Ses redes waarom ‘Succession’ op jou TV-kyklysie moet wees

Succession (Foto: HBO)

ʼn Splinternuwe televisiereeks met 10 episodes is van 6 Augustus op Showmax te sien. Ontmoet die skatryk mediamagnaat Logan Roy (Brian Cox), een van die invloedrykste mense en waarskynlik vreesaanjaendste mense ter wêreld, en sy familie, wat almal hul deel van Waystar Royco se winste en mag wil hê wanneer Logan se gesondheidsprobleme hom dwing om uit te tree. Tussen sy vier kinders, lojale derde vrou wat graag in beheer wil wees, sy vriend, die hoof bedryfsbeampte en sy dogter se slinkse verloofde, wil almal ʼn deel van die onderneming hê. Logan is egter nie bereid om enigiets prys te gee sonder ʼn stryd nie.

Succession, word deur die Guardian beskryf as “King Lear … verwerk vir 2018, met die monargie wat vir ʼn mediaryk verruil is en Shakespeariaanse monoloë is vervang met krutaal”. Die reeks is eksklusief aan Showmax, en is beskikbaar vanaf 6 Augustus.

Hier is ses redes waarom jy nie dié reeks moet misloop nie:

1. Dis snaakser as wat jy dink

Succession is ʼn produk van Jesse Armstrong (Peep Show), wat ook die eerste episode geskryf het en vervaardig is deur Adam McKay (ʼn skrywer vir ʼn Britse politieke satire “The Thick of It”). McKay het ook die regie van die loodsprogram hanteer. Dit beteken dat Succession al van die eerste oomblik spitsvondig en pittig is. Die dialoog is vol sarkasme en humoristiese reaksies, terwyl die aksie voortduur. Tonele wat in enige ander program vervelig sou wees (ʼn magnaat wat die miljarde dollar bespreek wat sy onderneming ʼn finansiële instansie skuld) is nou vol dreigemente, snedige kommentaar en spanningsvolle drama.

2. Sterbelaaide rolverdeling

Brian Cox is te sien as Logan Roy, patriarg en stigter van Waystar Royco.

Brian Cox (Logan Roy)

Daar is ʼn goeie mengsel van bekende en minder bekende sterre in Succession. Dis byna nie moontlik om oor die reeks te gesels sonder dat Brian Cox (die Skotse akteur wat jy dalk onthou van Penny Dreadful en War and Peace) se skitterende spel genoem word nie. As Logan Roy is hy vreesaanjaend, vergeetagtig, uitgeslape en wreed, en Cox laat kykers hom terselfdertyd vrees en met hom empatiseer – hoe kan hy ooit die maatskappy in die hande laat van die idiote wat hom omring?

 

Kieran Culkin is Roman Roy, Logan se jongste seun.

Kieran Culkin (Roman Roy)

Hy het nie veel motivering nie, maar is magsbehep. Culkin se karakter Roman is soortgelyk aan sy karakter in Fargo se tweede seisoen, waar hy die bedorwe brokkie Rye Gerhardt speel. Roman is egter nie op só groot dwaling nie en hy is waarskynlik die enigste persoon in die familie wat waag om die waarheid vir sy pa te vertel.

 

Alan Ruck is Connor Roy, Logan se oudste seun. Hy bly op ʼn plaas in New Mexico.

Alan Ruck (Connor Roy)

Alan Ruck is waarskynlik die meeste bekend vir sy rol as Cameron in Ferris Bueller’s Day Off (1986) – Ferris se vriend met die ipekonders.

Connor het nie enigiets te doen met die familieonderneming nie. Sy geskenk aan sy pa op sy verjaarsdag? ʼn Suurdeegmasjien – wat Logan “bread goo” noem – en geen nut voor het nie. Connor lyk aanvanklik soos ʼn hippie-tipe, maar kort voor lank is hy net so betrokke in die familiedrama soos sy jonger broers en suster.

 

Matthew Macfadyen as Tom Wamsgans, ʼn Waystar-direkteur en Siobhan (“Shiv”) se verloofde.

