Sepiegids: Tracy, Delia speel oop kaarte in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Tracy (Melinda Viljoen) in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 5 September

Tracy bespreek haar bekommernis met Steve. ʼn Noodgeval veroorsaak buierigheid. Danny besef dat groot antwoorde nie moeilik hoef te wees nie, en daar is uiteenlopende reaksies op ʼn groot idee.

Dinsdag 6 September

Die groot trek na Conrad lewer meer as een verrassing op. Helena het net liefde op die hart. ʼn Notaboekie en pen laat Delia wonder, terwyl Steve ʼn ernstige gesprek met die kinders moet hê.

Woensdag 7 September

Rita begin die groter prentjie sien en dan kry sy met Ben te doen. Louis is bekommerd oor Conrad se verhouding. Steve maak ʼn onthulling teenoor Annelize. Die modeparade geniet aandag.

Donderdag 8 September

Rita pak die bul by die horings. Gaby blaas stoom af oor Annelize, en Karen is bekommerd oor Liam. ʼn Geheimsinnige Chanel wurm haar uit ʼn naweek weg. Tracy speel oop kaarte met Delia.

Vrydag 9 September

Rita is nie baie gelukkig met die oproep wat sy ontvang nie. Steve besef hoe alleen Annelize is. Louis se vrae laat Delia ontplof. Chanel wil van haar onnodige besittings begin ontslae raak.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 5 September

Die Samsodiens het ’n dag vol verrassings, terwyl Tim groot nuus kry. Wade het goeie bedoelings, maar sy besluite maak hom ongewild by sy naastes.

Dinsdag 6 September

Kaashifa vang Rhafiek en die hele Ruiterbosch onkant wanneer sy aansienlik beter voel. Nazeem span sy web al stywer om sy nuwe handlanger.

Woensdag 7 September

Wade is nie gelukkig met takies wat hy moet uitvoer nie en probeer kop uittrek, terwyl Zoe begin twyfel oor haar en Tim se toekoms. Mrs. J is gespanne oor die buitelandse vakansie.

Donderdag 8 September

Ty raak agterdogtig oor Wade se werk, terwyl Rhafiek ’n verrassing vir Kaashifa beplan. Bridgette deel nuus met haar kollegas.

Vrydag 9 September

Bridgette besluit om die verlede te begrawe, maar is dit regtig ʼn kwessie van vergewe en vergeet? Wade probeer loskom uit die houvas wat iemand op hom het.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 5 September

Lulu is ontsteld omdat Wouter se kinders nie van haar hou nie. Anastasia gryp in by Ryno en Damon se verhouding. Kristien vind uit wie die foto geneem het.

Dinsdag 6 September

Die Pompoms ontvang nuus. Ryno en Damon besluit om hulle verhouding geheim te hou. Lulu ontvang ’n boodskap van Wouter se eks-vrou.

Woensdag 7 September

Die Stryders kom tot die Pompoms se redding. Lulu is raadop met Wouter se kinders. Lienkie se toestand vererger.

Donderdag 8 September

Kristien is nog steeds gekant teen Chris se geveg. Die Pompoms is terug op hulle pos. Lienkie het ’n doktersafspraak.

Vrydag 9 September

Lienkie kry skokkende nuus. Kristien besluit om Chris met sy geveg te ondersteun. Damon wil hê hy en Ryno moet weer saam in die openbaar verskyn.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 5 September

Dit is Anton en Nicolene se troudag, maar ’n ramp vind plaas kort voor die seremonie. Janice sukkel in haar nuwe pos as eienaar van Mortlocks. Daniel beloof hy sal altyd na Angel soek.

Dinsdag 6 September

Almal probeer sin maak van die groot tragedie en treur op hulle eie manier. Dominique probeer na Thys uitreik. Hein weet nie wat om te doen nie en het dalk breekpunt bereik.

Woensdag 7 September

Hein is ontsteld as Nicolene ’n onverwagte besluit neem. Lennie waarsku Eric dat daar gevolge sal wees as hy weer by ’n onwettige boksgeveg betrokke raak.

Donderdag 8 September

Hein bly Yvette se hulp verwerp. Lionel beraam ’n nuwe plan om meer tyd saam met Janice deur te bring. Lennie het groot planne vir Eric.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.