Sepiegids: Susan speel speurder in ‘Suidooster’; Birdy kry hartseer nuus in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Herschel (Emile Hager) in “Suidooster”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 22 April

Liam word vasgevat, en Louis vermoed Naomi raak sentimenteel. Bonnie vertel Annetjie iets wat sy nie geweet het nie. Tertius kry die skok van sy lewe.

Dinsdag 23 April

Delia probeer Liam oortuig om nie te baklei nie, Tertius word gedruk om die TB-middel te steel, en Annetjie vind uit wat in die linnekamer gebeur.

Woensdag 24 April

Tertius word onder kruisverhoor geplaas, en Liam sukkel om inligting oor Dawid te verwerk. Annetjie word deur die Binnelanders se liefdesintriges geïnspireer.

Donderdag 25 April

Liam kom tot ʼn moeilike besluit te staan, en Febé stort haar hart teenoor ʼn kollega uit. Conrad oorweeg Tertius se voorstel, en die druk raak al meer.

Vrydag 26 April

Almal is verbaas wanneer ʼn verhouding tot ʼn einde kom. Annetjie het ʼn moeilike onderhoud met Conrad, en dinge loop skeef met ʼn uitruiling.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 22 April

Kate en Aiden is bekommerd oor Gary, maar hy is min gepla. Susan kry weer oproepe van die vreemde man en Bridgette probeer haar regruk, maar dan loop alles lelik skeef.

Dinsdag 23 April

Bridgette is verdagte nommer een. Susan is in twee geskeur, maar belowe Elana sy sal nie enige onverantwoordelike besluite neem nie.

Woensdag 24 April

Tim het ʼn plan, maar gaan dit werk? Susan kry nuwe inligting oor die hofsaak, terwyl Danni haar by ʼn kruispad bevind.

Donderdag 25 April

Tim se bose planne werk mooi uit. Die Booysen-broers loop hulle vas met die liefde, en Susan sluip rond om speurder te speel.

Vrydag 26 April

Susan probeer steeds hard om die regte ding te doen, en Danni waag ʼn groot kans. Nes Zoë dink dinge is weer normaal, gebeur iets onverwags.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 22 April

Karla wil hê Charity moet ʼn geheim van Arno weerhou, maar hy is woedend wanneer hy uitvind. Mohavi gee vir Tshepo ʼn spesiale geskenk.

Dinsdag 23 April

Anja beraam ʼn plan om haar storie terug in eie hande te neem. Tshepo geniet dit om sy neef te leer ken, en Karla en Arno se verhouding bereik ʼn kruispad.

Woensdag 24 April

Anja het groot nuus vir Jacques, en Karla maak oop teenoor Chris oor haar probleme met Arno.

Donderdag 25 April

Tshepo kry skokkende nuus oor sy neef. Sanet hoop gevoelens ontwikkel tussen Karla en Chris. Gys en Pam is vol selfvertroue oor die aankondiging.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 22 April

Lee-Roy vind uit dat Devon van hom hou. Birdy ontvang hartseer nuus. Audrey vind meer uit oor Monique se dood en konfronteer vir Desmond daaroor.

Dinsdag 23 April

Janice oorhandig die petisie aan Desmond. Judy ontvang ʼn onverwagte versoek. Sasha is teleurgesteld met die ontwikkelinge tussen Devon en Lee-Roy.

Woensdag 24 April

Lee-Roy is onseker oor die beperkinge wat hy op sy verhouding met Devon geplaas het. Hein is geskok deur Birdy se onthulling. Audrey waarsku Rachel teen Bompie.

Donderdag 25 April

Lee-Roy sien ʼn ander kant van Devon. Thys vang Bianca onkant met ʼn groot vraag. Die winkelsentrum se huurders besluit om sake in eie hande te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Alta Alleman ·

Ek vra asb baie mooi dat Diepe Waters by Afrikaans hou. Ek verstaan nie die ander taal nie. Ek kyk Kyknet nie Mnet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.