Sepiegids: Wouter, Lulu neem groot stap in ‘GMR’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Lulu deel haar gevoelens met Candice in ‘Getroud met rugby’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 29 Augustus

Vicky se plan word in die wiele gery. Joline is nie skaam om haar gevoelens te verwoord nie. Delia verloor haar humeur met Louis. Verdeelde aandag lei tot ʼn groot rusie.

Dinsdag 30 Augustus                                                                           

Louis se uitlatings skok Naomi. Conrad besef Louis vermoed onraad. Die wind word uit Danny se seile geneem, terwyl ongemak by ʼn paartjie aansluit vir ete.

Woensdag 31 Augustus

Andries besef daar is iets ernstigs verkeerd, en Danny kry die eerste ware stukkie goeie nuus. Steve probeer agter die kap van die byl kom, en Louis se ultimatum maak Delia erg emosioneel.

Donderdag 1 September

Naomi se plan kry uit ʼn onverwagte oord steun. Helena is vir Vicky ʼn probleem. Joline en Zee stem uiteindelik saam oor iets. Ben gaan nie toelaat dat Andries in sy pad staan nie.

Vrydag 2 September

Conrad verstom Tracy met sy besluite, terwyl Helena ongemaklike vrae vra. Die perfekte pos word deur ʼn kandidaat wat nie geskik is nie, gevul, terwyl Tracy met Uys praat oor wat sy sien en weet.

Suidooster

Weeksdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 29 Augustus

Rhafiek en Kaashifa verras almal, maar kry nie die reaksie waarop hulle gehoop het nie. Wade sukkel met werk en kry dan ’n kans wat hy met albei hande aangryp.

Dinsdag 30 Augustus                                                                            

Wade bereik ’n laagtepunt, terwyl Kaashifa selfbewus voel oor haar omstandighede. Tim beleef ’n professionele terugslag.

Woensdag 31 Augustus

Zoe vat vir Bridgette vas oor Tim. Wade besluit om sy kar te verkoop, terwyl Mrs. J na ’n ouetehuis toe wil gaan.

Donderdag 1 September

Wade is geesdriftig oor sy nuwe werk, en Zoe is trots op Tim se voorlegging. Kaashifa is bekommerd oor haar gesondheid, maar steek dit vir die Samsodiens weg.

Vrydag 2 September

Wade begin die vrugte van sy werk pluk, terwyl Bridgette ’n moeilike keuse moet maak. Kaashifa is in pyn en koorsig, maar wys dit nie.

Getroud met Rugby

Weeksdae om 18:00 op kykNET

Maandag 29 Augustus

Die struweling tussen Fafa en Wouter duur voort. Die pompoms se selfies ontlok onverwagse reaksie. Blitz is bekommerd oor Lienkie.

Dinsdag 30 Augustus                                                                           

Amanda, Kristien en Lienkie se selfies maak behoorlik opslae. Bibi gryp in met die konflik onder die afrigters. Lienkie ontvang goeie nuus.

Woensdag 31 Augustus

Philip het sy bedenkinge oor Amanda. Die vroue gryp in tussen Fafa, Wouter en Schalk. Lulu kry ’n groot verrassing.

Donderdag 1 September

Lulu voel skuldig oor Wouter. Die lyne tussen voorgee en werklikheid raak al hoe dowwer tussen Ryno en Damon. Die bemarkingskantoor is op die pompoms se spoor.

Vrydag 2 September

Ryno en Damon maak uit. Wouter en Lulu neem ’n groot stap. Amanda word op haar plek gesit.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 29 Augustus

Thys voel skuldig oor die voorval met Dominique. Nicolene vra vir Alta Marie vir advies na ’n uitval met Anton. Ingrid voel eensaam, verslae en ongemaklik in haar nuwe omstandighede.

Dinsdag 30 Augustus                                                                           

Thys praat openlik met Dominique. Langes en Debra neem afskeid. Daniel stel voor Angel sien ’n egskeidingsprokureur. Anton en Nicoleen het ’n baie belangrike familievergadering.

Woensdag 31 Augustus

Angel besef sy moet leer hoe om onafhanklik te wees. Anton en Nicolene sien uit na hul huwelik en Janice moet na ’n krisis by die Mortlocks omsien.

Donderdag 1 September

Dis die dag voor die troue en almal maak reg vir die bruidegom- en bruidspartytjies. Janice waarsku Lionel om nie belangrike inligting van haar te weerhou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.