Of jy nou wil hê jou kinders moet in Afrikaans vermaak word of dalk net bietjie afleiding soek van Peppa Pig en Paw Patrol, is dié oulike kinderprogramme perfek vir klein Suid-Afrikanertjies.
Die beste skrywers, sangers, liedjieskrywers en kunstenaars in die land kom bymekaar om kinders jonger as vier jaar oud te vermaak. Met Anna Davel, Jak de Priester, Chris Chameleon, Lloyd Cele en meer. Kyk nou »
Kinders van alle ouderdomme kan leer hoe om te bak en brou in dié uitstekende nuwe reeks. Sluit by Mari-Louis Guy en sjef Nic van Wyk in die kombuis aan. Kyk nou »
Van ʼn kameelperd wat hoogtevrees het tot ʼn by wat allergies is vir stuifmeel – dié diere is ʼn vreemde klomp! Geniet hul belaglike avonture in ʼn wildtuin propvol pret. Kyk nou »
Lollos en Lettie is van die planeet Lalaland. Hulle besoek graag die Aarde vir avonture saam met hul aardse vriende en sing altyd prettige liedjies saam met opwindende danspassies. Kyk nou »
Klikkerland is propvol pret, musiek en vermaak vir jonk en oud. Hierdie oulike karakters en relevante temas sal kinders leer om gemaklik net hulself te wees. Kyk nou »
Khumba die sebra is net met die helfte van sy strepe gebore en hy pak ʼn tog oor die Karoo aan om hulle almal te kry in dié humoristiese tekenprent. Kyk nou »
Oor Showmax
Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.
Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.
Hierdie flieks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.
Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?
Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.