Sepiegids: Soekie wil die pad vat in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Antoinette Kellerman as Soekie in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 30 Januarie

Bronwyn se masker val voor Annelize af, en Gaby wil vir Stiaan konfronteer. Soekie besef Conrad glo nie haar bewerings nie, en Zee volg leidrade op ʼn drafroete.

Dinsdag 31 Januarie

Joline se aanmoediging laat Conrad na Jacques uitreik. Naomi vermoed sy het die antwoord op ʼn lewensbelangrike vraag. Soekie is nie beïndruk met wat sy hoor nie en vat vir Annelize vas.

Woensdag 1 Februarie

Louis moet Bronwyn se woede trotseer terwyl Soekie meer as een persoon die harnas injaag. Uys is nie die enigste een wat in warm water beland nie.

Donderdag 2 Februarie

Steve voel skuldig teenoor Ewa, en dinge is ongemaklik met Bronwyn. Soekie wil die pad vat, maar word met vrae gepeper. Rian trap vir Uys uit, en Liam moet ʼn besluit neem.

Vrydag 3 Februarie

Soekie weet hoe om die speletjie te speel, en At vra vir Jacques ʼn guns. Stiaan het ʼn boodskap vir Armand, en Steve praat met Danny oor Bronwyn.

Suidooster

Weekdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 30 Januarie

Nazeem maak dit duidelik dat Tim sy vermoedens vir homself moet hou. Bennie vra raad by Ty en Chris, terwyl Zoe ʼn versoek aan Bridgette rig.

Dinsdag 31 Januarie

Wade word gedwing om saam met Ginell te kuier, maar Angie kom op hulle af. Bennie voel goor omdat hy dit nie kon regkry om Linda te soen nie, terwyl Zoe ʼn groot aankondiging maak.

Woensdag 1 Februarie

Nazeem worstel met sy gevoelens terwyl Angie en Wade probeer om Justin van hulle verhouding te oortuig. Bennie het ʼn belangrike vraag vir Linda.

Donderdag 2 Februarie

Zoe skok almal wanneer sy haar vlug Boston toe vervroeg. Bennie wil ʼn partytjie reël en Wade se leuens haal hom amper in.

Vrydag 3 Februarie

Linda en Bennie probeer vir almal bewys hulle is ernstig oor hul besluit. Wade en Angie wil hulle verhouding bekend maak, terwyl iemand onverwags in Ruiterbosch opdaag.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 30 Januarie

Meghan ontmoet Deedee se eksman, en Anja is nie gelukkig met Rossouw se aksies nie. Pam kry moed vir ʼn koppie tee, en Gys manipuleer vir Sanet.

Dinsdag 31 Januarie

Meghan se harde werk kan in die wiele gery word deur Gys. Sanet probeer hard om haar verhouding met Rossouw te red. Zelda is gelukkig met haar plan.

Woensdag 1 Februarie

Rossouw en Anja moet saamwerk om Karla se angstigheid te tem, terwyl Gys sy frustrasies uithaal op Johan. Sanet kry raad terwyl Nina vir Wim ʼn guns vra.

Donderdag 2 Februarie

Meghan wil weet wie Gys werklik is. Rossouw is nie die enigste een wat in ʼn bui is nie. Arno se donker konkelwerk laat hom na ontvlugting soek – en dit lei tot ʼn rusie.

Vrydag 3 Februarie

Stilte maak ʼn kruispad-keuse makliker, terwyl Sanet raad soek by Jacques. Lettie het ʼn nuwe uitdaging vir Henry, terwyl Christelle skokkende nuus met Johan deel.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 30 Januarie

Die nuwe lid van die Cupido-familie word genooi vir aandete, maar alles verloop nie volgens plan nie. Clint konfronteer Bompie, terwyl Ayesha wonder oor Langes en Emile se verhouding.

Dinsdag 31 Januarie

Beatrice vertel vir Gertie dat hulle nie baie langer George se geheim sal kan hou nie. Cherry begin vriende maak by die skool, maar haar dag eindig dan op ʼn baie slegte noot.

Woensdag 1 Februarie

Cherry en Ivy sit vas ná Cherry haar ma en haar pa hoor baklei het. Langes is ontsteld as Emile weer vir die haweloses kos en klere uitdeel sonder om hom te sê. Anthony wil hê die Cupido’s moet sy vrou ontmoet.

Donderdag 2 Februarie

Langes se plan om Emile uit te kry werk nie. Cherry se familie maak hul buiging en die Cupido’s breek brood met die nuwe familie. Emile trek by Tally se woonplek in.

Vrydag 3 Februarie

Thys en Gertie oortuig Beatrice om Anthony se aansoek te oorweeg. JP en Yvette se verhouding kry vlerke en die Leigh’s is onseker oor hul toekoms. Lionel vind iets groot uit wat die toekoms van die sokkerspan kan vernietig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.