Sepiegids: Wie gaan die dansuitdaging in ‘GMR’ wen?

‘n Skermgreep uit ‘Getroud met rugby’.

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET
Maandag 1 Augustus
ʼn Teksboodskap maak Gaby deurmekaar. Zee en Liam fokus op ʼn pasiënt se lewe buite die hospitaal. Tracy wonder oor iemand se lewenskeuse, en Hugo is oor meer as net chirurge bekommerd.

Dinsdag 2 Augustus
Tertius is glad nie beïndruk met Liam en Zee nie, en Julia verbaas Hugo. ʼn Ontstelde voorman maak ʼn dokter bekommerd wanneer nog beseerde myners by die hospitaal opdaag.

Woensdag 3 Augustus
Annelize verbloem haar hartseer met ʼn glimlag, maar sy rig wel ʼn vriendelike waarskuwing. Zee en Liam moet prof. Struwig se vrou hanteer terwyl Senzo se aantygings gemengde reaksies uitlok.

Donderdag 4 Augustus
Chiron veroorsaak spanning in ʼn verhouding. Binneland‑kliniek se verantwoordelikheid word ʼn twispunt, terwyl Conrad onkant gevang word deur Sharon se storie.

Vrydag 5 Augustus
Sharon se dade stem nie ooreen met haar woorde nie. Jacques bly ʼn doring in die vlees, terwyl die einde van ʼn era aanbreek vir twee vriende. Gaby oorweeg haar motiewe en vrese sorgvuldig.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie
Maandag 1 Augustus
Elana en Ryno dwing Maggie om ʼn besluit te neem, terwyl Kate vir Kaashifa ondersteun. Wade is in die knyp en Bridgette is bekommerd oor Mrs J.

Dinsdag 2 Augustus
Angie loop vir Justin trompop, terwyl Siya weer vir Elana konfronteer. Kaashifa sukkel om haar groot geheim vir almal weg te steek.

Woensdag 3 Augustus
Siya vind uit waar Ryno hom bevind, en dit is nie goeie nuus vir Maggie nie. Kaashifa neem ʼn drastiese besluit, terwyl Justin ʼn oplossing soek vir die konflik tussen hom en Wade.

Donderdag 4 Augustus
Maggie mis vir Ryno, terwyl Bridgette haar bekommer oor Mrs J se gesondheid. Gaan Kaashifa die moed hê om Rhafiek in haar vertroue te neem?

Vrydag 5 Augustus
Die Samsodiens probeer vure doodslaan, terwyl Wade en Angie ʼn lig aan die einde van die tonnel sien. Siya gee vir Elana stof tot nadenke, en Maggie het skokkende nuus.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET
Maandag 1 Augustus
Fafa se prokureur deel ontstellende nuus met hom. Amanda word van alle kante af geïgnoreer. Bibi gryp in om Schalk en Jana se verhouding te red.

Dinsdag 2 Augustus
Sake lyk beroerd vir Fafa en Maryke. Schalk en Jana neem ʼn groot besluit. Maggie en Yvonne stamp koppe oor die verjaarsdagpartytjies.

Woensdag 3 Augustus
Schalk en Jana besin oor hul volgende stap. Lulu maak gereed vir twee kinderpartytjies. Die volgende rugbytoernooi is om draai en die afrigters sit vas.

Donderdag 4 Augustus
Dit is die “dance-off” tussen die bemarkingskantoor se dames en die pompoms. Almal is opgewonde oor Schalk en Jana se nuus. Emile wil steeds sy rehabilitasie staak.

Vrydag 5 Augustus
Schalk en Jana is bekommerd oor Tim se artikel. Candice karring aan Lulu om vir Wouter ʼn kans te gee. Minette lê weer besoek by Fafa af.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie
Maandag 1 Augustus
Emile soek wraak op Ingrid en probeer vir Anita oortuig om hom toe te laat om teen haar te getuig. Anton wil vir Nicolene ʼn groot vraag vra.

Dinsdag 2 Augustus
Daniel verseker Angel dat haar vriende gereed staan om haar te help sodra sy reg is om uit haar omstandighede te ontsnap. Janice waarsku Bianca dat sy vinnig gaan moet optree as sy vir Thys wil hê.

Woensdag 3 Augustus
Pandemonium bars los in die hof wanneer David se femur as bewysstuk ingedien word. Angel besef dat Ronnie en Priester agter haar rug konkel, terwyl Thys versag teenoor Bianca.

Donderdag 4 Augustus
Dinge raak ernstig in die hof wanneer Gertie vir Advokaat Arnold uitdaag. Nicolene is senuweeagtig oor wat haar ouers oor haar verlowing gaan sê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.