Sewe flieks – net betyds vir Valentynsdag

Verlang jy na die dae toe daar nog nie iets soos “It’s Complicated” bestaan het vir ʼn verhoudingstatus nie? Toe romanse gesteelde oomblikke saam met jou geliefde beteken het en karakters in flieks oor die liefde mekaar, wel, liefgehad het? Hierdie sewe romantiese flieks en musiekblyspele is alles op Showmax beskikbaar, net vir jou.

1. Pretville

Enigiets is moontlik in die 1950’s-dorpie, Pretville. Ontspan en sing lekker saam met dié opwindende musiekblyspel. Kyk nou op Showmax.

2. Liefling: Die Movie

Jan het sy oog op die lewenslustige Liefling, maar die noodlot en jaloerse ekse sweer saam om hulle uit mekaar te hou. Kyk die musiekblyspel nou op Showmax.

3. Trouvoete

Ella is slim, suksesvol en kreatief, maar is nie so gelukkig in haar verhoudings nie. Louis, ʼn dokter, het dieselfde probleem. Dan word die twee aanlyn vriende. Kan hul verhouding ooit die “vriendskap-sone” oorleef of is hulle maar ewe ongelukkig wat die liefde betref? Kyk nou op Showmax.

4. Romeo and Juliet

Die gevaarlikste liefdesverhaal word vir ʼn nuwe generasie vertel – met behulp van die periode-drama-ghoeroe, Julian Fellowes. Alhoewel die agtergrond en kostuums eie is aan die tyd toe Shakespeare die verhaal neergepen het, is die teks nuut verwerk vir millenials, en dit maak dit dus heeltemal anders as enige ander moderne verwerking van dié verhaal. Die fliek spog met ʼn bekroonde klankbaan en sterk toneelspel deur Douglas Booth en Hailee Steinfeld as die gedoemde geliefdes. Kyk nou op Showmax.

5. West Side Story

Die blyspel is in 1961 verfilm met Natalie Wood as Maria, wie se broer deel is van die New York-bende, die Sharks. Sy raak verlief op Tony, ʼn lid van die Jets-bende – die Sharks se geswore vyande. Boonop raak hulle op mekaar verlief tydens ʼn gewelddadige oorlog tussen die twee bendes. Maria is verloof aan Chino, ʼn lid van haar broer se bende, maar dit keer nie haar liefde vir Tony nie. Can die twee tog saam wees, ondanks omstandighede? Kyk nou op Showmax.

6. Shall We Dance?

Ondanks ʼn vol lewe, hunker John (Richard Gere) na iets meer. Dan sien hy ʼn vrou (Jennifer Lopez) dans en besluit om ook te begin dans. Maar sy nuwe plesier kan hom dalk sy gesin kos … Dis ʼn sensuele, pragtige fliek wat net reg is vir fliekaand vir die gesin – en ma en ouma sal veral van dié fliek hou, want wie kan dan nou Richard Gere se danspassies weerstaan? Kyk nou op Showmax.

7. Grease

Hoërskool is nie maklik nie – veral nie as jou vakansie-geliefde opdaag nie … Maar met ʼn paar liedjies en vriende sal alles op ʼn hoogtepunt eindig. Dié fliek, wat in 1978 verfilm is, speel af in die 1950’s. Olivia Newton-John is die “goeie meisie” Sandy, en John Travolta is Danny, die ou op wie sy verlief is. Die fliek is dalk vanjaar al 40 jaar oud, maar dit gaan daaroor om enigiets te doen om saam met die persoon te wees vir wie jy lief is – en daardie idee is tydloos. Kyk nou op Showmax.

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.