Matthew Macfadyen (Tom Wamsgans)

Hy is desperaat dat Logan hom moet raaksien, om van hom te hou en hom te respekteer, maar hy is só ʼn vleier dat kykers weet dit gaan nooit gebeur nie. Maar hou hom dop – hy lyk dalk soos ʼn skaap, maar hy het sy oog op die prys. Hy is waarskynlik die karakter van wie meeste kykers sal hou en dit is ʼn getuigskrif vir Macfadyen se talent. Ons het hom nog nooit in ʼn rol gesien waar ons nie van hom gehou het nie (hy is Mr Darcy in 2005 se Pride and Prejudice) en is byna onherkenbaar as Tom.

 

Hiam Abbass is Marcia Roy, Logan’s se toegewyde huidige vrou.

Hiam Abbass (Marcia Roy)

Jy het Hiam Abbass dalk in Blade Runner 2049 gesien of in een van haar verskeie bekroonde rolle by verskeie internasionale filmfeeste. Haar karakter is bedees en elegant en vol respek vir Logan se kinders. Dit lyk of sy regtig lief is vir Logan, maar daar is ʼn ysige kyk in haar oë en ons weet dadelik dat sy besig is met ʼn langdurige slenter. As enigiemand by Logan gaan oorneem, is dit waarskynlik sy. Veral wanneer ons uitvind sy het ʼn geheimsinnige verlede…

3. Dit laat jou dink oor welvaart en mag

Alhoewel ons dalk nie te veel omgee vir die karakters in Succession nie weens hul omstandighede wat dit moeilik maak om jou met hulle te vereenselwig, is ons steeds gefassineer deur hulle. Die reeks laat jou op een of ander manier omgee vir hierdie selfsugtige lede van die 0.01%. Ons sien dat hulle lewens eintlik nie so wonderlik is soos wat ons dink nie. Om die waarheid te sê, om ʼn lid van die Roy-familie te wees, is eerder ʼn tronk as ʼn voorreg.

4. Dit is soos Game of Throneswat in hedendaagse Amerika afspeel

Intriges, magspeletjies, roekelose skuiwe, langdurige wrokke, rugstekery en vreemde familiedinamika – klink dit soos enige ander TV-reeks wat jy ken? Die Roys kan met die Lannisters van Game of Thrones vergelyk word en hul geheime bewegings om soveel as moontlik mag en welvaart te bekom uit die familieonderneming sou net so gemaklik inpas vir die stryd om die Iron Throne.

Die agtste seisoen van Game of Thrones sal eers van volgende jaar af te sien wees, so Succession is ʼn goeie manier om jou te verlustig en te kyk hoe magtige mense op hul knieë gedwing word en jy kan die deursettingsvermoë bewonder van die onwaarskynlikste spelers wat baklei vir hul pad na die bopunt. (Game of Thrones seisoen 1 tot 7 is op Showmax te sien.)

5. ʼn Kontrak vir die tweede seisoen 2 is reeds onderteken

Die aankondiging is reeds in Junie gemaak, net ʼn week voor die program se première in Amerika gewys het. Jy sal dus nie teleurgesteld voel aan die einde van die eerste seisoen van Succession nie – daar is nog hope aksie en drama op pad.

6.Elke karakter is afskuwelik

Gierigheid? Jip. Jaloesie? Jip. Hebsug, gulsigheid, woede, jip, jip, jip. Die Roys pleeg elke doodsonde, en ʼn paar ekstra. (Daar is waarskynlik ʼn baie spesiale plek in die hiernamaals vir mense wat hul eie pa tot ʼn beroerte kan dryf – hoe niksvermoedend dit ook al kan wees, want hulle weier om hom die hulp te gee wat hy verlang; en net so vir ʼn pa wat doelbewys ʼn strik vir sy seun stel om te bewys dat hy nie sy respek of plek in die familieonderneming waardig is nie). Ons haar dit om hulle te ken in die werklike lewe, maar die Roys sorg vir sensasionele kykgenot. Met elke voorval van rugstekery of verraad is die kyker van voor af verras – “hulle kan tog sekerlik nie laer daal nie”. Maar ná ʼn paar episodes sien jy daar is niks wat die familie nie sal doen om seker te maak hulle kry ʼn deel van die mag nie.
Collider skryf: “Uiteindelik gaan dit nie oor wie aan die hoof sal staan nie, maar wat dit hulle gaan kos om daar te kom.”

Succession is eksklusief aan Showmax en is vanaf 6 Augustus te sien.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.