Sepiegids: Trouklokke lui in ‘Suidooster’ en jong dokters beïndruk in ‘Binnelanders’

Hans Strydom as At Koster in “Binnelanders”. (Foto: Skermgreep)

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 18 April

Steve word onkant gevang deur ʼn antwoord van Vicky. Tertius vertrou glad nie die Kosters nie. Liam probeer red wat daar te redde is, en Andries rig ʼn pleidooi aan sy dogter.

Dinsdag 19 April

Jazzy maak ʼn bekentenis, en Louis het sy mes in vir At. ʼn Koue skouer is al wat ʼn dokter nodig het, en Delia wil At spreek. Conrad se woorde mag dalk net op dowe ore val.

Woensdag 20 April

Zee maak ʼn bekentenis aan Uys. ʼn Partytjie ontstel vir Steve, en Delia deel ʼn baie groot besluit. Emosies kan nie meer onderdruk word nie, terwyl Rian spanning bespeur tussen ʼn paartjie.

Donderdag 21 April

Ten spyte van spanning word daar besluit op ʼn plan van aksie – en ʼn skakelplan word aan die raad voorgelê. Die jonger dokters beïndruk die ouer garde. Karen en Liam ernstig moet praat.

Vrydag 22 April

Tertius probeer Annelize ondersteun in haar plan, terwyl Zee die ooggetuie is van ʼn romantiese gebaar. Steve en Hugo wed op die uitkoms van die internskap-program.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 18 April

Danni en Siya se troudag het aangebreek, maar dan stel ’n onverwagse struikelblok alles in gevaar. Nazeem help die polisie met ’n deurbraak, maar gaan hulle betyds wees?

Dinsdag 19 April

Danni en Siya probeer die stukkies optel, terwyl Hardus druk plaas op sy maats. Almal soek na Dirk, maar hy is skoonveld.

Woensdag 20 April

Mymoena begin moed opgee dat hul lewens ooit weer dieselfde gaan wees. Hardus probeer hard om sy planne te laat werk, terwyl AB by ’n onverwagse persoon hulp gaan soek.

Donderdag 21 April

Die drie seuns word deur die nagevolge van die vorige aand in die gesig gestaar. Mymoena verloor amper alle hoop en Simon verwag die onmoontlike van Siya.

Vrydag 22 April

Siya is bekommerd oor Simon se geestesgesondheid. Nazeem is gefrustreerd met Dirk wat weier om inligting te gee. Ty en Lee-Ann vind uit hoe Carlo die vorige aand so dronk geraak het.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 18 April

Buks en Nesie sukkel om mekaar tegemoet te kom. Lulu verbied alle vleis en suiker in die huis. Die vroue kry terugvoer oor hulle konsert.

Dinsdag 19 April

Yvonne lei Charlie in verdere versoeking. Buks speel vuil met Nesie. Jana se ego word gekrenk.

Woensdag 20 April

Jana se selfbeeld lê aan skerwe. Charlie kan nie ophou vleis eet nie. Die Pompoms en Stryders word aan ’n belangrike reël herinner.

Donderdag 21 April

Dinge raak ongemaklik tussen Amanda en Jordan. Anastasia en Ryno se verhouding tref ’n spoedhobbel. Lulu regeer haar huishouding se eetgewoontes met ’n ysterhand.

Vrydag 22 April

ʼn Tragedie tref die Stryders. Lulu se ma is terug van haar wegbreek. Amanda konfronteer vir Jordan.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 18 April

Candice en Daniel probeer Angel jaloers maak deur voor te gee dat hulle in ’n verhouding is. Anton sukkel om oor Monique te kom en besluit om sy hartseer met Ruby te deel.

Dinsdag 19 April

Dominique se vriend Wynand kom kyk na Thys se skilderye. Eva is op haar senuwees, want sy weet nie of Keisha se ma by die ondersteuningsgroep gaan opdaag nie.

Woensdag 20 April

Eva wys sy het wat dit vat om te boks. Angel is gefrustreerd dat Priester haar nie wil soen nie en Thys leer om in die oomblik te leef.

Donderdag 21 April

Ingrid help Angel gereedmaak vir ’n verrassingafspraak met Priester. Eva se boksles vorder goed, en Lennie nooi haar vir ’n piekniek in die park. Die Cupido’s ontmoet vir Dominique.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kobus ·

Net ‘n vraag aan die skrywers van sepies. Waarom altyd tema’s inbring wat ons wil van vergeet soos bv Bianca se ontvoering. Indien akteurs met verlof gaan , skryf dan die storie so, mens probeer ontspan met dit maar alles behalwe. GMR eindig blykbaar September, nou is ons opgeskeep met Nesie en Buks se snert waaroor hulle stry. En arme Jana….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.