk iets groters beteken. Louis moet ʼn besluit neem oor sy stilswye.

Vrydag 17 Desember

Rian is gereed vir At se konfrontasie, terwyl Louis pleidooie links en regs rig. Steve is geskok in Vicky se optrede, maar word veral onkant betrap deur ʼn foto.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 13 Desember

Zoe probeer om Bridgette en Donovan se verhouding te aanvaar. Bianca sien daar kom moeilikheid met die nuwe koorleier en Elana wroeg.

Dinsdag 14 Desember

Mrs J gee vir Justin stof tot nadenke, en Siya het sy hande vol met die Kerssangdiens. Bridgette doen iets impulsiefs, terwyl Elana se dag tot ʼn onverwagse einde kom.

Woensdag 15 Desember

Mrs J gaan uit haar pad om vir Bridgette te ondersteun. Elana lewer ʼn emosionele pleidooi en die kooroefeninge is glad nie meer ʼn plesier nie.

Donderdag 16 Desember

Susan konfronteer vir Elana, en daar is groot moles tussen Celeste en die koor. Wade moet vir Carlo by ʼn maat se partytjie gaan aflaai, maar dan loop dinge skeef.

Vrydag 17 Desember

Elana trek swaar ná Susan se verraad. Zoe verras vir Bridgette en Donovan, en Bianca maak ʼn plan met die Kerskoor.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 13 Desember

Schalk berou sy ooreenkoms met Matt. Pine en Jana is op die reeksverkragter se spoor. Die uitbreking van masels het almal op hol.

Dinsdag 14 Desember

Jana vind ʼn verdagte. Festus probeer sy verpligtinge as verpleër ontduik. Dinge raak ernstig tussen Meyer en Ryno.

Woensdag 15 Desember

Jana is vasbeslote om haar verdagte skuldig te bewys. Fafa het ʼn jeukplek wat hy nie kan krap nie. Ryno druk Meyer om by hom in te trek.

Donderdag 16 Desember

Lulu kondig aan wie haar hoofstrooimeisie gaan wees. Meyer voel asof Ryno hom oorweldig. Zappa jok oor sy alibi.

Vrydag 17 Desember

Jana deel haar vermoedens oor die verkragter met Kristien. Meyer en Ryno tref ʼn “spoedhobbel”. Koekie vra vir Magda ʼn guns.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 13 Desember

Janice verloor beheer wanneer sy met ʼn selfvoldane Ingrid gekonfronteer word, maar Ingrid word deur Debra op haar plek gesit. Langes het breekpunt bereik.

Dinsdag 14 Desember

Ingrid daag Janice uit tot ʼn boksgeveg, maar Lionel dink nie dis ʼn goeie idee nie. Langes kom voor ʼn kruispad in sy pogings om Eva te help en Fred wonder oor Elsa se ware planne.

Woensdag 15 Desember

Langes vra vir Debra om hom te help om vir Eva te red. Janice en Ingrid se boksgeveg veroorsaak verhoudingsprobleme. Elsa bedank by die werk en begin dink aan haar toekoms.

Donderdag 16 Desember

Lionel stel die persoon wat hy die meeste vertrou aan om Janice se nuwe boksafrigter te wees. Nolan is optimisties oor die toekoms. Elsa is bekommerd oor Mielies se planne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chantel ·

GMR – Zappa is volgens my nie die skuldige nie. Ek vermoed die nuwe afrigter, Henk. Kom ons kyk of ek verkeerd is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.