Sepiegids: Wat gaan aan tussen Delia en Chanel in ‘Binnelanders’?

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Chanel en Danny in ‘Binnelanders’. (Foto: kykNET)

 

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 13 September

Tracy is nie oortuig van Uys se storie nie, terwyl Chanel skokkende nuus met Danny deel. Karen konfronteer Liam oor sy besluit.

Dinsdag 14 September

ʼn Intieme oomblik raak dalk hoofnuus op Binneland Stereo. Danny probeer om Chanel te laat afsien van haar hardkoppige plan, en Annelize maak ʼn bekentenis oor Liam aan Rian.

Woensdag 15 September

Die fokus van Ruan se skoolprojek verbaas vir Steve, terwyl Liam begin oopmaak teenoor Karen. Chanel se afsydige houding word aangeraak deur Annelize.

Donderdag 16 September

Gaby raai Karen aan om haar nie te steur aan Liam nie, en Chanel deel haar agterdog met Danny. Tertius hoor ʼn interessante teorie oor Delia.

Vrydag 17 September

Chanel en Delia se gesprek raak vuurwarm, terwyl feit en fiksie van mekaar geskei word deur ʼn inhegtenisneming. Liam vra Karen ʼn guns, en Gaby kry die antwoord waarna sy soek.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 13 September

Bridgette konfronteer Nazeem, terwyl Lee-Ann ʼn moeilike besluit moet neem. Tim wil sy pa help, maar Kate sukkel om die skyn te bewaar.

Dinsdag 14 September

Ty en Lee-Ann wonder oor die toekoms. Bennie raak romanties met Linda, terwyl Rhafiek bekommerd raak oor AB se gesondheid.

Woensdag 15 September

Susan is vasberade om vir Bennie vas te vat. Chris en Kate is onseker oor wat om volgende te doen, terwyl Justin en Wade slegte nuus by Ty kry.

Donderdag 16 September

AB voel dis tyd om gesonder te lewe, terwyl Linda ʼn groot kans waag. Ty en Lee-Ann sukkel albei om aan te pas by die nuwe status quo, en Kate bring vir Chris ʼn verrassing.

Vrydag 17 September

AB voel nog steeds nie lekker nie, maar steek dit vir Mymoena weg. Bennie en Linda bring die dag saam deur, terwyl Justin vir Susan troos.

Getroud met rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 13 September

Simon raak bekommerd oor al sy hallusinasies oor Lulu. Ronnie en Ivy soen. Maryke ontmoet Fafa se grootste aanhanger.

Dinsdag 14 September

Amanda besef Lienkie weet van haar geheim. Simon kry steeds hallusinasies. Festus en Koekie word uitgevang.

Woensdag 15 September

Koekie en Festus vind ʼn nuwe blyplek. Jana probeer om ʼn hartgebroke Kristien op te beur. Amanda worstel steeds met haar gevoelens vir Bart.

Donderdag 16 September

Simon vertel vir Lulu van sy hallusinasies. Maryke en Bibi is steeds in die duister oor Meyer. Kristien is op die oorlogspad.

Vrydag 17 September

Kristien vind uit van Bart se affair. Koekie en Festus verlang na die huis. Fafa se grootste aanhanger maak weer ʼn draai.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 13 September

Wesley en Lee-Roy kan nie besluit met watter trouplanvoorlegging hulle sal voortgaan nie. Lennie sukkel met Jake se teenwoordigheid en sal Emily uitgevang word?

Dinsdag 14 September

Emily probeer vir Daniel afpers. Eugene leer vir Terrence hoe om Joshua te hanteer. Jake probeer meer te wete kom oor Ingrid se onwettige bedrywighede.

Woensdag 15 September

Wesley en Lee-Roy kondig aan wie hul troue gaan reël, maar daar is ʼn kinkel in die kabel. Emily is in die moeilikheid, maar vind weereens ʼn manier om haarself daaruit te wurm.

Donderdag 16 September

Willem reël ʼn geveg vir Eugene by die boksklub. Iets wat aan Daniel se ma behoort het, raak weg. Karelse sê Jake moet al hoe nader aan Ingrid beweeg om vas te stel wat sy in die mou voer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.