Showmax en DStv: Só teken jy in

Lus vir ’n televisiereeks-marathon? Of dalk is jy net lus om jou op die rusbank tuis te maak en ʼn skreeusnaakse komedie te kyk. Showmax is die antwoord! Teen slegs R99 per maand kan jy onbeperk aanlyn na televisiereekse en flieks kyk. Die goeie nuus vir DStv-intekenaars is dat jy yslike besparings op jou intekengeld kry!

DStv Premium-intekenaars kry Showmax saam met hul intekengeld, so hulle betaal absoluut niks ekstra nie, terwyl DStv Compact- en Compact Plus-intekenaars nou R50 per maand bespaar. Hulle betaal dus slegs R49 vir ’n volle Showmax-intekening.

Al wat DStv-intekenaars moet doen om gebruik te maak van hierdie aanbiedinge, is om Showmax by hul maandeliks DStv-rekening te voeg.

Wat het ek nodig om toegang te kry tot die inhoud op Showmax?

  • Registreer op Showmax
  • ʼn Toestel wat jy aan die internet kan koppel: ’n slimfoon, tablet, skootrekenaar, speletjieskonsole, ’n DStv Explora of ’n slim-TV.

Het ek ’n DStv Explora nodig om Showmax as ’n DStv-kliënt te kan geniet?

Nee, jy kan Showmax op enige toestel kyk wat aan die internet gekoppel is: van jou foon tot die webblaaier op jou persoonlike rekenaar. As jy die Showmax-app vir slimfone en tablette gebruik, kan jy selfs episodes van reekse of flieks aflaai om later sonder internetverbinding te kyk.

As jy egter ʼn Explora het wat reeds gekoppel is, hoef jy net die blou DStv-knoppie op jou afstandbeheerder te druk, klik dan op “Watch Now” en kies “Showmax” om te begin kyk. Klik hier om meer te lees.

Ek is reeds ʼn Showmax-intekenaar: Hoe voeg ek Showmax by my DStv-rekening?

As jy reeds ’n krediet-, tjekrekening- of Paypal-intekening het, hoef jy net op jou Showmax-rekening aan te meld en die betalingsmetode na “DStv add to account” te verander.

  1. Meld aan op Showmax.
  2. Gaan na “Manage Account” en klik op “Manage Subscription”.
  3. Kies “DStv add to account” as jou betalingsmetode.
  4. Sleutel jou Suid-Afrikaanse ID-nommer in.
  5. Bevestig jou selfoonnommer.
  6. ’n Eenmalige PIN-nommer (OTP) sal per SMS na die selfoonnommer gestuur word om jou rekening te bevestig.
  7. Sleutel die OTP in en aanvaar die bepalings en voorwaardes.
  8. Jy kan Showmax op soveel as vyf toestelle te kyk!

Ek is nog nie ’n Showmax-intekenaar nie: Hoe voeg ek Showmax by my DStv-rekening?

  1. Gaan na Showmax.
  2. Skep ’n Showmax-rekening met jou e-posadres.
  3. Skep ’n wagwoord.
  4. Kies “DStv add to account” as jou betalingsmetode.
  5. Sleutel jou Suid-Afrikaanse ID-nommer in.
  6. Bevestig jou selfoonnommer.
  7. ’n Eenmalige PIN-nommer (OTP) sal per SMS na dié nommer gestuur word om jou rekening te bevestig.
  8. Kyk jou gunsteling-programme deur jou gekoppelde Explora of deur die Showmax-app vir slimfone en tablette, of op jou persoonlike rekenaar of skootrekenaar se webblaaier.

Wat gebeur as ek reeds my Showmax-rekening by ’n ander handelsvennoot se rekening gevoeg het?

Om jou betaling by een van Showmax se vennote (bv. jou bank of selfoonnetwerk) te verander, sal jy die maatskappy moet kontak wat die rekening hanteer en jou intekening kanselleer.

  1. Kontak die maatskappy wat vir jou die Showmax-rekening stuur en kanselleer jou Showmax-betaling aan hul kant.
  2. Sodra dit gekanselleer is, behoort jy die volle lys van betalingsopsies op die Showmax-webtuiste te kan sien.
  3. Kies “DStv add to account” om Showmax by jou DStv-rekening te voeg.
  4. Sleutel jou Suid-Afrikaanse ID-nommer in.
  5. Bevestig jou selfoonnommer.
  6. ’n Eenmalige PIN-nommer (OTP) sal per SMS na dié nommer gestuur word om jou rekening te bevestig.

Dis so maklik soos dit! DStv Premium-intekenaars betaal niks ekstra nie en DStv Compact- en Compact Plus-intekenaars betaal slegs R49 per maand vir onbeperkte toegang tot 35 000 van die beste reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre programme, en nog vele meer word elke week bygevoeg. Vir al die inligting hoe jy Showmax as ’n DStv-intekenaar kan kyk, lees hier.

Moenie hierdie geleentheid misloop om baie meer vir minder met Showmax te kry nie.

Teken hier in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.