Sepiegids: Wie uit Lennie se verlede daag op in ‘Arendsvlei’?

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Jolene Martin as Beatrice Abrahams in ‘Arendsvlei’. (Foto: Verskaf)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 11 Oktober

Elise probeer die kaf van die koring skei, en Brandon se emosies vang Karen onkant. Naomi moet probeer om Binneland Stereo tot stilstand te dwing.

Dinsdag 12 Oktober

ʼn Groot vraag vloei vrylik van bevryde lippe. Elise dink dit is haar plig om te verseker dat Annelize by die regte man uitkom, terwyl daar geen keer is aan Binneland Stereo nie.

Woensdag 13 Oktober

Xander konfronteer Elise, maar motiveer haar net nog meer in die proses. Eerlikheid skok Brandon en Annelize, terwyl Uys ʼn ander sy van homself wys.

Donderdag 14 Oktober

ʼn Gesprek met Uys kikker Tracy op, en Elise kan net nie van haar plan afsien nie. Annelize bespreek hartsake met meer as een persoon.

Vrydag 15 Oktober

ʼn Telefoonoproep veroorsaak net moeilikheid vir Danny – en versterk Brandon se groot idee. Elise gaan vinnig op haar voete moet dink om haar plan uitgevoer te kry.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 11 Oktober

AB begin moed verloor, terwyl Lee-Ann uitvind wat Carlo onderkry. Donovan onthul sy gevoelens aan Bianca en Justin is angstig oor ’n afspraak.

Dinsdag 12 Oktober

Nazeem het ʼn nuwe bondgenoot, terwyl die Samsodien-sibbe ’n familie-aand beplan. Mrs J sê vir Carlo sy sal hom na die skooldans vergesel.

Woensdag 13 Oktober

Die Samsodien-familie verras AB, maar gaan dit hom tot ander insigte bring? Bridgette is onseker oor Donovan, terwyl Ty en Lee-Ann mekaar in ’n nuwe lig sien.

Donderdag 14 Oktober

Ty en Lee-Ann is onseker oor hul toekoms, terwyl Bridgette ’n besluit moet neem oor Donovan. Nóg ’n terugslag tref die Samsodiens.

Vrydag 15 Oktober

Justin het ’n aksie-belaaide dag, terwyl Bridgette ’n geskenk kry wat haar onverwags vang. Carlo kry die beste verrassing, en Mymoena neem ’n gewaagde besluit.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 11 Oktober

Nesie onthul Pottie’s se nuwigheid. Liam gaan kuier vir Ronnie in die hospitaal. Meyer is in sak en as oor Ryno.

Dinsdag 12 Oktober

Meyer wil die waarheid met Ryno deel. Buks probeer sy geluk met die tien spykers. Ivy sukkel om vir Ronnie te vergewe.

Woensdag 13 Oktober

Amanda sukkel sonder Kristien in die kantoor. Simon dink Renate is oorbeskermend oor Regardt. Meyer probeer om oor sy gevoelens vir Ryno te kom.

Donderdag 14 Oktober

Bart se verlede dreig om hom in te haal. Lulu kry ’n lekker verrassing. Buks en Blitz besluit om saam te werk vir die kompetisie.

Vrydag 15 Oktober

Speursersant Breytenbach maak ’n draai by die stadion. Ryno ontmoet Meyer se ekskêrel. Lulu het ’n afspraak met ’n ou vlam.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 11 Oktober

Ingrid speel met Beatrice se emosies en Jo probeer sy bes om die situasie te verbeter. Ronel tree op teen die advies van die Cupido-gesin.

Dinsdag 12 Oktober

Beatrice het ’n ernstige gesprek met Jake, en hy heroorweeg sy missie. Hein word opnuut deur “die spook” geteister.

Woensdag 13 Oktober

Dinge is nie lekker tussen Lennie en Ingrid nie, maar dan daag iemand uit Lennie se verlede op en Ingrid is baie geïnteresseerd. Daniel dagdroom oor sy reünie met Angel.

Donderdag 14 Oktober

Yvette probeer help, maar maak Hein se spook-probleme net nog erger. Ronel se opgewondenheid is van korte duur wanneer sy en Thys verskil. Beatrice is verras met Jake se plan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kobus ·

Ronel se emosionele kastyding raak te veel.Sy sal seker maar nog uitvind dat die slagoffer blind was nog voor die ongeluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.