Sepiegids: Pottie verdwyn in ‘GMR’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Elsabé Zietsman as Magda, Pottie se bekommerde vrou, in ‘Getroud met rugby’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 7 Maart

Conrad en Tracy se kuiertjie word ʼn spanwerkgeleentheid. Tertius probeer Annelize betrek by ʼn familiegeleentheid, en Martin konfronteer vir Chanel oor haar gedrag.

Dinsdag 8 Maart

Familie word ʼn twispunt, en Naomi dink Louis moet met Delia praat oor sosiale media. Chanel en Martin kry ʼn geleentheid om die lug te suiwer.

Woensdag 9 Maart

Martin bied die tuinwoonstel aan as ʼn toevlugsoord, terwyl Hugo van Martin se planne hoor. Annelize moet noodgedwonge nog ʼn uitnodiging rig, en Rian wil weer toetse laat doen.

Donderdag 10 Maart

Chanel voel skielik die druk oor Martin se ware intensies, terwyl Martin nie iemand is wat maklik afgeskrik word nie. Tracy dink sy weet presies wat met Conrad aan die gang is.

Vrydag 11 Maart

Die verpleegsters is opgewonde oor ʼn kursus, terwyl Tertius ʼn waarskuwing rig aan Annelize se oor haar veglus. Binneland Kliniek haal die koerante, en Louis voel oorweldig.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 7 Maart

Samantha onthul iets skokkends aan Justin, terwyl Mymoena sukkel om ’n werkende ouma te wees. Yasmeen vermoed Kaashifa steek iets weg en Bennie is vies oor die talentkompetisie.

Dinsdag 8 Maart

Tim probeer keer dat Mymoena bedank, maar Bridgette verwelkom dit. Susan is terug en dring aan om met Samantha te praat, terwyl Yasmeen rooi sien.

Woensdag 9 Maart

Samantha beraam ’n nuwe, donker plan vir haar en Justin. Nazeem konfronteer Tim oor verwikkelinge by JPD, terwyl Rhafiek ’n moeilike besluit neem.

Donderdag 10 Maart

Yasmeen en Rhafiek se verhouding kom by ’n vurk in die pad, en sake loop al weer skeef vir Mymoena by JPD. Intussen is Justin in ʼn benarde posisie.

Vrydag 11 Maart

Daar blyk min opsies te wees vir Justin, terwyl Mymoena ’n kans waag en daarvoor beloon word. Siya gee vir Rhafiek stof tot nadenke.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 7 Maart

Bibi ontmoet vir Ashton. Jana maak ’n konneksie tussen Amanda en Pine se aanvaller. Buks en Nesie moet vir Petro terugneem na haar ma toe.

Dinsdag 8 Maart

Lulu en Simon neem ’n belangrike besluit. Petro is woedend vir haar ma. Kristien probeer uitvind waarmee Amanda vir Schalk afpers.

Woensdag 9 Maart

Dis ’n groot dag vir Simon en Lulu. Pine probeer om inligting by Matt te koop. Ryno en Blitz begrawe die strydbyl.

Donderdag 10 Maart

Amanda druk vir Schalk in ’n hoek. Almal is opgewonde oor Simon en Lulu se groot nuus. Buks en Nesie is bekommerd oor Petro.

Vrydag 11 Maart

Pottie verdwyn. Die skrif is aan die muur vir Ryno en Ashton. Jana besluit om in te gryp tussen Kristien en Schalk.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 7 Maart

Thys vaar uit teenoor Lionel oor Gertie se testament. Daniel is desperaat om Angel in die hande te kry. Jo-Ann, van Die Arendsvleier, stel ’n ontstellende versoek aan Ayesha.

Dinsdag 8 Maart

Die spanning tussen Beatrice en Thys raak al erger. Janice en Lionel sukkel om mekaar te vind in hul verhouding terwyl Ingrid nog steeds besig is met haar slinkse plan.

Woensdag 9 Maart

Sam wil dinge regmaak tussen Thys en Beatrice. Angel probeer aan beweeg met haar lewe en Lionel het geen idee hoe om vir Janice terug te wen nie.

Donderdag 10 Maart

Lionel maak ’n onverwagse aankondiging wat vir Janice heeltemal ontkant vang. Ruby sukkel om aan te pas by haar nuwe omstandige. Beatrice dreig om uit haar eie huis te trek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.