Sepiegids: Simon skep spanning tussen Lulu, Nico in ‘GMR’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Ansu Visser as Lulu in ‘Getroud met rugby’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 10 Januarie

Louis se vertoning het nog belangstelling uitgelok. Steve deel sy dilemma met Jared met Marissa, terwyl Annelize se raad aan Gaby spanning tussen haar en Tertius veroorsaak.

Dinsdag 11 Januarie

Naomi se aanmoediging kan moontlik Louis se besluit verander, terwyl die spoke van Steve se verlede hom noodsaak om ʼn drastiese besluit te neem.

Woensdag 12 Januarie

Steve speel oop kaarte met Bronwyn, terwyl ʼn projek vir Annelize aanspoor om aan die toekoms te dink. Conrad raak bekommerd oor ʼn aandeelhouer.

Donderdag 13 Januarie

ʼn Ontdekking verander Steve in ʼn baie harde man, terwyl ʼn ongeluk toenadering bring. Naomi se uitputtende dag gaan ongesiens verby.

Vrydag 14 Januarie

Marissa het nie die maklikste taak op hande nie, terwyl Annelize onkant betrap word deur iets wat sy waarneem. Joline probeer Louis herinner aan wat belangrik is.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 10 Januarie

Ty is raadop met Wade, maar Lee-Ann maak ʼn plan. Donovan is bekommerd oor sy broer, terwyl Rhafiek vir Susan ʼn aanbod maak.

Dinsdag 11 Januarie

Susan geniet haar eerste dag by haar nuwe werk, en Ty vind uit dat Wade nie die spoke van die verlede gelos het nie. Tim bring skokkende nuus oor Greg.

Woensdag 12 Januarie

Lee-Ann vat die Daniels-broers vas, en Elana probeer iets nuuts doen. Bridgette kom van iets ontstellends te hore, terwyl Greg in die warm water beland …

Donderdag 13 Januarie

Ty doen sy bes om Carlo te oortuig om huis toe te kom. Mrs J het genoeg gehad van mense wat inmeng en Chris het iets interessants uitgevind.

Vrydag 14 Januarie

Donovan is steeds agterdogtig ná Greg se dwelmtoets en besluit om stappe te doen. Wade maak Carlo nog banger vir spoke, terwyl Rhafiek en Kaashifa mekaar se geselskap geniet.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 10 Januarie

Jana word by Kristien en Amanda se konflik ingesleep. Liam en Meyer neem ʼn groot besluit. Nico se ware gevoelens oor Simon kom na vore.

Dinsdag 11 Januarie

Kristien is gefrustreerd met Amanda se agterbaksheid. Schalk is bang sy verlede gaan hom inhaal. Bibi en Maryke is geskok deur Meyer se aankondiging.

Woensdag 12 Januarie

Ryno vind uit van Meyer se planne. Kristien versterk die lojaliteit van haar binnekring. Die Pompoms maak gereed om stof in die manne se oë te skop.

Donderdag 13 Januarie

Ryno neem afskeid van Meyer. Lienkie probeer om Amanda se vertroue te wen. Candice vind gaste vir haar kletsprogram.

Vrydag 14 Januarie

Kristien en Lienkie span kragte saam om Amanda te uitoorlê. Maryke en Bibi groet vir Meyer. Simon veroorsaak spanning tussen Lulu en Nico.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 10 Januarie

Langes, Eva en Debra sukkel om tot verhaal te kom ná die skietvoorval. Ingrid sê vir Lennie hoe sy oor Lennie se huweliksaansoek en ultimatum voel.

Dinsdag 11 Januarie

Ingrid sit die bal aan die rol vir die klub. Ayesha sien senuweeagtig uit na haar eerste werksdag en Karelse het nuus vir Eva.

Woensdag 12 Januarie

Lennie is woedend oor Ingrid se verraad, terwyl Ingrid ook ʼn duistere plan teen Beatrice beraam. Ronel is gebroke oor Nolan, terwyl Ayesha sukkel om beheer oor haar klas te kry.

Donderdag 13 Januarie

Ingrid reik uit na Debra ná haar ervaring met Mario, maar sal Debra die toenadering aanvaar? Ronel konfronteer Nolan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.